Paneel op soek na nuwe hoof van vervolging

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se kantoor in Pretoria. Foto: Google Maps

Die raadgewende paneel van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) het Maandag vir die eerste vergader ná pres. Cyril Ramaphosa hulle aangestel het om “waardige” individue vir die amp te identifiseer.

“Die doel van die vergadering was om die mandaat van die paneel te bevestig en te bepaal hoe die taak verrig sal word,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Die paneel het op ʼn raamwerk ooreengekom wat sal verseker dat waardige persone op die kortlys geplaas word en dat hulle behoorlik ondersoek word voor aanbevelings na die president gestuur word.”

Die paneel het besluit dat belanghebbende persone en organisasies deur advertensies in die media genooi sal word om persone te nomineer. Aansoeke en nominasies kan tot 2 November ingedien word.

Die paneel sal tussen 5 November en 16 November die persone op ʼn kortlys plaas en met onderhoude begin. Dié lys moet voor 23 November bygewerk wees en die paneel sal sy aanbevelings teen 30 November finaliseer. “Die paneel het ingestem om sy finale kortlys teen 7 Desember 2018 aan die president te stuur.”

Jeff Radebe, minister van energie, is die voorsitter van die paneel. Ander lede van die paneel sluit in ouditeur-generaal Thembekile Kimi Makwetu en voorsitter van die MRK adv. Bongani Majola.

Ramaphosa het op 14 Augustus aangekondig Sila Ramaite sal as NDOV waarneem ná ʼn uitspraak op 13 Augustus in die konstitusionele hof dat Shaun Abrahams se aanstelling ongeldig was. Ramaite is sedert 2003 adjunk- nasionale direkteur van openbare vervolging. Sy verantwoordelikhede sluit in die administrasie en bedryf van die kantoor vir getuiebeskerming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit waarborg niks. Die nuwe twyfelagtige Openbare Beskermer is op presies dieselfde metode aangewys. En kyk wat het ons nou.

Johanna Botha ·

Netnie weer iemand wat deel was van die struggle wat niks van niks weet nie en net wil skep ….ASB !

waarheid ·

Daar is niemand ‘waardig’ by julle nie – dit bestaan eenvoudig nie. Glo my. Dit is al oor en oor bewys.
Die enigste een wat amper naby aan die woord ‘waardig’ gekom het – nie letterlik dit gewees het nie – maar net die woord ; het lekker by die guptas gekuier.
Sy naam is Nene.

zoom zoom ·

Ek is seker Zuma kan hulle help met name as hoof vir die NVG.

Anoniem ·

Wonder wie is die “belanghebbende persone en organisasies”. Ek sou dink almal in SA is belanghebbend??

Ek wil vir Gerrie Nel nomineer. As Thuli Madonsela bereid was om terug te gaan, was sy ook ‘n goeie keuse.

marous ·

Een groot vet klug . Die hele spul is kop in een mus en daar is geen afhanklike regspleging oor nie . Dit word voorgese hoe wat en waneer vanaf die polisie regdeur tot by die grondwetlike hof . Die NVG is daar vir een rede en dit is om diegene te beskerm wat die land plunder en die gewone man op straat te verbrysel .

LOSKOP ·

Ek is ook n belanghebbende van die land en nominee vir THULI MADONSELA

Alida ·

Kry tog net iemand buite die kabinet met die nodige kennis en ervaring en wat nugter en objektief kan dink.

Anoniem ·

Wat het dan van dr Torie Pretorius geword wat die adjunk van Shaun Abrahams was? Hy is hoogs bekwaam.

Landi ·

Dis n lekker dag vir soek ne?! Gaan soek maar die ouens wat Zuma en kaders baie hard en met opset verwyder het, want dis HULLE wat effektief, eerlik en met groot kennis en ervaring die werk kon doen, maar n intimidasie en stok in die speke was vir Zuma rn Shaun!

Anita (die eerste) ·

Lomp en onbeholpe en gedurig besig om nóg mense aan te stel wat nie die werk kan doen nie. “Waardige” mense vir ‘n onwaardige regering.
Stem saam:groot klug. Net jammer mens kan nie eens daaroor lag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.