Paneel moet sê oor nuwe taksbaas

ʼn Paneel is aangestel om onderhoude te voer met kandidate op ʼn kortlys vir die pos van kommissaris van die SAID. (Foto: ANA)

Tito Mboweni, minister van finansies, het ʼn paneel aangestel om onderhoude te voer met kandidate op ʼn kortlys vir die pos van kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die departement van finansies het in ’n verklaring gesê Mboweni sal ʼn oog oor die aanstellingsproses hou en sal die paneel se aanbevelings aan die president voorlê vir oorweging.

Volgens die verklaring moet aanbevelings wat deur die Nugent-kommissie gemaak is in aanmerking geneem word tydens die aanstellingsproses.

Die Nugent-kommissie het in 2018 voorgestel dat pres. Cyril Ramaphosa die voormalige kommissaris van die SAID, Tom Moyane, moet afdank.

Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, gaan die voorsitterstoel tydens die onderhoude inneem. Angela Bester, regter Dennis Davis, Sindi Mabaso-Koyana, Ismail Momoniat, adv. Thandi Orleyn en Fezekile Tshiqi dien ook op die paneel.

Volgens die departement is die aanstellingsproses reeds aan die gang en sal dit na verwagting binne die volgende paar weke afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tammy ·

Het Maroela dalk die kortlys vir ons sodat die publiek kan sien wie die kanidate is?

Jerry ·

Dit maak nie saak hoe goed die CV klink nie, as dit n ANC kader is wat aangestel word moet iemand aangestel word om hom dop te hou!

Johan H. ·

As die persoon enigsins anc is,kan julle ons baie verdried spaar en sommer vir zuma aanstel, hy is al baie goed met vingertjies in die geldlaaie

Ander Koos ·

Wonder waarom regerings belastinginvordering “revenue service “ noem. Dit is bloot net “tax collection “ en geen “service” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.