Panga teen baba se keel gehou tydens rooftog

Anuschka en klein El-Zandri. Foto: Facebook

Anuschka en klein El-Zandri. Foto: Facebook

Rowers het Woensdagoggend by ʼn onderneming in Hennenman in die Vrystaat ʼn panga teen ʼn baba se keel gehou voordat hulle die baba teen ʼn kas gegooi het.

David Swanepoel het aan Maroela Media gesê sy kleindogter Anuschka Serfontein werk by ʼn onderneming wat bousand verkoop en dat haar man haar en hulle sewe maande oue dogtertjie El-Zandri Woensdagoggend omstreeks 07:30 daar afgelaai het voordat hy Johannesburg toe gery het.

“Hulle is oorval kort nadat Anuschka die winkel oopgesluit het. Twee mans met swart sykouse oor hulle koppe en arms getrek het die winkel binnegekom.” Een van die mans het El-Zandri gegryp en ʼn panga teen haar keel gehou.

Die rowers het geld geëis en Anuschka het vir hulle die sowat R8 000 wat in die kluis was, gegee. “Sy sê toe vir hulle ‘gee asseblief net my kind’. Toe gooi hulle die kind teen ʼn kas.” Volgens Swanepoel het Anuschka haar baba gegryp en uit die winkel na die straat gehardloop.

“Daar het ʼn houer met melk buite die winkel gestaan en hulle het haar teen die rug daarmee gegooi. Sy het aanhou hardloop en nie gesien waarheen hulle gaan nie.” Volgens Swanepoel het Anuschka met klein El-Zandri in die straat opgehardloop en kon sy ʼn man voorkeer wat hulle gehelp het.

Swanepoel het gesê sy kleindogter en agterkleinkind was by ʼn dokter gewees vir behandeling. Anuschka was erg getraumatiseerd en die dokter het vir haar skok behandel. El-Zandri het ʼn knop op haar kop en haar toestand word dopgehou.

Swanepoel het gesê hulle is baie verheug dat Anuschka en El-Zandri nie ernstig beseer is nie. Anuschka is een van Swanepoel se 15 kleinkinders. Hy het ook drie agterkleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

JC ·

Ons moet beslis net meer paraat word…en SAAMSTAAN teen DIE VERDRUKKING…ander antwoorde het ek nie. BEWAPEN JULSELF. DIT IS NOU N REALITEIT EN KAN DAAR EENVOUDIG NET NIE MEER MET RADELOOSHEID EN NAIWITEIT NA DIE SITUASIE GEKYK WORD NIE. Onthou, hier het ons te make met onopgevoede kriminele wat niks voel vir beskaafde waardes en lewens nie. N KOPSKUIF IS dringend NODIG!

rudi ·

Wat ons moet doen: 1) Sluit aan by jou gemeenskap polisieerings forum(GPF). Niemand behalwe onself kan die oues en swakes beskerm. 2) Stop om enige geld te gee aan alles behalwe sekuriteit vir die omgewing soos kameras. 3) Sluit aan by klom watsapp groepe en wees in kontak met almal rondom jou

Janneman ·

Stem saam Wern, hier is n groot skroef los met ons menswees in hierdie land. Dank die vader hulle is grootliks ongedeerd.
Tensy die gepeupel se koppe draai in die Augustus verkiesing gaan ek my opsies ernstig oorweeg. As hulle na 22 jaar steeds die glo dat die anc melk en heuning gaan lewer stuur ons op nog n zim af.

Pastoor ·

Die kopskuif : Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie : Trek elke dag die volle wapen rusting aan. Pleit Sy Bloed af oor jou hele familie. Vra Hom dat Sy Engele ons oppas. Loop oop oê. Ons doen die moontlike en God doen die onmoontlike. Bid dat daardie skelms die Here ontmoet en Hy hulle lewens verander, Dat die slagoffers gou sal herstel van die gewelige skok

Nie net bid nie ·

Poplap ek stem saam met jou. Pastoor, baie goeie Christenne is al wreed vermoor en hele Christen volke al uitgewis. Ons moet nie net bid nie maar terugveg ook!

Wat-ek-lees ·

Onthou julle Bloukrans? Babas aan voete geswaai en koppe teen wawiele vermorsel.

