Paralimpiese Spele 2016: Nóg ʼn gouemedalje vir SA

Hilton Langenhoven met sy gouemedalje in Rio, Brasilië (Foto: @SupersportTV, Twitter)

Hilton Langenhoven met sy gouemedalje in Rio, Brasilië (Foto: @SupersportTV, Twitter)

Suid-Afrika het Saterdag ʼn tweede goue medalje by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, verower.

Hilton Langenhoven het met 7.07 m uitgeblink in die T12-verspring en ʼn gouemedalje verseker. Dit is 2 cm beter as Kamil Aliyev van Azerbaijan (7.05 m). Doniyor Saliev van Uzbekistan moes met ʼn bronsmedalje tevrede wees vir sy 7.04 m.

Dit is Langenhoven se vierde Paralimpiese gouemedalje tydens sy loopbaan (hy het drie gouemedaljes in 2008 in Beijing ontvang) en sy eerste in agt jaar. Hy neem deel in die F12-kategorie vir atlete met siggestremdheid.

Maroela Media het vroeër berig Kevin Paul het die 100 m-borsslag gewen en ʼn gouemedalje ingepalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Well Done Hilton ·

Well done Hilton dit wil gedoen wees dis lkr om te sien da mense wat ongeag hulle sutuasies die lewe voluit leef . Mag die Vader jou ryklik seen en weet jys n hero !!

Fantasties ·

Ongelooflik, koelkop met die Brazil skare agter hom! Het saam met jou oor daai 400 gehuil, jy was beslis die gunsteling om dit te wen! Vlg keer kry jy hom ook!

E.K. ·

Julle wikkel omtrent ouens! Baie geluk!Trots op elke liewe deelnemer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.