Paniek gesaai oor misvormde lam wat ‘lyk soos mens’

‘n Foto van die misvormde lam (Foto: ANA)

Waarskuwing: Die foto in dié berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en landbouhervorming het Woensdag bevestig dat die foto van ʼn erg misvormde lammetjie wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, nié ʼn slenter is nie.

Dr. Lubabalo Mrwebi, hoofdirekteur van Veterinary Services in Lady Frere in die Oos-Kaap, het gesê dié foto het die internet aan die gons omdat die lammetjie met die eerste oogopslag ʼn menslike vorm het.

“Die erg misvormde lam wat vandeesweek in Lady Frere gebore is, is nie menslik nie, maar ʼn doodgebore skaaplammetjie. Die lammetjie is vermoedelik deur Rift Valley-koors besmet in die vroeë stadium van die skaap se dragtigheid,” het Mrwebi gesê.

Hy het verder gesê dit is nie ongewoon vir dragtige diere om vroeg in hul dragtigheid deur virusse besmet te word nie.

“Virusinfeksies in die vroeë stadiums van dragtigheid kan die fetus besmet en lei tot die ontwikkeling van misvormings in die groeiende fetus. Dit is waarskynlik wat met die dragtige skaap gebeur het.”

Mrwebi het gesê talle sosialemediagebruikers het paniek gesaai deur vals nuus te versprei soos dat die skaap menslike gene het, en juis daarom dié vorm het. In ʼn verklaring het hy daarop gewys dat dit nié biologies moontlik is vir ʼn skaap om menslike gene te hê nie.

Hy sê die betrokke skaap moes laat Desember 2016 of vroeg in Januarie 2017 dragtig geraak het, aangesien ʼn skaap vyf maande lank dragtig is. Dié tydstip het glo gepaard gegaan met hoë reënval wat baie muskiete – wat draers van virusse soos Rift Valley-koors is – tot gevolg gehad het.

“Daar kan dus aangeneem word dat die skaap deur dié virus besmet is,” het hy gesê.

Die departement sal ʼn nadoodse ondersoek van stapel stuur, en die resultate van dié ondersoek sal sodra dit bekend is, aan die publiek bekend gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Hennie ·

Miskien moet hierdie berig verwyder word, dis werklik ontstellend!

Pieter Gerber ·

Man Up Hennie. As dit jou onstel hoekom lees jy dit?
Hierdie is n goeie voorbeeld van mense wat met Diere se DNA Peuter. Al die groei hormone en dinge. Ja die dokter se dit was koors … klink of hy ok maar n raaiskoot vat

MissDemeanor ·

Meer onstellend as die man wat aangerand, geskiet en toe deur n trein getref is?

Adam ·

Zebra ek dink ook dit is snaks. Sy pa is seker die “swartskaap” van die familie!

Anna ·

Wonder maar net of die skaap se eienaar “gum boots” besit?

Andre ·

Sit net ‘n stortkop op. Hy sal dalk,nee- beslis beter doen.

Isabel ·

Slenkdalkoors is n virus infeksie wat deur muskiete oorgedra word soos die dr genoem het, en kan mense ook siek en selfs dood maak. Die afwyking in die skaaplam is teratogeniese afwyking deur die virus veroorsaak. Moenie naief wees en allerhande twak glo wat mense versprei nie. Bemagtig jouself deur bietjie leeswerk

Griki ·

Dankie vir die inligting, Isabel. Mens word nooit te oud om te leer nie.

Nettie ·

Aha, Isabel – dankie! Uiteindelik ‘n ingeligte persoon met ‘n ingeligte opinie wat kennis deel – nie soos baie van die twatte hier wat die twak wat hul praat, glo nie!

Annemarie ·

Seker so 30 jaar gelede een gebore by Kimberley vendusie krale

Annemarie Duvenhage ·

Seker so 30 jaar gelede een gebore by Kimberley vendusie krale

Jaaiks ·

Iets het daai skaap gesteek en dis beslis nie n muskiet nie.

Summerfield ·

Knap gese, Isabel. Ek het verlede jaar by verskilende veeartse my studente praktiese gedoen, en daar hoor ‘n mens net so ‘n klomp snert oor diere siektes en toestande soos wat ek nou net hier gelees het. Jy is omtrent die enigste stem van rede in die see van onkunde.

Mathilda ·

Gys, jy wys bloot jou totale onkunde, alsook jou kruheid deur so iets te pos. Daar kan geen bevrugting plaasvind tussen mens en skaap nie.

