Paralimpiese Spele 2016: Charl du Toit verbeter wêreldrekord

Argieffoto van Charl du Toit tydens die 20ste Statebondspele

Argieffoto van Charl du Toit tydens die 20ste Statebondspele

Die Suid-Afrikaanse atlete Charl du Toit en Fanie van der Merwe het Saterdag tydens die 100 m-uitdunne uitgeblink by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië en ʼn plek vir hulself in die finale ronde verseker.

Du Toit het sy eie wêreldrekord met 0.01 sekondes verbeter toe hy in 11.42 sekondes oor die eindstreep gestorm het. Hy het vroeër vanjaar in Switserland die wêreldrekord in sy kategorie verbeter.

Van der Merwe was tweede in sy uitdunne in ʼn tyd van 11.52 sekondes.

“Ek is heeltemal verras, dit is onverwags,” het Du Toit gesê en sy mylpaal toegewy aan sy oom Johan gesterf het ná ʼn skietvoorval tydens ʼn huisbraak by sy huis in Pretoria. Maroela Media het vroeër berig Johan du Toit (57), adjunkhoof van die Hoërskool Akasia in die noorde van Pretoria, is Dinsdagoggend in die hospitaal oorlede waar hy die afgelope 11 weke behandeling ontvang het sedert hy deur ʼn groep rowers in sy huis oorval is.

“Ek wou net deur die uitdunne kom. Baie dankie aan my afrigter, Suzanne Ferreira en my spanmaats en al die mediese personeel wat my tot hier gebring het.”

Du Toit het tydens sy geboorte nie genoeg suurstof na sy brein gekry nie, toe die naelstring om sy nek gebind het.

“Die skare was ongelooflik en ek het elke sekonde van die wedloop geniet! Oom Johan sou trots gewees het.”

Die twee atlete neem Sondag deel aan die finale ronde.

Hilton Langenhoven het Saterdag in die verspring uitgeblink en ʼn gouemedalje verower. Lees meer.

Bly op hoogte met Suid-Afrika se vordering by die Paralimpiese Spele 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Delia ·

Baie geluk met jou rekord prestasie, Charl! Ons hou duim vas vir jou en Fanie in die finaal.
Geluk ook aan Hilton Langenhoven, asook alle ander atlete wat ons land verteenwoordig, ons is trots op julle!

Johann Marx ·

Baie geluk met julle prestasies……mag “Kersvader” met sy tjekboek en Audi ook vir julle wag op die lughawe wanneer julle land!!!

E.K. ·

Johann – stem 10000% saam. Hierdie ouens verdien dit net so veel as die gewone atlete, indien nie meer!

neelsie ·

Stem saam met Johann en E.K. .
Hierdie jongmense het bo-gemiddelde prestasies gelewer.
Trots op die Suid Afrikaners.
Mbalula , hoop jy het in jou begroting ook aan hulle gedink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.