Paralimpiese Spele 2016: Span SA verower nóg vier medaljes

Reinhardt Hamman Foto: Rio 2016 Paralympic Games

Reinhardt Hamman Foto: Rio 2016 Paralympic Games

Die Suid-Afrikaanse atlete het Donderdag tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië uitgeblink en nog vier medaljes, waaronder twee gouemedaljes, verower.

Ernst van Dyk het in sy fietsrywedren ʼn gouemedaljeontvang toe hy binne 1:37:49 oor die wenstreep gejaag het. Hy het Alessandro Zanardi van Italië en Jetze Plat van Nederland geklop in die H5-kategorie. Al drie fietsryers is dieselfde tyd van 1:37:49 toegeken.

Reinhardt Hamman het kort daarna in die spiesgooi ook ʼn gouemedalje verower met ʼn afstand van 50,96 m. Luis Fernando Lucumi Villegas van Colombia moes in die tweede plek met ʼn silwermedalje tevrede wees met sy afstand van 48,46 m. Javad Hardani het die bronsmedalje ontvang vir sy afstand van 48,46 m.

Jonathan Ntutu het in die 100 m vir mans in die T12-kategorie uitgeblink en ʼn silwermedalje ontvang met sy tyd van 11.09 sekondes. Leinier Savon Pineda van Kuba het hom geklop met ʼn tyd van 10.97 sekondes en Thomas Ulbricht van Duitsland was in die derde plek met 11.39 sekondes.

Dyan Buis het die vierde medalje vir die dag ingepalm toe hy 6,58 m ver gespring en ʼn bronsmedalje ontvang het. Jianwen Hu van China was eerste met ʼn afstand van 6,64 m en sy spanmaat, Huanghao Zhong het die silwermedalje ontvang toe hy 6,59 m gehaal het.

Span Suid-Afrika het reeds vyf gouemedaljes, vier silwermedaljes en vier bronsmedaljes verower by die Paralimpiese Spele. Suid-Afrikaanse atlete het in 2012 by die Paralimpiese Spele in Londen 29 medaljes verower en 35 medaljes in 2004 in Griekeland. Die meeste medaljes wat nog ooit deur Suid-Afrikaanse atlete by die Paralimpiese Spele verower is, was in 1972 in Duitsland toe 25 deelnemers altesaam 41 medaljes huis toe gebring het.

Bly op hoogte met die aksie van Span Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fantasties ·

Dit is so lekker om jul te sien deelneem. Baie geluk aan elkeen.

Georgie ·

Baie trots op elke atleet daar. Geluk aan die medalje-wenners!

Griet ·

Daar is nie woorde om te beskryf hoe ongelooflik trots Suid Afrika kan wees op hierdie jong mense nie. Die feit dat hulle daar is, is reeds ‘n prestasie opsigself, wat hulle daar, in ‘n internasionale arena bereik het, is “awesome”!!! Baie geluk aan elkeeen van julle! Dankie aan elkeen van julle wat deelgeneem het, al het jy geen medalje ontvang vir jou deursettingsvermoë en hard werk nie, julle maak ons steeds trots!

Willa ·

Baie geluk aan elke atleet wat deelneem. Dis net n jammer hulle kry nie dieselfde eer as die “able body” atlete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.