Piet Pompies ·

In die jare laat 70’s was daar ‘n vark gebore in die Thaba Nchu gebied OFS, die vark was lewend gebore en het omtrent 3 dae gelewe. Sy liggaamsbou was ook soos ‘n mens sin met kenmerkende ore soos ‘n mens. Die vark/mens was by die Moroko hospital opgeneem na sy geboorte. Omgang met diere was op die mense se lippe.

Sue ·

Dis ook nogal wat in my gedagtes omgaan want hier in die Noorde is dit baie algemeen vir “mense” om omgang met diere te he (hul word gestenig en toe gesluit maar niks keer hul nie) maar dan tog die gerugte dat mens en dier DNA nie kan voortplant nie. Agg sal mens maar elkeen die berig lees en glo wat hy wil.

Bokram ·

Dit lyk meer soos n misvormde mens as n misvormde lam,as dit nie vir die pote was nie,het dit soos n mens gelyk.

Margaret ·

Well I would not be surprised if this one was because of so many men that just cannot even leave an animal alone. How many times do we read of this kind of thing. This world has gone mad, very very man. I don’t think they will even try to run tests to see as it will just be an invitation to more to fiddle with animals. This is sick

Jennifer ·

Janee ons gaan terug na die donker middeleeue!! Bring die toordokters en geeste.

Adoons ·

Dis maar die sittende houding, die kleur en die gladde vel wat dit na ‘n mens laat lyk. Dit wat vir ons na misvormde knieë lyk, is natuurlik eintlik die skaap se enkels. Biologies lyk alle fetusse in verskillende stadia van ontwikkeling nogal baie na mekaar!

Showahed ·

Ek dink nie al hierdie biologiese verduidelikings en verskonings gaan meeste mense se opinie verander nie…. jy kan mos dink wat jy wil!

Tier ·

“ignorance is bliss” Hoekom sal jy nogsteeds anders wil glo as dit wetenskaplik voor jou uitgelê word?

Karel ·

Tier, ek glo geen wetenskaplike nie, want hulle beweer alles en bewys bitter min.

chris ·

Is die term “swangerskap” by diere geregverdig ?? Moet dit nie eerder ” dragtig” wees nie ? Vra maar net.

Nettie ·

@chris – defnislis. ‘n Vrou raak swanger, ‘n dier raak dragtig. Swangerskap verwys na die menslike voortplantingsproses; die korrekte term in verwysing na die ooi se “swangerskap” sou wees ‘dragtigheidsperiode’.

Pierre van Niekerk ·

verkeerde entingskedules tydens dragtigheid en verkeerde paringstye en skedules tov van muggies. Om iets meer hierin te lees met die mensgesig is om sensasie te soek.

humor ·

Laat ons maar liewer soos ons boere praat en se in n “vroee dragtigheids – stadium”

wielie ·

Miskien moes hulle die lammetjie in n ander posisie gedraai het en dan n foto geneem het? Dalk sou dit nie so sensasie veroorsaak het nie? Miskien met die 4 hoewe na onder en die rug na bo sou dit meer soos n dier gelyk het wat dit is ……….

Liza ·

Ek het gister op News24 hierdie artikel gelees en daar was meer fotos waar die lanmetjie plat lê

buks ·

In my kontry is n boklammetjie met klippe dood gegooi wat gebore was met n kop soortgelyk aan n mens sin. Seker ook sagevolg van koors. Die gemeenskap was boos oor die voorval.

Chaparel ·

Sou graag meer inligting hieroor wil he, kan iemand my se waar ek meer hieroor kan lees.

Google ·

Google net rift Valley fever. Daar is baie navorsing ivm met die siekte wat ‘n paar jaar terug chaos gesaai het onder veral skaap boere. Dit is aansienlik meer as net ‘n gewone koors, soos sommige mense dis lodewyk dink.

Alida ·

Dit is ‘n afskuwelike foto maar mens kan nie help om dit raak te sien nie. Dit lyk of dit ‘n vark kan wees.

Scalla ·

Gum boots moet verban word vir die skaap hanteerders, dit dra n sekere kiem .

Coena ·

Ek wonder hoeveel van hierdie Facebook joernaliste wat skielik alles van genetika en virussiektes af weet, is werklik boere? Ken julle werkli slenkdalkoors? Ek het self vanjaar 3 erg misvormde lammers gehad as gevolg van virus besmettings. So, as jou misvormde brein aan jou vertel dat dit ‘n mense wat met ‘n skaap omgang gehad het, dan weet jy net mooi niks van biologie af nie. ‘n Skaap kan nie dragtig raak van ‘n mens nie. FEIT! ‘n Skaap is ook dragtig, nie swanger nie. Julle oningeligtes maak dat oningeligtes dink dat ons boere stupid is met julle oningeligte opmerkings.