Bos ·

Sekere groepe respekteer nie lewe nie, nie van vroue, kinders of eers babas nie.

Pastoor ·

Poplap Joh 10,10 sê dat satan het gekom om te roof en steel en te moor maar Jesus het gekom om lewe te gee en lewe in oorvloed. Daardie dade wat hulle gedoen het is verfoeilik laag en gemeen. Daardie mensedoen sulke dinge omdat hulle harte ver van God is. Daar is egter Genade vir ons almal. As daai mense so aanhou sal hulle op die einde sonder God sterf en hulleverewig en ewig brand in n onuitbluslike vuur. Ek hoop hulle word gevang. Boet vir wat hulle doen maar dat die Here hulle siele red voor dit te laat is

Pastoor ·

Poplap Hulle dade is onverskoonbaar. Hulle moet gevang word en boet. In die gevangenis kan hulle gered word deur Sy genade. Joh 10,10 sê satan kom om te roof te moor te steel maar Hy kom om lewe te gee en in oorvloed. Nee hulle moet boet amen

Grap ·

Ek dink hulle het die wil om iets te doen verloor,ons sal ons self moet beskerm met privaat sekuriteitsmaatskappye.

Sekuriteitsmaatskappy ·

Ons moet ons gemeenskapsforums opgradeer tot ons eie sekuriteitsmaatskappe, dalk in die vorm van kooperasies. Die polisie is nie net treurig nie maar het n agenda om die belange van sekere hooggeplaastes te beskerm ten koste van ons. Ons moet self organiseer om onsself teen misdaad te beskerm. Die sterkste oorleef, daarom moet ons nou sterk word.

Pastoor ·

Poplap neee hulle verseker gevang en gestraf word. Tans is hulle oppad hel toe. God se genade verskyn aan almal. Hul dade is hulle vader die mensemoordenaar se werke.

plaasjapie ·

Pastoor ek glo nie dit is die KOPSKUIF waarvan JC gepraat het nie. Ons moet ons Hemelse Vader aanroep en om hulp vra…soos ons voorvaders by bloedrivier gedoen het…
Die vyand bly die vyand !

Marie ·

Ek stem saam ons moet bid en glo. Maar dan moet ons ons kant ook bring, help nie ons gaan sit agteroor en se nou moet die Here hulle lewens verander nie. Dit is tyd dat ons blankes ons rug styf maak en ons land terugvat. Almal vra net waar gaan als eindig, en hoop maar hulle word n aanval of moord gespaar. Ons moet wakker word, dit ia al amper te laat.

Wonder net ·

Wie is hierdie mense wat vir kriminele bid wat klein babatjies aanval, en net heeldag vir ons wil preek en verder niks doen behalwe om hulle te bekommer oor die saligheid van die moordadige misdadigers nie? Wie en wat is hulle en het ons hulle nodig in ons oorlewingstryd?

Marius ·

Ag nee man. Die vyand het nie ‘n velkleur nie. Daar is elke dag miljoene mense van alle kleure besig om hul dagtaak te verrig. Wat gebeur is boos en verfoeilik, maar barbaarse gedrag vra nie wat jou velkleur is nie. Die Krugersdorpmoorde is ‘n goeie onlangse voorbeeld. Ons vyand is misdadigers, nie ander rasse nie. As julle dit sê vir die pastoor dan gooi julle God se genade terug in Sy gesig, en julle neem krediet vir julle eie redding, maw julle het God nie nodig nie. Almal het elke dag God se ingryping nodig.

Wern ·

Wonder net het n punt. Dit is van te veel jammer wees vir misdadigers dat ons oorweldig word deur hulle.

Wonder net ·

Maruis, waar sien jy ‘n aanduiding van ras of velkleur in my kommentaar, of die berig? Ek praat dan van kriminele? Dit is jý wat deur rasbrilletjies na die wêreld kyk. Dan durf jy nog preek. Bietjie vermetel sou ek sê.

