Paralimpiese Spele: Nog twee medaljes vir SA

Dyan Buis. Foto: Facebook via Team South Africa

Dyan Buis. Foto: Facebook via Team South Africa

Die atlete Dyan Buis en Hilton Langenhoven het Saterdag Span SA se medaljetelling by vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, nog ʼn hupstoot gegee deur onderskeidelik met ʼn goue en ʼn silwermedalje weg te stap.

Buis (25) het Saterdagaand die Paralimpiese rekord in die 400 m van die T38-kategorie laat spat deur in ʼn tyd van 49.46 sekondes oor die wenstreep te pyl. Met hierdie prestasie het Buis hom by SA se ander dubbelmedaljewenners, Ilse Hayes en Charl du Toit, geskaar. Buis het Donderdag ook ʼn bronsmedalje in verspring verower.

Intussen het Langenhoven SA se span gehelp om momentum te behou toe hy ook sy tweede medalje vir die Spele verower het deur tweede in die 200 m in die T12-kategorie te eindig. “Ek is verheug om die Spele met ʼn silwermedalje te eindig,” het hy na afloop van die wedloop gesê. “Dit sou my laaste wedloop gewees het, maar nou dink ek aan die Wêreldkampioenskap volgende jaar waar ek sal fokus op verspring.”

Bly op die hoogte van Span Suid-Afrika se prestasies tydens die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.

Hilton Langenhoven. Foto: Facebook via Team South Africa

Hilton Langenhoven. Foto: Facebook via Team South Africa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

Geluk Suid Afrika, dit moet darm heerlik wees om te weet jul is onder die bestes in die wéreld.

jaco ·

Ten spyte van die minister van sport se kwotas, is meeste medalje-wenners tot dusver wit. Nou wonder ek maar net: gaan diezelfde minister wat ook sportfederaties straf weens te min “transformatie”, nou daardie wit medaljewenners ook straf deur hulle medaljes af te vat?

anna ·

Neee regtig! Almal is Suid Afrikaners. Ek wag is spanning om te sien of die minister se beursie ook so oop gaan wees vir hierdie wonderlike prestasies by die paralimpiese spele!

Marianne ·

Yes yes yes!!!!!
Kyk dis nou sportmanne en vroue met durf en daad!!!
Ek weet hierdie OLIMPIALE gaan vir ewig in jul harte bly….
Julle is die wereld se helde… ALMAL van julle uit elke land wat deel neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.