Paneel maak dié voorstelle vir grondhervorming

Minister Thoko Didiza tydens die bekendstelling van die verslag.

Die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou onderskryf die voorgestelde beleidsverskuiwing om die bepalings van die Grondwet te gebruik om grond sonder vergoeding te onteien.

“Dit hoef nie en moet ook nie in elke geval toegepas word nie. Die parlement sal die aard van die grondwetlike wysiging bepaal, en die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Onteiening oorweeg wat in artikel 12 (3) voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding in vyf spesifieke gevalle,” lui die adviespaneel se verslag van 144 bladsye.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het Sondag dié verslag en sy omvattende aanbevelings bekend gemaak. Die verslag is reeds vroeër vanjaar aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

Die paneel is in September verlede jaar aangestel om die interministeriële komitee oor grondhervorming, waarvan adj.pres. David Mabuza die voorsitter is, raad te gee oor ʼn wye verskeidenheid beleidsake soos restitusie, herverdeling, verblyfreg en landbousteun.

Volgens die paneel bepaal artikel 25 van die Grondwet dat onteiening aan vergoeding onderworpe is en dat die vergoeding regverdig en billik moet wees, met inagneming van alle relevante faktore, insluitend maar nie beperk nie tot vyf kriteria wat gelys word. Eiendom word ook nie tot grond beperk nie.

“Die huidige Grondwet vereis dus onteiening as die metode van grondverkryging en die staat moet sy magte gebruik. Afgesien van ʼn paar gevalle van restitusie, het die staat gekies om nie sy bevoegdhede te gebruik om eiendom vir grondhervormingsdoeleindes te onteien nie, en in plaas daarvan eiendom gekoop wat op die ope mark aangebied is of onderhandelde aankope gedoen.”

Die finalisering van die Onteieningswetsontwerp van 2019 is volgens die paneel dus nou noodsaaklik om vorige wetgewing in dié verband te vervang.

“Dit is belangrik dat die wetsontwerp baie duideliker die betekenis van gevalle waar geen vergoeding betaalbaar is nie moet spesifiseer, byvoorbeeld grond wat om ‘spekulatiewe redes’ gehou word, en die betekenis van ‘verlate grond’. Alternatiewelik kan dit ʼn saak wees waaroor die howe moet duidelikheid gee.”

Volgens die paneel word onteiening sonder vergoeding beskou as een van verskeie geteikende strategieë vir die verkryging van grond, en dat dit onmiddellik kan begin onder bepaalde voorwaardes wat geïdentifiseer is vir geen vergoeding, insluitend maar nie beperk nie tot: verlate grond, oorverskuldigde grond, grond wat slegs vir spekulatiewe doeleindes gehou word, onbenutte grond wat deur staatsentiteite gehou word, grond verkry deur strafregtelike aktiwiteite, grond wat reeds deur huurarbeiders en voormalige huurders bewoon en gebruik word, informele nedersettingsgebiede, geboue in middestede met afwesige eienaars, grondskenkings en plaas-ekwiteitskemas.

“Die beleidsvraag is wanneer en hoe onteiening sonder vergoeding toegepas moet word. Die paneel beveel aan dat ʼn vergoedingsbeleid vir hierdie doel ontwikkel word.”

Volgens die paneel is dit nou 22 jaar sedert die 1997-witskrif oor grondbeleid aanvaar is. Swak inwerkingstelling, beleidsverskuiwings, dalende begrotings, institusionele swakhede, korrupsie, die sosio-ekonomiese dinamika, klimaatsverandering en demografie het volgens die paneel egter die behoefte laat ontstaan vir ʼn nuwe raamwerk vir grondhervorming.

“Die bestaande beleid, wetgewing en die toepassing daarvan het nie die ruimtelike ongelykheid in landelike of stedelike gebiede voldoende aangeraak nie. In hierdie verslag word alternatiewelike strategieë vir grondverkryging en modelle vir grondbesit oorweeg, die begunstigde kwalifiserings- en keuringsproses en entiteite wat grond besit, hersien, asook kennis geneem van die belang van nuwe wetlike en ander raamwerke.”

