Paramedici beroof terwyl hul swanger vrou help

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle paramedici beroof het terwyl hulle ʼn swanger vrou in KwaZulu-Natal behandel het.

Robert McKenzie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het gesê die twee personeellede was besig om die vrou in die Bottlebrush informele nedersetting in Chatsworth, Durban, in ʼn ambulans te laai toe hulle beroof is.

“Die twee verdagtes, waarvan een met ʼn vuurwapen gewapen was, het die paramedici genader,” het McKenzie gesê. “Hulle het aangedring op waardevolle items en een van die slagoffers se selfone gebuit.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

ʼn Tweede ambulans is ontbied om die vrou na ʼn hospitaal te neem.

Die polisie, in samewerking met die gemeenskap, kon daarin slaag om die twee verdagtes kort na die voorval aan te keer. Die selfoon is teruggekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Hoe gevoelloos en barbaars en verwaand is hierdie spul net nie. Goeie hemel tog!

Petrus Swanepoel ·

Ek was self in 1993 op die Barrage pad tussen Vanderbijlpark en Vereeninging in ‘n ongeluk betrokke, was self nie beseer maar ‘n dame is lig beseer. Dit was ongelukkig langs Sebokeng en nadat ons na die beseerdes omgesien het en ek terug keer na my motor was my beursie weg, sigarette, aansteker en selfs die los vloer matjies.

My broer is weer op ‘n nasionale pad met sy motorfiets omgery en hy het sy bobeen gebreuk, Taxi stop op die toneel, passasiers deursoek sy sakke, vat sy beursie. Hy kon homself nie verdedig agv die breuk, die persoon wat hom omgery het, het magteloos gestaan ek kyk hoe hy beroof word. Die Taxi het die toneel verlaat en die die passasiers seker die buit onder mekaar gedeel.

kobus ·

Die Duitsers het ‘n mooi naam vir sulke gewetenlose skurke nl: “untermenschen”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.