Paniek pak SA ná gerugte oor hernieude drankverbod

Talle Suid-Afrikaners het Dinsdag inderhaas paniekaankope by drankwinkels gedoen na ‘n gerug dat die verbod op alkoholverkope weer heringestel gaan word. (Foto: Maroela Media)

Talle Suid-Afrikaners was Dinsdag opnuut op hol nadat boodskappe – dat die verbod op drankverkope weer ingestel gaan word – soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei het.

In een van die boodskappe wat heen en weer rondgestuur word sê ene “Shawn on the news” drankwinkels sluit vanaand weer en dat pres. Cyril Ramaphosa die land om 20:00 gaan toespreek om dié aankondiging te doen.

In die stemboodskap word ʼn toename in padongelukke as een van die redes vir die sogenaamde hernieude verbod voorgehou.

Daar was blitsig ellelange toue voor drankwinkels nadat die gerug oor ‘n hernieude drankverbod versprei is. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die verbod op die verkoop van alkohol en tabakprodukte is verlede Dinsdag opgehef.

Die vorige keer wat die verbod weer ingestel is, het Ramaphosa die land op ʼn Sondagaand toegespreek nadat drankwinkels ingevolge die afsonderingsregulasies reeds die voorafgaande Donderdag gesluit is. Drankverkope is toe, nes nou, net tussen Maandag en Donderdag toegelaat.

Duisende mense wat nie vooraf ekstra drinkgoed aangekoop het om hul deur die verbod te sien nie, is deur die aankondiging onkant betrap. Hulle wou vandag oënskynlik nie weer dieselfde fout begaan nie.

Mense het Dinsdagmiddag in ellelange toue by winkels gestaan om drank te koop. By sommige drankwinkels was die rakke plek-plek reeds dolleeg terwyl paniekaankope inderhaas gedoen is.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het ontken dat Ramaphosa die land vanaand gaan toespreek en het ook ontken dat die nasionale bevelsraad besluit het om drankverkope weer op te skort.

Baie mense wou nie kanse waag nie en het winkeltrollies volgelaai uit vrees dat die alkoholverbod weer ingestel gaan word. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Sean Macpherson, die DA se woordvoerder oor handel en nywerheid, het ook gesê dat hy ʼn navraag oor die bewering by die departement van handel en nywerheid gedoen het en dat die gerug oor ʼn hernieude verbod in hierdie stadium onwaar is.

ʼn Boodskap van Macpherson hieroor het óók blitsig versprei. Maroela Media het by hom self bevestig dat hy wel dié boodskap aan die DA-koukus gestuur het.

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) het intussen ook in ʼn boodskap aan sy lede gesê hy het uit “betroubare bronne” verneem dat die gerugte oor die herinstelling van die verbod onwaar is.

“Ons doen ʼn beroep op almal om in hierdie tyd verantwoordelik op te tree en nie ongegronde gerugte te versprei wat blote paniek veroorsaak nie,” skryf Rasa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lana ·

ek wens die drank winkels wil hulle tye korter maak, ons is al so moeg vir dronk mense op die paaie, onskuldige mense gaan dood, gesins geweld vind orals plaas.

andre ·

Dis nie die drank of drankwinkel se skuld nie, dis mense wat hulleself vergryp en hulleself nie kan gedra ne. net soos n vuurwapen niemand kan doodskiet nie, dis mense wat die sneller trek. As die drankwinkel toemaak, dan kry hulle net hulle drank op die swartmark, so simpel soos dit.

Jaco ·

Ok….Ek wens ook hul wil motorverkope beperk,te veel mense is onverantwoordelik agter die stuurwiel en veroorsaak ander mense se dood. (tong in kies)

Shady ·

Ag nee regtig. Korter tye gaan mos nou niks aan die saak verander nie.

TRP ·

Ek wens hulle wil jou en sommer almal se kantoor ure korter maak want daar is te veel werkende mense wat moeg is op die pad…dan kan almal se salarisse nog kleiner word agv kort ure en en en…skies maar aanmerkings soos hierdie laat my net my kop skud.

Antoinette ·

Dis so hartseer om te sien dat drank so ‘n belangrike rol in mense se lewens speel.

Jacques ·

Dis vir my nog meer hartseer dat ons ‘n regering het wat mense se vry keuses inperk. Drankmisbruik is ‘n morele kwessie en die die gevolg van ‘n sekulêre staat. Kry mense weer in die kerk, en kry predikante om vir ‘n slag hulle werk te doen. En dit sluit in om te preek oor polities inkorrekte onderwerpe wat in die Bybel geskrewe is.

Nicolene ·

Ek het ook nooit geweet dat gewone mense (en nie net alkoholiste nie) “desperaat” en “paniekerig” raak as daar sprake is dat drankwinkels toegemaak word nie.

Aries ·

Hierdie ou wat eerste die boodskap versprei het moet n medalje kry. Eerstens het die bottestore binne ure begin opmaak vir soveel geld wat hulle verloor het.