BIO ·

Interspesie bevrugting is geneties nie moontlik nie , hierdie onderwerp is nie n ongewone voorkoms in die boer sektor nie , moet nie net aanvaar wat n tabloid koerant of fb post voorskryf nie , n klein bietjie navorsing oor biologie en taksonomie sal die legkaart mooi vir jou uiteensit..

Jaaiks ·

#Marous…hulle panikeer omdat hulle bang is daar is meer sulke goed ,en dan begin die goed hulle eie politieke party…en dan wil hulle ook ons grond vat…

Alida ·

Hoe dit ookal sy dit is ‘n walglike foto en sommige kommentare is onsmaaklik. Vermy liewer die onderwerp en begrawe die gedoente.

Phoebe de Villiers ·

Ek wil net graag in my onkonde weet: Daars nou lande wat dit gewettig het dat mense met diere mag seks hê, kan daar nie dan so ‘n misvormde dingetjie gebore word nie? Dis regtig die ergste iets wat gewettig kan word!!!
Toks

amvi ·

Enige diertjie wat op sy boutjies sit en kaal lyfie het sal baie na aan ‘n mens lyk. Al wat daar bietjie misvormd lyk is sy koppie. Voel jammer vir die ou dingetjie. Gelukkig is hy dood gebore anders het hy swaar gekry onder die mens se toetse.

amvi ·

En waaroor al die bohaai. Hy is nog steeds mooier as die een wat hom vashou?

Dee ·

Daar is vir my niks ontstellend aan die foto van die misvormde lam nie. Dit gebeur. Wat ontstellend is, is die psige van die mens wat dit goed gedink het om hierdie sosiale mediavuur te begin. Hulle rig net skade aan. Net soos die ‘hoax’-berigte van brandstigting wat die rondte gedoen het met die Knysna vure. Wat is hulle doel? Net om sensasie en chaos te versprei. Daar moet wette teen dit wees.

Hennie ·

Goeie vraag Pieter Gerber, hoekom lees ek dit dan? Nie gelees nie. Aangesien alles wat lewe die reg het om te lewe, wonder mens maar net wat hou hierdie wese se lewe en toekoms in.

Ann ·

Hoeveel van julle wat sulke siek kommentaar lewer van mens-dier paring, weet wat slenkdalkoors aan ñ dier doen? Ek is nie ñ boer nie, maar ken hierdie tipe simptome, pmdat ek met veemedisyne werk. Jinne mense, voor julle die dam onder die eend uitruk of allerhande nonsens op sosiale media kwytraak, moet julle eerstens die berig behoorlik lees. Dan gaan julle na Google toe en tik “Slenkdalkoors by skape” in (of Rift valley fever, vir die wat nie afrikaans verstaan nie). Gaan lees wat dit veroorsaak, hoe word dit oorgedra en wat mens kan doen om dit te voorkom.
Ek is seker dat nie een van julle wat onlogiese kommentaar gelewer het, die berig gelees het nie. Nee, julle het waarskynlik net na die foto gekyk en op hol gegaan.
Regtig?? Gedra julle soos grootmense en lees wat daar staan, en Google is geduldig, dit het baie inligting oor slenkdalkoors.

Helene ·

Ek skaam my vir die vieslike kommentaar. Die arme lammetjie. Die wreedheid van die mens verstom my!! Ja,, gooi my maar ook met klippe!!

Jackie ·

Ek wil net weet, lewe die lametjie wat gebore is se ma na die virus darm nog? En as sy doen word sy Dan behandel vir die virus :-( ?

Ann ·

Die siekte is behandelbaar as dit betyds opgetel word. Kom ons hoop dat die ooi darem nog ok is!

nhk ·

Pleks hul die lammertjie begrawe. Dis nie n mooi gesig nie. N dier het ook sy trots.

Summerfield ·

Ek stem ‘n honder persent saam. Respekteer diere, en hou op om grappe te maak oor so ‘n tragiese misvormde dier.

Justice ·

Dit moet beslis `n virus besmetting wees – het nog nooit van so iets in Australie gehoor nie.

vytjie ·

Amvi ek wil U se die man wat die skaap vashou se hande is skoner as U gedagtes

SARIE VAN HEERDEN ·

Dankie dat Maroela die berig van die misvormde lammetjie geplaas het want nou het ek ook ietsie geleer want ek het nooit geweet van die besmettings wat dragtige diere kan kry nie. Ons wil nie net altyd hoor van moord, verkragtings en doodslag nie. Hiedie was ‘n goeie en ingeligde stukkie nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.