Pap band lei tot kapers se ondergang

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die bordjies is Donderdag behoorlik teen kapers verhang toe hul misdaad as gevolg van ʼn pap band aan die lig gebring is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 32-jarige man is Donderdagoggend omstreeks 05:00 deur vyf gewapende mans in Renosterweg in Manenberg gekaap.

“Hulle het hom in sy kattebak geprop voor hulle begin rondry het. Drie van die verdagtes is by ʼn sekere punt afgelaai en die oorblywende twee het in die omgewing van Phillippi rondgery met die slagoffer steeds in die kattebak.”

Van Wyk verduidelik dat die verdagtes op die hoek van Olieboom- en Varkensvleiweg oor ʼn klip gery het en dit het ʼn pap band veroorsaak.

“Die polisie in die omgewing was besig met patrollies toe hulle die voertuig met die beskadigde band gewaar en aftrek om hulle by te staan. Toe die polisiebeamptes die kattebak van die Honda Jazz oopmaak, het hulle die slagoffer binne die kattebak gewaar,” het Van Wyk gesê.

Volgens van Wyk het die verdagtes op die vlug geslaan, maar is ʼn 21-jarige verdagte op die toneel vasgetrek.

“Die honde-eenheid is uitgeroep om die onmiddellike plaasomgewing te deursoek vir die verdagte wat gevlug het. Hulle het hom opgespoor en hy het wéér probeer ontsnap, maar hulle kon hom in hegtenis geneem.”

Albei verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die slagoffer sal berading ontvang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Msp ·

Wonderlike werk SAPD. Dankie vir jul flink optrede. Ons het meer manne soos julle nodig.

Dawid ·

AG.. 2 weeke dan is hulle uit! en dit maak nie n duik in hoeveel kapers daar in die land is nie. Al die tronke is in die OU dae gebou. Die tronke is oorvol. en dit word net gebruik as opleidings kampe vir nog meer kapers.

Ella ·

Ja ek stem saam.
Bemoedigende nuus. Wys hulle wie is baas in SA!
SAPS hoop dit gebeur nog meer kere in die toekoms.

Saartjie ·

Sal nogal interessant wees om te weet wie die ou in die kattebak was … ‘n lid van ‘n ander bende of een van hulle eie lede wat op pad was om ‘gestraf’ te word? Hoe dit ookal sy, ek dink die ou moet maar ligloop, want sy naam is op die lys!

Avra ·

Die engele het voorwaardelik die slagoffer beskerm..
Well done SAPS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.