Paralimpiese Spele: Span SA stuur 34 atlete

(Foto: Charly TRIBALLEAU/AFP)

By die Olimpiese Spele kon Suid-Afrika net een goue en twee silwer medaljes inpalm; nou is alle oë op die Paralimpiese span om beter in Tokio te vaar.

Saskok stuur ʼn span van 34 atlete na die spele wat van 24 Augustus tot 5 September duur.

Leon Fleiser, die chef de mission van die span, sê dis vir hom ʼn groot eer en voorreg. “Vanuit ʼn logistieke oogpunt het sake goed verloop en ons is opgewonde om Tokio toe te gaan en die land trots te maak. Die atlete kom eerste en met die ondersteuningspan wat ons het, hoop ons om dit vir hulle ʼn onvergeetlike ervaring te maak.”

Barry Hendricks, Saskok se president, het gesê die aflosstokkie is nou van die Olimpiese span na die Paralimpiese span oorgegee. “Ons is vol vertroue dat hulle ook uitstekende ambassadeurs vir ons land sal wees.” Soos voorheen word verwag dat Suid-Afrika se Paralimpiese span ʼn hele paar medaljes sal inoes.

Die span is:

Atletiek

Ntando Mahlangu, Charl du Toit, Dyan Buis, Reinhardt Hamman, Kerwin Noemdo, Mpumelelo Mhlongo, Tebogo Mofokeng, Tyrone Pillay, Daniel du Plessis, Puseletso Michael Mabote, Ndodomzi Ntutu, Anrune Weyers, Sheryl James, Simone Kruger, Ntombizanele Situ, Louzanne Coetzee, Johanna Pretorius en Liezel Gouws

Afrigters/bestuur: Cornelia (Lappies) Swanepoel, Suzanne Ferreira, Daniel Damon, Cathy Lansberg, Claus Kempen en Erasmus Badenhorst

Boogskiet

Shaun Anderson en Philip Coates-Palgrave

Afrigter/bestuurder: Barbara Manning

Fietsry

Nicholas Pieter du Preez, Ernst van Dyk en Toni Mould

Afrigters/bestuur: Elrick Kulsen, Pieter Jansen, Gillian Evans en Walter Lutch

Ruiterkuns

Philippa Johnson-Dwyer en Cayla van der Walt

Afrigters/bestuur: Ingeborg Sanne, Chris Hazen, Robyn van Lijsdonk en Trisha Bell

Swem

Christian Sadie, Hendrik van der Merwe, Katherine Swanepoel en Alani Ferreira

Afrigters/bestuur: Theo Verster en Keith Jansen

Tafeltennis

Theo Cogill

Afrigter/bestuurder: Anver Lyners

Rolstoeltennis

Kgothatso Montjane, Mariska Venter, Eliphas Maripa en Leon Els

Afrigters/bestuur: Gerald Stoffberg en Saidi Moruame

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Wat gebeur as daar swart goue medaljes inkom? Gaan daar dan skielik geld wees vir swart bonusse?

Naomi

Sterkte vir julle spannetjie glo en hoop julle bring darem vir ons meer medaljes

Jaco

Is die raskwotas reg? Dis mos maar altyd die eintlike ding, eerder as om te wen.

Sarel

Vetlede keer bsie goed gevaar…my vraag gaan hulle ook
soos voorheen deur Geld en Politiek gekniehalter word nie

Samuel

Wie betaal hierdie span se reiskoste? Hoe getransformeer is die span gemeet aan Nahti se standaarde?