Marius ·

Jammer Wonder net. Ek het nie die opmerking op jou gemik nie. Vergeet ek het van ras gepraat in my opmerking. Jy het verseker nie aan ras gedink toe jy die opmerking gemaak het nie. My fout, en ek vra verskoning.

christine ·

Hulle wil ons een vir een uitvat. Hier is die skroef wat los is. Openbaring is besig om in vervulling te gaan. Bid is enigste antw. Staan vas en glo met julle hele harte en siele. Veral noudat Zimbobwe uitmekaar val hulle vlug nou vinnig hier in ons land daarom is Limpopo en Mpopalanga se moordsyfers die hoogte in. Gooi ook nie Malema se opstokery weg nie ons vroue en kinders verkeer in baie baie groot gevaar swart en wit. n Spuitbottel met amoniac altyd by jou dit kan tyd koop en jou lewe red. Sal net sy asem wegslaan vir n rukkie.

John ·

Dag se buurman, jammer om dit te verneem, daar is vir hulle geen redding nie, Pastoor.

Gesiggie ·

Hul moet my keer as so iets aan n kind gedoen word, ek sal op eindig in die tronk vir moord… die lafaards… geen gevoel, gebruik die kind vir n teiken… enige Ma sal als gee, solank haar kind net gespaar word…. ek is so bly dat Anuschka kon vlug…. dit kon erger geword het, so dankbaar dat sy en El- Zandri veilig is… Dank die Here vir die Genade…. Sterkte aan jul.. so n Trauma is erg… hoop die mans word gevang…

Karma ·

@Gesiggie, as ‘n wreedaard met ‘n panga in die hand jou konfronteer, kan ek jou waarborg, skrik jy jouself half in ‘n koma in – ek dink jy sal meer wil vlug, as veg! En dit is waarop hierdie misdadigers staatmaak – daardie element van verrassing. Hulle maak ook staat op ons Europieërs se ‘ordentlikheid’ – om eerder te gee wat hulle wil hê, as om te verdedig. Aan almal wat hier ons land en sy mense aan G-d opdra en glo dat gebede ons sal red: wel, ek dink ons is verby daardie stadium dat ‘n entiteit en gebede ons sal red. Ons moet saamstaan; mobiliseer en paraat wees. Ons moet vuur met vuur beveg.

foxi ·

Ek kan nie myself nou beheer nie!! Woede en nogmaals woede.
My gedagtenis is oorstelp. Ek is jammer om dit uiterlik te sê…….my haat het vererger!!!
En ja, ons mag nie haat nie……maar hoe in my menswese moet ek myself beheer in sulke gevalle. Weerlose kinders en vrouens…….en dit is maar net die begin!
Soos die skrif sê, wat was, sal weer wees. Maar God is in beheer en ek glo dit met my hele wese.

Natasha Esterhuizen ·

Dankbaar dat die 2 veilig is. God sal met hulle afreken, wat jy doen aan ander kom dubbel en dwars terug na jou toe.

Van ·

Ja as hulle gevang word moet hulle net wys hulle is jammer dan sal hulle ligte vonnis kry.

Spook ·

Vat aan ons kinders en jy vra vir n oorlog!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

John ·

Moet ons mense, selfs skoolkinders nou voor die voet, trauma-berading kry; opgelei word hoe om in erge aanvalle te reageer nog voor dit realiseer, byna soos destyds toe terrorisme die oorgang na nog verdere terrorisme ingelui het? Lyk so, want niemand weet meer waar dit sal toeslaan nie. AfriForum moet die gate in die pate los en proaktiewe aksies begin. Wie anders sal dit doen…?

dook ·

Ek vrees elke dag, vir ons welstand, waneer ek by die werk is en my vrou en kind alleen agter blei. Dan is daar die dwase wat vreede vreede skree en opstaan vir die veraderlike gebroeidsels. Hierdie is nie lewe nie dit, is n daglikse nagmerie, net om te bestaan.

Theresa B ·

Dis nie mense hierdie nie!!
Ek is baie bly julle is ok en ek glo dat jou baba ook ok sal wees.

