Paralimpiese Spele 2016: Nog drie medaljes vir Span SA

Fanie van der Merwe, Ilse Hayes en Charl du Toit Foto: Saskok

Fanie van der Merwe, Ilse Hayes en Charl du Toit Foto: Saskok

Span Suid-Afrika het Sondag nog drie medaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië verower. Dit bring die aantal medaljes vir Suid-Afrika op vyf te staan.

Charl du Toit het die gouemedalje in die 100 m verower nadat hy Saterdag die wêreldrekord verbeter het. Hy het Sondag in ʼn tyd van 11,45 sekondes die eindstreep oorgesteek. Sy spanmaat, Fanie van der Merwe, het ʼn bronsmedalje in dieselfde wedloop ingepalm toe hy binne 11,54 sekondes oor die eindstreep gestorm het. Mostafa Fathalla Mohamed van Egipte het die silwermedalje verower.

Ilse Hayes het in die 100 m vir vroue ʼn silwermedalje vir haarself verseker toe sy binne 11,91 sekondes die wedloop voltooi het. Leilia Adzhametova van die Oekraïne het die gouemedalje gewen in ʼn tyd van 11,79 sekondes en Kym Crosby van Amerika was in die derde plek met ʼn tyd van 12,24 sekondes.

Suid-Afrika is nou in die 16de plek algeheel wat medaljes betref.

Bly op hoogte met Span Suid-Afrika se prestasies tydens die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hasie ·

Baie geluk aan almal van julle. Ons geniet dit baie om julle prestasies op saam met julle te deel deur die wonderlike televisie en nuusmedia. Julle ouens presteer uitmuntend. Julle hou ons land se naam hoog. Dankie daarvoor. Maroela moet al ons boodskappe deurstuur.

gatiep ·

Geluk dis net jammer dat die olimpiese spele nou n wereld politieke ding geraak het. Hoe kan jy se jy is die beste in die wereld as Rusland nie mag deelgeneem het nie. So alles n klug.

E.K. (vra net) ·

Ai tog Gatiep – vir wat nou so negatief! Dis geensins ‘n klug, die ouens verdien elke liewe medalje en is die beste in hul nommer, daarom het hul die medaljes gekry! Dis alombekend waarom die Russe nie mag deelneem nie, gaan maak seker van jou feite voor jy nors dinge skryf!

Connie ·

Gatiep, of Rusland nou deelneem of nie. Dit bly ‘n klug. Rusland se atlete neem nie regverdig deel nie en het ‘n voorsprong omdat hulle verbode goete inneem. So no divs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.