Paneel bekyk minimumloon

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die presidensie het Sondag aangekondig dat adjunk-president Cyril Ramaphosa ʼn paneel aangestel het om ʼn gepaste nasionale minimum loon vas te stel.

Ramaphosa, voorsitter van die komitee van hoofde van die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac), het sewe mense aangewys om op die paneel te dien.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê die paneel is aangewys in reaksie op pres. Jacob Zuma se versoek tydens sy staatsrede in Junie 2014 waarin hy Nedlac versoek het om aandag te gee aan lae lone, loonongelykhede, die nasionale minimumloon en gewelddadige en uitgerekte stakings. Volgens Mamoepa sal die paneel ʼn gepaste nasionale minimumloon voorstel wat die “waardigheid van die meeste Suid-Afrikaners sal herstel” en die uitdagings van armoede sal aanspreek.

Die paneel sal onder voorsitterskap van prof. Imraan Valodia, ʼn deeltydse lid van die mededingingstribunaal en ʼn kommissaris op die kommissie vir diensvoorwaardes, gelei word. Ander lede van die paneel is Mamokete Lijane, dr. Debbie Collier, prof. Murray Leibbrandt, Ayabonga Cawe, dr. Siphokazi Koyana en dr. Patrick Belser.

“Adj.pres. Ramaphosa bedank die paneellede daarvoor dat hulle hulself beskikbaar gestel het om hierdie belangrike nasionale taak uit te voer en wens hulle alle sterkte toe,” het Mamoepa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

John ·

Hoera! Wie koop ons goudstawe vir ‘n appel en ei of druk ons sommer geld. Miskien moet ons die voorrade toiletpapier aanvul want die bome gaan opraak… soos in Zimbabwe.

KP ·

Stel dadelik nog n paneel aan om te kyk dat hierdie een bestaan.

Anti DA ·

‘n bose kringloop,ongskoolde president praat twak die rand val mense kry swaar stem weer vir dieselfde president totdat die mense wat stem honger word nou word salarisse aangepas werkgewers kan nie meer hoe lone bekostig nie en meer mense is werkloos en maak staat op staats toelae en so sink ons dieper.

Tiger ·

Ja-ja-ja,hier kom net MEER werkloosheid.Daars ‘n Breindood spul narre in die regering wat myle te veel geld kry vir niks doen nie!Begin deur hulle minimum lone te betaal dan spaar ons land biljoene rande.

Maria van Dieweeck ·

hulle kan almal gewone motors ry en in gewone huise bly, een vrou he en hul kinders moet na publieke skole gaan. Hul dink almal hul is groter sterre as die Kardashians of Elvis of iets. Dis n epidemie

Eben Kitching ·

Baie mooi gestel. Die ANC dink dat almal wat mense indiens het ‘n onuitputbare bron van inkomste het. Hierdie ding speel af op kommunisme.

Ronell Terblanche ·

Minister: Stel dadelik n paneel op wat kyk na die ouderdoms pensioen en ongeskiktheids pensioen. Dit is n belaglike bedrag wat hulle nou ontvang.

Ronell Terblanche ·

Minister: Stel dadelik n paneel op wat kyk na die ouderdoms pensioen en ongeskiktheids pensioen. Dit is n belaglike bedrag wat hulle nou ontvang.

Ben Prinsloo ·

Mooi so, n zim met al die nodige dokumentasie en dieselfde ondervinding werk vir baie minder en is vir n ruk nogal dankbaar oor sy werk. Geen looneise of ccma nie.

vermeende ·

Die regering is die grootste werkskepper in die land maar ook die rede dat jaarliks meer mense sonder werk sit.
Dit is goeie politiek om die stemmers afhamgklik te maak van jou toelaag dan stem hy weer vir jou om verder die toelaag te kry.

Jakes ·

Gaan hul ook uitvind aangaande Spoorweg/ Transnet pensioenarisse? Die howe het mos alreeds ‘n uitspraak gelewer?

Jef ·

Ramaphosa, volgens my het jy geen ondersoek ingestel oor die minimumloon wat jy wil invoer nie, die gevolge sal rampsalig wees.
In Europa het hulle dit ingestel, huishuur styg, elektrisiteit styg, siektekoste versekering styg en voedselpryse styg en die lone bly dieselfde.
Gevolg….mense word n boete opgele omdat hulle sekere dinge nie meer kan betaal nie, hulle raak dieper in die skulde en uiteindelik word hulle uit die huis gegooi en versekeringe gestop.
Straat arm mense steel by straat arm mense en die rykes lag.

Johann Marx ·

Solank minimum loon gekoppel word aan maksimum produktiwiteit kan dit werk. Ongelukkig kan Afrika se probeem in EEN sin beskryf word as volg: Hopeloos teveel mense kry hopeloos teveel geld, vir hopeloos te min werk!!

M A ·

Ek betaal my deeltydse werker omtrent 50% meer as die minimum loon. Ek kan loshande ( ek is n ou tannie en hy is 21) meer werk in n uur doen as wat hy in n hele dag doen. As ek saam met hom werk, doen hy beter maar sak gou uit. Jong mense het geleer om die mininum te doen vir die maksimum geld.

Kobus ·

Miskien moet daar ook n minimum produksie bepaling wees. As jy die vlak van produksie behaal het, verdien jy minimum loon. Indien jy meer as dit behaal kry jy ook prorata meer as die minimum loon?

Willie ·

Sou verwag met 55% werkloosheid, hulle dadelik sou begin met werk skeppings programme.
Vakbonde eis egter nou hul aalmoese op vir die onlangse verkiesing. Met die ekonomiese groei reeds op 0%, is dit ‘n uitstekende resep vir verdere verval. Intussen groei die werklose massas net aan. Bevrees teen 2019 gaan daar niks meer oor wees om vir te stem nie, net ruïnes en afgebrande geboue.

Sarie ·

Het eenkeer gelees die Japanese het in n resessie verkeer. Hulle het toe almal se salarisse van die president af halveer tot beter gegaan het. Maar nouja Japan is homogene land en hulle produksie skrikkerig vir niks.

Tydens die verkiesing het hulle n buite lander uit Afrika gevra wat dink hy van die verkiesing Sy antwoord was dat hy nie kan verstaan Suid-Afrikaners wil alles verniet hê nie.

Johannes Meintjes ·

Ja, minimum loon gaan saam met volhoubare optimale nasionale ekonomie. Op grondvlak beleef ek geen teken van ‘n volhoubare minimum ekonomie wat die land en sy mense kan deurdra? Wat doen die SA regering en al ons politiek partye daaraan om al ons mense van ‘n werk en selfrespek te help voorsien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.