Suid-Afrika kan nou met sy negende medalje spog wat tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië ingepalm is.
Die jongste medalje is deur Anruné Liebenberg verower toe sy tweede gekom het in die 400 meter vir vroue in die T45-, T46- en T47- (boonste ledemaatgestremdhede) kategorie in ʼn tyd van 58,88 sekondes.
Suid-Afrika is tans 27ste op die medaljeleer met drie goud, drie silwer en drie brons medaljes.
Bly op hoogte met al die aksie van die Suid-Afrikaanse span by die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Anrune Liebenberg – mooi so Anrune – ons Paralimpiese Spelers wys hulle kan. Ek kyk meer na die Paralimpies Spele as na die gewone een want hier het ons mense met gebreke en hulle wys hulle kan. Ek kyk dit op TV 100%. Sterkte julle.
Anrune, jy het ‘n groot impak op my seun gemaak in Graad 2 verlede jaar – vanoggend oppad skool toe hoor ons die goeie nuus op die radio, ek met trane in die oë en boeta langs my wat op en af spring en hande klap – sooooo trots op jou.
xxx
Hierdie is nou regtig n klomp atlete waarop SA kan trots wees. Ek glo hulle verdien baie meer erkenning en blootstelling as wat hulle tot dusver ontvang het. Welgedaan julle klomp, ons is voorwaar trots op julle.
Ai, hoe trots is ek darem nou op ons Paralimpiese atlete! Hierdie mense is geestelik die beste van die bestes juis agv hulle gestremdhede! Hulle verdien ons bewondering en ek hoop hulle word almal goed beloon vir hul deelname en prestasies! Toe Fikile!
Ja, hulle laat ‘n mens skaam kry.