Paralimpiese Spele 2016: Agtste medalje vir Span SA

Zanele Situ (Foto: Team South Africa, Facebook)

Zanele Situ (Foto: Team South Africa, Facebook)

Zanele Situ het Dinsdagaand die agtste medalje vir Span Suid-Afrika verower tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië.

Situ (45) het die bronsmedalje gewen in spiesgooi vir vroue in die kategorie, F54. Die afstand van 17,90 m is ʼn persoonlike rekord. Situ het geswel van trots saam met haar afrigter, Karin le Roux.

Flora Ugwunwa van Nigerië het met die gouemedalje weggestap met ʼn afstand van 20,25 m en Hania Aidi van Tunisië het die silwermedalje ingepalm met ʼn afstand van 18,88 m.

Situ is as 12-jarige beseer in ʼn ongeluk en sy het die gebruik van albei haar bene verloor en is sedertdien in ʼn rolstoel vasgekluister.

Sy was die vlagdraer by die openingseremonie van die Paralimpiese Spele.

Tyrone Pillay (Foto: Team South Africa, Facebook)

Tyrone Pillay (Foto: Team South Africa, Facebook)

Dit is Suid-Afrika se agtste medalje nadat Tyrone Pillay Maandag ook ʼn bronsmedalje verower het in die gewigstoot vir mans. Pillay (36) het met sy 13,91 m boonop ʼn nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel en die Afrika-rekord verbeter.

Aled Davies het die gouemedalje verower met ʼn afstand van 15,97 en Sajad Mohammadian van die Islamitiese Republiek van Iran het die silwermedalje ontvang vir sy 14,31 m.

Pillay is met ʼn abnormaliteit in sy linkervoet gebore en hy moet ʼn prostese kry om hom te help om te loop. Hy het al 30 jaar lank ʼn prostese. Hy was sy lewe lank nog aktief in sport, maar het eers ná die Olimpiese Spele in Beijing (2008) besef hy kan sy slag slaan as Paralimpiese atleet.

Bly op hoogte met al die aksie van die Suid-Afrikaanse span by die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Vra maar net

Ons vra groot om verskoning vir die flater – ons kop hang in skaamte! Ons het glad nie die fout raakgesien nie. Dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is nou gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E.k. ·

Pragtig! Jy kan so trots wees op jouself! Ek is vrektrots of al ons paralimpiese atlete wat mense wys NIKS hoef jou te stop nie!

bendons ·

Ek Stem.
Het groot respek vir al die parra atlete.
Goed gedoen.

Monica Vermaak ·

Well done….is daar enige nuus oor Ernest van Dyk??

Mien ·

Zanele Situ is as twaalfjarige met beentering gediagnoseer. Ek glo nie sy is in ‘n rolstoel as gevolg van ‘n ongeluk nie ??? Geniet die Paralimpiese spele. Dit is verstommend wat die atlete vermag en hoeveel struikelblokke hulle oorkom. Dit maak ‘n mens weer nederig en dankbaar vir dit wat jy het.

Gerrit Theunissen ·

Ek hoop regtig die medalje wenners word ook vergoed vir hulle prestasies deur SASKOK en die minister van sport.

Marianne ·

Hartlik geluk!!!!! Julle is ALMAL wenners en oorwinnaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.