Anoniem ·

In Openbaring staan dat die duiwel in die eindtyd sal rondloop soos ‘n brullende leeu en mense soek om te verslind. My persoonlike opinie: die stryd is nie ras gebonde nie. Dis ‘n stryd tussen God en die duiwel (en dus gelowiges en heidene). Maak nie saak of die boewens gevang en gevonnis word (of nie), hulle sal met die oordeelsdag voor die Here vir hulle dade. Intussen moet ons voortgaan om Christus se verlossing te verkondig (selfs aan die boewens). Sodra die getal van die uitverkorenes vol is, is die wederkoms hier. Wie weet, dit kan selfs oor 30 minute wees! Of dalk eers oor 30 jaar!

plaasjapie ·

My opinie is dat rasse n groot rol hier gaan speel…kyk maar net tussen die swart stamme in ons land soos die xhozas, zoeloes, pedi’s ens. wat nie saam met mekaar wil werk nie.
Wat nog te se van tussen ons, die kleurlinge, indiers en swartes….
Ek is maar realisties so weereens my opinie !

Bostokkelos ·

Besoek gerus Die suidlanders se webblad. Mees parrate organisasie vir wittes se selfbehoud.

slaan die oë op ·

Sterkte vir haar die kind en geliefdes. Vader beperk die bose tot hulself. Sodat U kinders die hartseer gespaar word en ‘n lewe van dankbaarheid voor U kan LEWE.Amen

Johannes Meintjes ·

Ons het nog ligjare voor as die burgers in SA op dieselfde vlak van Burgerlike Beskermingsparaatheid as die Israelis sou wou kom. Ons slaag om een of ander rede net nie daarin om ons persoonlike, huishoudelike, besigheids en samelewing se veiligheid ernstig en effktief op te neem nie. Ons reaksies moet elke skuldige en potensieele boosdoener van hier tot in Timbuktu permanent afskrik. Nog ‘n bietjie slaap, sluimer en berade hou …

RiaM ·

Hoe is dit moontlik dat die eienaar van hierdie onderneming so nalatig kan wees om vrou alleen die onderneming oop te sluit en dan nog soveel geld daar oornag te hou. Hierdie boewe moes beslis geweet het daar was geld en n vrou sluit die plek oop. Dit moes iemand wat daar werk wees wat aan die boewe al hierdie inligting gegee het. Ek hoop die eienaar het n les geleer en sy personeel se veiligheid in die toekoms ook in ag te neem.

Lana ·

Ek is n kind van die Here en wonder maar net almal skree Here, Here maar dit is die mens wat afvallig geword het nie die Here nie. Sommiges spandeer slegs tien minute per dag aan Hom maar as die nood druk dan is dit van heeldag soebat en smeek. Woede en kwaad gaan niks verander nie maar Jesus kan solank jy vasklou aan dit wat ons moet doen en nie net voorgese word om te doen nie. Pleit jy Sy bloed elke dag oor jou of sluit jy jou nasie ook in?

Oni ·

Jammer pastoor. Gaan niks help as jy honger is en sluit jou toe in n kamer, bid tot jy blou word en glo dat jy gaan uit die bloute kos ontvang nie. Aan ons is verstand gegee om te gebruik en deur daadwerklik iets te doen, sal ons bly lewe.

John ·

Die John wat aan Pastoor geskryf het, is nie ek nie. Hy moet asb sy naam wysig of ek moet aftree. Tensy ek dit in my slaap gedoen het…

Marius ·

Ek neem altyd ‘n opmerking en voer dit uit tot sy logiese konklusie. My logiese konklusie is dat baie mense hier voel dat geweld(oorlog) die beste oplossing sal wees. (Subtiele skimpe uit die weg) Maar hulle moet net vir my sê wat die uitkoms moet wees, want ‘n oorlog moet ‘n doel hê. Hulle moet ook vir my sê wie die vyand gaan wees(hulle is vaag daarmee), en wie moet veg daarin. Waar gaan die oorlog plaasvind is nog ‘n vraag. Wat as hulle die oorlog verloor?

plaasjapie ·

Die oorlog tussen wie dit gaan wees is vir die mense wat regtig wil weet en die waarheid wil hoor nie n geheim nie.
Gaan kyk maar gerus na vaandel.co.za….
Japie van Zyl dink ek slaan die spyker op die kop.

Merrilynn ·

Net wrede, vieslike wesens kan so teen ‘n weerlose baba optree! Arme baba & mamma, dat hulle so getraumatiseer moes word. Hoop die twee word gevang, in die tronk gestop en word nooit, ooit weer in die samelewing toe gelaat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.