Paraatheid voorkom Bronkhorstspruit-‘plaasaanval’

Een van die verdagtes wat aangekeer is. Foto: Verskaf

Een van die verdagtes wat aangekeer is. Foto: Verskaf

ʼn Beweerde plaasaanval op ʼn bejaarde egpaar buite Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, is afgeweer te danke aan ʼn doeltreffende radiostelsel en samewerking tussen die plaaslike AfriForum-buurtwag en polisie.

Leon von Benecke, voorsitter van AfriForum in Bronkhorstspruit, het Donderdag aan Maroela Media gesê die eienaar van ʼn plaas sowat 4 km buite die dorp, het voor sonsopkoms wakker geword van ʼn geraas en besef iemand peuter aan die hek.

“Hy het dadelik die AfriForum-buurtwag op die plaaslike radiostelsel in kennis gestel en binne vier minute was daar lede op die plaas,” het Von Benecke gesê. “Die verdagtes het toe al op die vlug geslaan in ʼn mielielandery in.”

Die buurtwaglede het op die Bronkhorstspruit-polisie gewag, wat ook spoedig op die toneel was. Twee stelle spore is waargeneem en ʼn soektog na twee verdagtes is van stapel gestuur.

'n Helikopter is ook ingespan om na die verdagtes te soek. Foto: Verskaf

‘n Helikopter is ook ingespan om na die verdagtes te soek. Foto: Verskaf

“Die buurtwaglede het die landery afgesper, terwyl die polisie en plaaslike honde-eenheid in die landery in is om na die verdagtes te soek. ʼn Private helikopter van nog ʼn buurtwaglid is ingespan om vanuit die lug te soek en die twee boosdoeners is binne twee minute opgespoor, waarna die polisie hulle teen 08:30 in hegtenis geneem het.”

Von Benecke het sy dank en waardering uitgespreek oor die flinke optrede van die polisie, honde-eenheid en lede van al AfriForum se buurtwagte in die omgewing. “Die gesamentlike gebruik van lugondersteuning, honde en grondmagte bly die resep vir sukses,” het hy bygevoeg.

Von Benecke het gesê die mans het geen wapens tydens hul inhegtenisneming by hulle gehad nie, maar dit sluit nie die moontlikheid uit dat hulle dit moontlik êrens gestort het toe hulle op die vlug geslaan het nie.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê die verdagtes is op aanklag van poging tot huisbraak en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Apie ·

Welgedaan aan almal wat deelgeneem het. Dit is hoe dit gedoen moet word. Baie bly almal nis veilig.

JC ·

Dis hoe dit gedoen moet word! Afriforum sal nou moet voortgaan om hul buurt- en plaaswagte sisteem te organiseer, verbeter en te skool op die ou kommando sisteem d.w.s .privaat inisiatief in samewerking met die SAPD vir wie ek ook baie dankie se!Trots op julle ouens ook! So sal sukses bereik word. Hou net so aan! Misdadigers sal besef dat dit nie meer die moeite werd is om op plase toe te slaan nie(met inbegrip van ander duistere haatgedrewe motiewe) en ander plekke teiken waarna die plekke op hul beurt ook hul veiligheid sal opskerp mbv burgerregte organisasies soos AF.
Geluk!

Lance ·

Dit is baie goed. Dis baie belangrik om in direkte verbinding met bure en lede van die gemeenskap te wees dmv. Radio , whatsapp groepe ens. Nog n balanrike ding is om n afskrif te maak van elke nuwe persoon se ID wat by jou werk en om hulle daarby te laat teken op die dae wat hulle by jou werk….ons het dit begin doen en dinge is BAIE stiller nou.

Vissie ·

Uitstekend! Wys jou net, ,mens moet gereed wees vir enigiets, Die nut van ‘n plaaslike buurtwag is hier tienvoudig onderstreep.

Gesiggie ·

Well Done aan jul.. dit is hoe dit gedoen moet word, 4 Minute… dit is mense soos jul, wat van ons land n beter plek sal maak…. al het hul nie wapens gehad, kon hul nogsteeds soveel leed aan die mense gedoen het… Mag elke boer van nou af beskerm word, en mag die buurtwag en polisie, se knap werk… raak gesien word.

Babbelbek ·

Aitsa dit wil gedoen wees.Wys net dit kan gedoen word – baie bly daar was nie weer ‘n plaasaanval nie.