Die paneel stel onder meer voor dat daar ʼn gekonsolideerde beplanningstelsel op die been gebring word met riglyne vir beste praktyk vir belynbeplanning, begroting en inwerkingstelling. Daar word ook ʼn enkele nasionale dataportaal vir alle grondverwante inligting aanbeveel.

Die toewysing van reeds verkrygde grond deur die staat bied volgens die verslag ʼn geleentheid om grondhervorming onmiddellik te bevorder. Die grondvraag is egter nie net beperk tot die landbou nie, maar hou ook verband met stedelike en voorstedelike grond.

“Wat ons hier voorstel, is om die grondvraag op ʼn geïntegreerde en allesomvattende manier te hanteer. So, waar moet die grond vandaan kom om hierdie fundamentele vraag wat postapartheid-Suid-Afrika in die gesig staar, op te los? Die verskillende grondbronne om aan die verskillende eise vir grond te voldoen, sal deur middel van verskillende verkrygingsmetodes, wat ‘vrywillige’ skenkings insluit, verkry word.”

Didiza en ander lede van die paneel tydens die bekendstelling van die verslag.

Volgens die paneel sluit dit in vanaf kerke, mynhuise, grond wat onteien is van afwesige verhuurders, munisipale grond en meentgrond, staatsgrond wat nie onder voordelige gebruik is nie waaronder grond wat deur staatsondernemings besit word, stedelike verhuurders, kommersiële boere onder wie wildboere en bosbouers, landbou-ondernemings en grondherverdelingsplase wat in nood en naby aan mislukking is.

Daar word verder aanbeveel dat ʼn proaktiewe en doelgerigte grondverkrygings- en toekenningsprogram op die been gebring word. Dit sal openbare en private grond insluit en die uitkomste daarvan sal gefokus wees op die verkryging en oordrag van grond wat goed geleë is vir spesifiek geïdentifiseerde individue, groepe en gemeenskappe.

Die paneel stel voor die beginpunt vir grondherverdeling moet wees om die aard van die vraag te bepaal, naamlik wie wil watter grond hê, waar en vir watter doeleindes. “Dit vereis ʼn beoordeling van die grondvraag en geleentheid vir sinvolle en demokratiese konsultasies op plaaslike vlak.”

Daar word ook aanbeveel dat die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling moet vasstel of ʼn nasionale oudit van grond in openbare en private besit haalbaar is.

“Daar moet bepaal word watter meganismes daargestel kan word sodat hierdie inligting gereeld bygewerk, geografies geskei en in die openbaar beskikbaar gestel kan word.”

Die volledige verslag kan hier verkry word. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan ·

Die mense wat dink dat die hemel op hulle gaan neerdaal as hulle grond sonder vergoeding gaan bekom sonder inagneming van eiendomsreg, maak ‘n baie groot denkfout.

Baie groot fout ja ·

Ja hulle maak n baie baie groot fout. My eiendom is nie beskikbaar nie, hulle moet dit baie mooi verstaan.

B ·

Private bevondsing – dus gaan ek en jy hulle nog betaal ook om jou grond te vat?

