Paneel sal e-tol ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paneel van die Gautengse provinsiale regering sal van Woensdag af gesprekke voer met die publiek oor die sosio-ekonomiese impak van e-tol.

Die paneel sal daarop fokus om kennis in te samel en die implikasies en persepsies oor die Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) en e-tol te ondersoek, het Thabo Masebe, woordvoerder van die provinsiale regering, in ʼn verklaring gesê.

Die gesprekke sal ʼn maand lank voortduur.

Masebe het gesê organisasies word aangemoedig om te reageer op die volgende vrae:
– Wat is die ekonomiese en maatskaplike impak van GFIP en e-tol?
– Wat is die impak van die GFIP en e-tol op die omgewing?
– Hoe en waar word die koste en voordele van GFIP en e-tol onder die samelewing en die ekonomie versprei?

Die vakbondfederasie Cosatu en die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) is van die organisasies wat met die paneel in gesprek sal tree. EWN berig Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, het gesê hy hoop die paneel sal nou verstaan waarom sy organisasie reeds miljoene rand aan regskostes spandeer het. Klik hier om meer te lees.

Volgens Masebe het die paneel dit benadruk dat die konsultasieproses objektief sal geskied en hulle het geen voorafopgestelde uitslag in gedagte nie. Die gesprekke sal by die Gautrain-kantore in Midrand plaasvind.

Die paneel sal na verwaging teen die einde van November aan die premier van Gauteng, David Makhura, verslag doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.