Theresa ·

FANTASTIES en DANKIE!!!! Met al daardie samewerking en hulp, is die swerkaters nou vir inbraak en saakbeskadiging skuldig I p v moord en wie weet wat nog als.
WAARDERING!!

Liz ·

Ek stem saam met jou Theresa!! Ek is net so dankbaar vir hulle hulp en bystand!! Well done manne!!

Wens dit kan so wees met alle areas!

Ettienen ·

Min mense weet van die Zello APP wat jy gratis op jou foon kan laai. Dit is radio kommunikasie op jou foon met ander gebruikers. Meeste areas het groepe met gebruikers wat baie doeltreffend werk. Afstand en sein is geen probleem. Werk regtig goed.

Corne ·

Ek weet nie van hoe dit werk op die plase nie, maar in die dorp as ons hulle vang sonder dat hulle iets gevat of gebreek het word hulle vry gelaat op n waarskuwing. Die staatsaanklaer sal dit nie voor die hof bring nie.

Xa ·

Daarom is dit dalk n goeie idee om kwaai honde aan te hou wat aan die indringers kan snuffel en lek en so, en die kriminele eers bietjie skrikmaak, want die honde se oordeel is dalk meer akkuraat as die van n mislukte regsisteem.

MM ·

Dis hoe dit gedoen word. Jy hoor iets buite en jy laat weet mense om jou te kom help. Jy stap nie by jou deur uit om te kyk hoekom raas die honde nie. So het die oom sy en sy familie se lewe gespaar. Well done!

net ekke ·

Dit is mos die beste nuus in n langggggg tyd stunning man kom ons boere dit is nou tyd vir daai radio’s ag my hart sing Afriforum ek luv julle Dankie my Vader dankie amen

Karolis ·

Onthou tog net, hulle gaan niks oorkom nie.
Hulle gaan terug om hulle missie te voltooi.
Wees voorbereid.
Wees paraat.

Tiger ·

Stem saam Karolis!Tensy hulle wapens wat hulle weggeooi het erens in die mielieland opspoor MET hul vingerdrukke daarop ,gaan daai twee vry wees voor die boere kan glasies klink oor hul sukses!Die wet is meer teen ons as vir ons.
Maar ek kan net sy baie knap gedaan aan almal wat hierby betrokke was en vir die oom wat kop gehou het en die regte ding gedoen het !Dit laat my sommer lekker voel weer!Oor ons “buurtwag” praat ek liewer nie.Mens wil nie eers radio’s aanskaf nie!

Ina ·

Karolis praat die waarheid en dis skrikwekkend. Ek het meer om te sê maar sal eerder in stilte ‘n gebed opstuur.

Great great ·

Great nuus!!!!! Oor die geen wapens storie, glo die nie en verder daar is nie tyd om te kyk of hy ‘n wapen het of nie, as jy dit doen is jy 1ste in die lang boompies!!!!!!!!

Xa ·

Sal iemand by maroela media asb n artikel skryf oor hoe om paraat te wees, soos uit die voorval en ander suksesse en mislukkings geleer kan word? En om nuwe tegnologie soos Ettienen hier bo van praat.

Frans ·

Hule wou seke ma net hul pension geld kom kry het wat die boer hule skuld lafhards

Wat-ek-lees ·

Hopelik is hulle sagkens in watte toegedraai na gevangeneming en dan na die polisiestasie vervoer in ‘n limousine . . .

Amanda Van Vuuren ·

Well done aan almal!!!! Hier is beslis n tragedie voorkom!!

willie ·

Stel voor die gemeenskap en polisie..ok ok net die gemeenskap soek vir die gestorte wapens… sodat beter klagtes teen hul gele kan word… en dalk positief tot ander aanvalle verbind kan word… Wel gedaan… ons sal so meer en meer moet saamstaan!

Lee-anne ·

…maar wat as die oom nie betyds wakker geword het nie.
Alarmstelsels is duur, maar daar moet iets wees wat mens kan waarsku.
Strikke stel oral wat blikke laat ratel?
As daar wapens neergegooi is, hoop ek dit word opgespoor voor dit te laat is – honde kan dit mos uitsnuffel.
Ek is baie dankbaar vir die buurtwag wat so gou reageer het.

Leon ·

‘Plaas-aanval’. Ek neem aan hulle is daarna ‘gearresteer’?

Louise ·

Wragtig Pragtig! dis wat mens wil hoor, baie wel gedaan vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.