Wurmpie ·

Waar doen ek aansoek vir grond. Ek wil ook so stukkie hê langs die rivier of so

Jerry ·

Behalwe vir die verandering aan die grondwet en kerke wat oorgeneem sal word deur getalle, is die verslag nie te sleg nie, dit kon erger gewees het. Die verslag soos almal behoort te weet is nie die probleem nie. Die probleem kom by die implementering daarvan deurdat ANC kaders agv hulle ideologiese denke nie ter goeder trou kan handel nie en ingestel is op totale de-kolonialisasie. Politieke partye se skadu ministers gaan dus saam met die regerende party se minister verantwoordelikheid moet neem in n oorsigdanende rol met implementering. Selfs in komitees sal opposisie partye hulself baie sterk moet laat geld teen idees en besluite wat nie strook met die verslag en nie ter goeder trou handel nie! Die afgelope 25 jaar het egter vir ons gewys dat die regerende party altyd hulle sin kry ten spyte van opposisie partye se pogings. Ek verstout myself dus om die vooruitskatting te maak dat die regerende party dmv grondhervorming, kolonialisme die finale nekslag gaan toedien met sosialisme in die plek daarvan. Alles is nou maar net n kwessie van tyd voordat alles soos grond, kerke ens gedeel moet word, maar wat uiteindelik deur getalle oorgeneem sal word! Hier en daar sal daar darem kompensasie plaasvind vir grond, maar nie vir kerke, skole ens!

Jean-Pierre ·

@ Jerry geen politiekus gee om oor politieke ideologie nie, tensy die meer kapitaal vir hom of haarself beteken.

Die doel van politiek ideolgie, geloof en ‘n besigheidsplan is net om mense te oortuig om meer geld in die persoon se sak te bring wat die bogenoemde bevorder.

CJ ·

Beteken dit in praktyk: (a) Vermoor die boer op sy plaas (b) Die grond raak “verlate” omdat niemand meet daarop boer en/of wil koop nie (c) Die grond is nou in terme van die wet “verlate grond” en kan dus deur die Staat wettiglik onteien word.

Hanna Hoekom ·

En dit is die rede vir die baie plaasaanvalle en moorde. Regering het dit probeer ontken. Ek vermoed al lankal dat hierdie aanvalle n regerings opdrag is.

Pieter ·

Didiza was useless as minister van landbou. Hulle gaan alle bates vat as die grondwet verander word. Hoop hulle vat my skuld ook en gee my boedel- en kapitaalwinsbelasting terug. Dan kan ek êrens anders gaan bly.

Vryheid ·

Baie komplekse saak die, daar is geen twyfel dat dit skade aan die ekonomie bring nie, verdeeldheid en rassespanning. Dit sal my nie verbaas as SA soos Zim opeindig nie, maar dan is dit te laat. Onthou net as jy niks het nie het jy niks om te verloor nie!

fred ·

lyk vir my baie ingewikkel…teveel parameters wat in ag geneem word….lekker jobs vir regspanne ….

Jerry ·

Ek het vergeet om by te voeg dat met implementering beteken dit ook dat water, elektrisiteit gedeel gaan word. Almal sal tot dieselde hoeveelheid beperk word, wat beteken dat al het jy geld om meer te bekostig sal jy nie meer as jou toegekende kwotas kry nie, behalwe miskien as jy n bribe betaal, wat met die ANC aan die stuur, meer as net n besliste moontlikheid gaan wees!

Johnny ·

Hul het nie eers potplante op hul stoep nie maar wil in hul aircon kantore besluit hoe om grond onteiening toe te pas maar vergeet die kos kom van die boere af wit of swart om te boer in vandag se teglogie kos harde werk en beplanning

Slagyster ·

Daar word niks gese van ‘n produktiewe plaas of onbenutte grond se ondergrondse potensiaal nie. Dit gaan die onteien sonder vergoeding van produktiewe landbougrond net makliker maak, aangesien hulle reeds alle mineraleregte wat in privaatbesit was, sonder vergoeding, onteien het.

Rina ·

Watter tipe behuising gaan gebruik word. Deurmekaar storie hierdie. Slordigheid en misdaad gaan ergee word

Strandloper ·

Plakkers kampe wat anders? Dan 6 maande later is niks oor en die gras wat oor word afgebrand…

aj ·

Die SA Konstitusie was die resultaat van ‘n onderhandelde politieke skikking. M.a.w. ‘n ooreenkoms tussen opponerende groepe.

Met die wysiging van die Konstitusie word die 1994 (vredes)skikking eensydig verbreek deur die ANC.

Die ANC was dus nog altyd ‘n oneerlike deelnemer en onderhandelaar en kan nie vertrou word nie.