Tweedens- dit wat kopdoek Zuma so hard voor baklei het is met n eenvoudige stemboodskap blitsvinnig van die tafel gegee. Haar asma pompie werk verseker nou oortyd

Cherokee ·

Die drankwinkels het vir redelik lank geen geld gemaak nie, en om nou so boodskap die wye weld in te stuur, kan dan die omset ‘n hupstoot gee. Om 4uur vanmiddag het ‘n Indiër kennis by my kantoor ingeloer en ook voorgestel dat ek voorraad aanskaf (‘omdat daar sprake is van weer toemaak’). Seker net iemand in die drankhandel wat ‘slim’ gedink het en die boodskap geloods het. Klink of dit werk:-)

TRP ·

Wat ek nog heeltyd se, ‘n bottelstoor eienaar het dit begin om verkope op te stoot.

Snowball ·

Daai prentjie is een wat geholpe is dié naweek – Pap en spier op die spyskaart. Ek verkies Pap en sous vir ‘n bykossie.

Corne123 ·

Wel as dit vopnuus is belowe ek jou geen drankwinkel sal omgee nie goed geskep vandag

Johann ·

Wel ek hoor jy mag ook glad nie meer bid…of kerk toe gaan…of Bybel lees nie? Sjoe….kyk hoe storm die menigtes!

tweeling ·

Ongelukkig maar min mense wat vir hulself kan dink, word gedurig deur gerugte rond gewaai. Ek onthou toe mense aan die begin van die pandemie geskarrel het om toilet papier te koop, net om volgende jaar nog van die “stock” te gebruik.

Jacobus ·

Maak nie saak nie maar stupidity is baie diepgewortel in ons leierskap

Niklaas ·

Ek is oortuig dat daar heelwat mense daarbuite is, met min opwinding in sy lewe, wat uit die reaksie wat sy fopnuus veroorsaak, ‘n reuse “kick” kry. Ek het ook vir veiligheid nog’ n trollie vol drank gaan koop as noodgeval /ekstra. Eintlik voel ek nou soos ‘n aap, soos duisende ander, wat ook geskarrel het.

Sarel ·

Lag seker nou lekker oor die reaksie op sy vals boodskap, dit bly egter ‘n misdaad en ek hoop hy gasn versntwoordelik gehou word.
Ek ignoreer stemboodskappe wat soverl.keer in die verkede al as vals verklaar is.

Rentia ·

Waar daar ‘n rokie is…
Ek sê nie oordoen dit nie, maar as “gerugte” eers begin…

Vlooi ·

Dit is nou tyd dat enige persoon wat homself skuldig maak aan “fake” nuus vir eens en altyd opgespoor en mee gehandel word soos nodig. Wie ookal hierdie persoon is het chaos veroorsaak, maar behalwe dit het hierdie paniek net weer veroorsaak dat dit ten koste van mense lewens is. Mense jaag om die naaste drankwinkel nog oop te kry, motorongelukke met mense wat oor rooi ligte jaag, onbedagsaam want daar moet nou drank gekoop word. Ek werk in ‘n omgewing waar “fake” nuus anargie kan veroorsaak en is dit duidelik dat geen persoon besef wat die impak is op sulke gedrag nie.

Robbie ·

Hierdie drankstorie gaan lankal nie meer oor Covid nie. Dit het nou ‘n handige hefboom geword om mense te treiter met dreigemente om die verbod weer in te stel. Ook om ander vryhede summier weg te neem indien dit iemand in die regering behaag of pas. Die junta regeer, nie die parlement nie.

Suzette ·

Ek het niks teen drank nie en is ook nie ‘n drinker nie, maar ek het wel ‘n probleem met “Te”. Het vroeg die boodskap gekry en het sommer geweet een drankwinkel eienaar het ‘n slim plan uitgedink. Dit is net hartseer dat drank soveel mense se lewens oorheers.

Gemaskerde Sopbeen ·

Kan net dink dat die industrie al die pad bank toe lag. Datum mooi gekies op die 25ste wanneer baie salarisse ontvang. Laat mens wonder waar die oorsprong van die gerug werklik is.

Fae Fubar ·

Ek het ook dadelik gesê dat die datum goed uitgekies is. Dis jammer dat mense val vir sulke snert, alhoewel die paniek-aankope net voor die deur van “My fellow South Africans” en “with immediate effect” gelê kan word. Hier in ons dorp het mense mekaar vertrap om drinkgoed in die hande te kry. Ai tog.

Oe la la ·

Nou sit meeste van hulle met litters drank en net een sakkie pap vir die maand….

MoederMamma ·

Is daar nie ‘n groter probleem as mense paniekerig raak by gedagte dat hul dalk nie toegang tot alkohol mag hê nie? Steun glad nie die verbod nie (stupid van regering om mense te probeer voorskryf), maar kan maklik sonder drank klaarkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.