Paramedici aangerand, beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Span paramedici van die provinsiale nooddienste in die Wes-Kaap is Maandag deur vier verdagtes oorval voor hulle aangerand en beroof is.

Robert Daniels, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die voorval het in die Happy Valley informele nedersetting in Blackheath plaasgevind.

“Vier mans gewapen met messe en gebreekte bottels het in die ambulans gespring terwyl paramedici besig was om ʼn pasiënt in te laai. Die aanvallers het die paramedici se persoonlike items, waaronder beursies, selfone en handsakke, geëis waarna hulle ʼn vroueparamedikus met ʼn gebreekte bottel gesteek het.”

Volgens Daniels is die ander paramedici met ʼn mes gedreig. “Die aanvallers het die ambulans beskadig deur die mobiele dataterminaal uit die paneelbord te ruk.”

Daniels het gesê die paramedici het mediese behandeling en traumaberading ontvang.

“Hierdie aanval sal nie keer dat ons voortgaan om mediese noodsorg te verskaf nie, maar die publiek moet daarop let dat die veiligheid van ons noodsorgwerkers ons eerste prioriteit is. ʼn Aanval op ʼn ambulans en sy bemanning is ʼn aanval op jou eie gemeenskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christo Engelbrecht ·

Ambulanse is maklike teikens wat omskep word in n Taxi. Dit gaan net toeneem.

Jan maak n Plan ·

Of die paramedici sal voortaan in sulke gebied n gewapende polisieman moet saamvat of soort gelyke plekke moet vermy word. Maar soos ek die Suid Afrikaanse paramedici ken sal hulle ingaan al hang hulle eie lewe daarvan af.

A.G ·

Soos ek voorheen kommentaar gelewer het sal die mense wat n`diens lewer vir sekerheids begeleiding moet aanvra in die toekoms, (soos gedoen was tydens die grens oorlog) Treindrywer wat vermoor is en so ook paramedici wie weet wat is volgende……..

Jans ·

Ek het jarelank paramediese werk by ‘n groot instansie verrig en baie ondervinding opgedoen. Dit het my instaat gestel om kritiese hulp by voertuigongelukke te verleen en ek het ‘n hele paar lewens so gered. (Ek het by no. 7 ophou tel, daar was nog baie). Sedert die aanvalle op paramedici begin plaasvind het, het ek hierdie praktyk gestaak en ry gewoonlik verby ongelukstonele sonder om ‘n vinger te verroer, alhoewel ek goed opgelei en toegerus is. Ek MAG egter by uitsondering stop om hulp te verleen nadat ek baie goed seker gemaak het waar die ongeluk plaasgevind het en wie blykbaar die beseerdes is. Ek kan ongelukkig nie myself of my familie in my voertuig aan ‘n aanval blootstel terwyl ek vreemdelinge help nie. Ek is in elkgeval nie verplig om enigiemand te help nie aangesien ek nie lid is van enige nooddiens wat so ‘n verpligting het nie. Jammer!!

vir dom Jans ·

Hoekom dan nog kommentaar lewer as jy inderdaad klaar besluit het om nie vreemdelinge te wil help nie. Hou dan jou smoel Jans en lees net sodat jou gewete jou verder kan pla. En vir ons nood diens personeel wat staan by die eed wat hulle afgelê het, julle verdien om julle uniform met trots te dra en verdien elke sent en meer van die salaris wat julle so hard voor werk. En Jans….

Francois ·

Ek en my vrou werk saam op Response kar en Ambulaans en het hoeveel keer al polisie eskort gevra maar hulle is altyd te besig of het nie n voertuig beskikbaar nie. Op die ou einde het ek begin weier om uit te gaan na so n call. Was besig om n pasient wat met n mes gesteek was te help en toe ek omdraai is polisie weg en my jumpbag leeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.