As die Konstitusie eensydig gewysig word, dan is die 1994 onderhandelde skikking ongeldig … dit dwing die land terug na die pre – 1994 oorlog!

Oujongvrou ·

United liberty alliance, gaan na die webwerf en stem vir afstigting. Al die gemor hier help niks, ons moet onsself help.

CallieL ·

Dis hartseer dat daar nog wittes is wat hierdie dinge ondersteun. Asb kyk om julle. Alles wat hulle aan vat is gereduseer tot gemors deur onbevoegdheid en korrupsie. Alles gaan nou vinnig vernietig word omdat liberaliste verdeeldheid saai en die handvol wittes nog verder uitmekaar dryf. As ons as boerevolk nie NOU OPSTAAN nie is dit verby. Ek bid dat julle almal net wil begin saamstaan

koos ·

ek besit 2 huise in n stedelike gebied. een huis word verhuur. beteken dit ek val in die kategorie van “grond besit vir spekulatiewe doeleindes”?

Jean-Pierre ·

@ Oujongvrou wees tog asseblief realisties. Hoe gaan “United Liberty Alliance” wat nie eers 0.01% in die Suid-Afrikaanse parliament het nie help met afstigting?

Anyway Selfbeskikking in die sin van artikel 235 is duidelik ‘n vorm van selfregering wat binne die huidige grense van Suid-Afrika en binne die raamwerk van die Grondwet uitgeoefen word. Dit is ‘n Interne of huishoudelike vorme van selfbeskikking is selfregering, outonomie en vrye assosiasie. Dink maar aan Federalisme.

Deon ·

Iets moet gedoen word. Op die huidige trajek is ons almal gedoem tot mislukking. Kla, debatte en hofsake gaan nie help nie. Gun mense wat ernstig is oor afstigting die geleentheid om daaraan te werk. Dalk het hulle die antwoorde. Terloops, die dag gaan kom dat die grondwet verbrand gaan word.

Carina ·

Hulle kan by haar bates en grond eerste begin, dan sien ons hoe dit voel en of daar enige armemoede en werkloosheid daardeur verlig gaan word, of wat van Ramaphosa se plaas, daar kan mos nou besluit word oor watter grond ons wil he, ek glo daar is genoeg grond daar vir almal van ons om op te gaan plak, want dit is wat gaan gebeur, daar gaan geplak word op die grond wat beskikbaar gestel gaan word en nie lank nie dan toi toi ons weer oor iets anders.

ChrisE ·

Die grondkwessie is ‘n emosionele saak. Ek besit nie ‘n huis paleis of pondok nie. Ek besit nie eers ‘n motor nie. Ek is wanneer ek tot sterwe kom soos die regsgeleerdes my sal beskryf, “a man of straw”. (Dit is uit eie keuse) Die staat wil op alles in die land “beslag lê of beheer daaroor uitoefen”. Die regime het nog nie die transformasie van terroriste bende tot demokratiese politieke party gemaak nie. Wat my egter vies maak is die media. Kyk eers na die wysigings. Kyk wat dit behels. Is dit haalbaar. Kan dit afgedwing word. Uit ondervinding moes ons nou al geleer het dat enige ding wat die regime aanpak uitloop op ‘n fiaskonale mislukking. Die ANC se dae is in elk geval getel. Die skrif is aan die muur vir hulle.

George in Bloem. ·

Van die tyd dat die eerste blanke sy voet in die Kaap aan wal gesit het was enige ooreenkoms met die swartes nie die papier werd waarop dit geskryf is nie,net soos ons veelbesonge maar waardelose grondwet vandag. As Piet Retief kon,sou hy dit vir ons beaam. Hierdie land is goed op die pad na baie groot konflik en bloedvergieting tensy die ANC/EFF/BLF alliansie ‘n drastiese ommeswaai maak. Maar hulle uitsprake en dokumente soos juis die gemors bewys onomwonde die teendeel.Hulle SOEK konfrontasie en sal nie rus totdat dit gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.