Paralimpiese Pta-tiener laat rekord spat

Ntando Mahlangu (Foto: Team South Africa, Facebook)

Die Paralimpiese silwermedaljewenner van Pretoria, Ntando Mahlangu (15), het die naweek ʼn wêreldrekord in Switserland laat spat.

Mahlangu, ʼn gr. 8-leerder aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, het daar aan die 2017 Wêreld Junior Parakampioenskap in Nottwill deelgeneem waar hy die rekord opgestel het in die 100 m vir T42-atlete – dit wil sê atlete wie se bene bó hul knieë geamputeer is.

Hy het die vier jaar oue rekord van die Duitse tweemalige Paralimpiese kampioen Heinrich Popow verbeter toe hy die item in 12.01 sekondes gewen het. Die vorige rekord was 12.11 sekondes.

Dit was Mahlangu se tweede medalje in die kampioenskap nadat hy vroeër die week goud in die 200 m verwerf het.

“Ek is baie gelukkig oor die wêreldrekord. Ek is hier om my beste te doen, maar het nie ʼn wêreldrekord verwag nie. Ek wou onder 12 sekondes gehardloop het, maar kan nie kla nie. Dit is vir my wonderlik om dít op my jong ouderdom reg te kry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.