Papiertekort kniehalter lisensiehernuwings by poskantore

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tekort aan skryfbehoeftes by talle poskantore regoor Gauteng veroorsaak dat inwoners onder meer nie hul motorlisensies daar kan hernu nie.

Maroela Media is die afgelope tyd oorval met klagtes van lesers wat by poskantore in Gauteng opdaag net om te hoor dat daar geen papier of ink vir die drukkers is om lisensies te druk nie.

Geert Bataille, hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se kleinhandelafdeling, het Donderdag aan Maroela Media gesê die tekort aan skryfbehoeftes by sommige takke in Gauteng behoort “binne weke” opgelos te word.

“Die poskantoor het onlangs ʼn kontantinspuiting van die regering ontvang om die operasionele ommekeer te finansieer,” het Bataille gesê.

Bataille het gesê die uitreiking van voldoende voorraad by al die takke gaan dringend aandag kry. Hy kon egter nie aandui hoe lank dít gaan neem nie.

Maroela Media het verlede week berig die Poskantoor nader banke om ʼn plaaslike leningspakket te onderhandel ter waarde van R3,7 miljard.

Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, het toe gesê die Poskantoor benodig dié bedrag om sy bedrywighede te stabiliseer. Die regering sal ʼn waarborg aan die banke bied.

“Die Poskantoor se finansiële stabiliteit bly ons hoogste prioriteit,” het Cwele in sy begrotingstoespraak gesê. “Die Poskantoor het vanjaar ʼn R650 miljoen-kontantinspuiting ontvang. Dit lyk miskien soos ʼn druppel in die emmer, aangesien die maatskappy tans ongeveer R3,7 miljard benodig.”

Cwele het gesê hy is vol vertroue dat die uitvoerende hoof, Mark Barnes, die lening sal kan onderhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sanet jacobs ·

Uiters swak! was in 1 dag by Gezina / wat jou Mayville toe stuur om net Queenswood toe te ry en steeds sonder n lisensie… geen ink of papier nie!!!!

Vra net ·

Hoekom kan die regering nie die fondse verskaf nie?…….O ja, ek het vergeet daar is nie, want dis uitgeput agv misbruike

Lance ·

Strike die papier mense nou ook …die poskantoor is n GROOT joke !!!

Johann ·

Ek weet: plaas van geld gee om NOG verder te vermors, wat van jy key afslag vir jou eie papier en ink saammvat? Of nog beter; aulke karavaan winkeltjies wat by die lisensie kantore staan. Plaas van fotos…verkoop ek n “pakket”. Papier en ink…O NEEEEE…ek kan nie. Eks WIT… En wit mense kan nie oplossend dink of n besigheis KINTANT bedryf SONDER BtW en belasting implikasies nie….OOOOOOO M….R nous ek rasisties….teen wit mense… Anyway: die staat sal instaan vir waarborge? Waarborge dat die lenings soos met die SAL gewaarborg tot niet sal wees!

Ander Koos ·

Ja, en ook al die ander witmense. Afrika o Aftika! Altyd die lydende party.

Varkie ·

Ai tog… ek weet nie almal het toegang tot die internet nie en nie almal het n drukker nie, maar jy kan by jou werk mos een bladsytjie druk of hoe ? Die vorms is beskikbaar op aarto se webtuiste, anders gaan na n internet kafee, R2-R3 is seker nie te veel nie ?

Moeggepraat ·

Varkie, so waar verkry ek toegang op die net tot ‘n ” working MVL machine “. Waar op die net kry ek die MVL vorms vir die masjien? Waar op die net kry ek ink vir die masjien? Weet jy ooit hoe die lisensieskyf van ‘n motor lyk?

Veritas ·

Moet tog nie so oor alles kla nie. Wees bietjie positief en dink aan al die bome en inkvisse wat gespaar word. Ink kom mos van inkvisse af, of hoe?

Francie ·

Verseker!, en bruin koeie gee bruin melk en swart koeie…oeps!..en die tandemuis en kersvader is beste maatjies.

Veritas ·

Francie dankie dat jy my glo! Party mense dink ek is dom omdat ek glo brood kom van broodbome af tiermelk uit ‘n tier.

John ·

Dis die e-tolrekeninge wat al die pampier norig gehet het. Probeer nou aan ‘n verkeersman verduidelik hoekom jou lisensie verval het en en… En nog goeie nuus is dat julle sal moet opdok vir die tydperk wat julle onwettiglik met ‘n ou lisensieskyf rondgery het, en dis ‘n stywe klompie. Drink maar ‘n disprin voor jy weer probeer.

Jan maak n Plan ·

Moes nou die dag n week lank wag vir twee pakkies omdat die hoof poskantoor in Mafikeng nie geld gehad het vir brandstof vir hulle voertuie om die pos by die plattelandse poskantore te kry nie. Ek dink dit sal beter wees as die poskantoor heeltemal toemaak en ontbind.

Wat-ek-lees ·

En Jan, ‘n rekening gedateer 18 Februarie daag hier by my op 13 Mei. Bykans drie maande. Vroeër jare was daar ook ‘n datumstempel op die koevert wat as bewys gebruik kon word oor wanneer ‘n posstuk sy bestemming bereik het. Nou se dae bestaan daar nie meer so-iets maar verstaanbaar as dit so treurig gaan.

Stoney ·

Jan maak ‘n plan, ek voel net soos jy. Sluit die deure en stuur hulle huistoe. Totiusdal pk het al van verlede jaar nie papier nie en kom jy daar vir hernuwing is die masjien stukkend. Hulle wag vir die tegnikus of die stelsel is van lynaf. Soveel bulls…..t het ek nog nooit gehoor nie. Dis om van naaaar te word!

latie ·

hul moes poskantoor los kontrak met die postnet want postnet gaan noooit strike nie dis privaat company en se nou poskantoor gaan nooit briewe kry nie want zuma mos gese naaaassssssiiiieeeee is lui ?????????

Ben ·

In Nelspruit Mpumalanga is ons Poskantore nog nooit toegelaat om lisensiehernuwings uit te reik nie. Ek het toe daar by die toonbank ook uitgevind dat die lisensiefooi intussen verhoog het. Niemand het die tariefblad op hulle webwerf ge-“update” met die nuwe bedrag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.