Paramedici deur gewapende mans beroof

Argieffoto

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid het Sondag gesê hy is gewalg deur die voorval waar drie paramedici beroof is terwyl hulle ʼn slagoffer bygestaan het.

“Ek is heeltemal gewalg deur hierdie sinnelose aanval deur gewetenlose boewe op ons nooddienswerkers. Hierdie tipe gedrag dwarsboom ons pogings en die vermoë om vinnig te reageer op voorvalle ten einde lewens te red,” het LUR Sibongiseni Dhlomo in ‘n verklaring gesê.

Die paramedici is omstreeks 04:00 na Umlazi ontbied om ʼn aanrandingslagoffer by te staan. Hulle is deur ses gewapende mans oorval. “Die paramedici is beveel om uit die ambulans te klim en op die grond te lê. Hulle selfone en beursies is gesteel.” Volgens Dhlomo is die paramedici nie beseer nie.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Ja, so raak alles erger, een van die dae moet jy maar sterf langs die pad of waar ook al, want geen paramedic gaan vir jou kom nie, daai job bestaan nie meer nie, want niemand wil dit doen nie, hulle lewe is te erg in gevaar. Sal ons land ooit kan herstel? Waar is die klomp wat sê dinge raak beter, ons land het n blink toekoms, want ek sien net n afdraende pad en geen uitkoms nie. Nêrens sien ek verbetering nie. Waar in jou lewe het jy gesien nooddienste word beroof, die mense wat hulp verleen. Waar is die dae van respek en omgee? Dis hartseer dat ons pragtige land so agteruit gegaan het, die land met die mooiste natuur, diere, plantegroei, klimaat ; het verander in n slagveld en nêrens is jy veilig nie, so niks daarvan kan jy ten volle geniet nie.

Theresa ·

Dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Wys jou nou net die mentaliteit van die spul gemors wat in die strate rondloop. Een van die dae word alle paramedici onttrek vir hulle veiligheid. Urgh!!!

Lorrence ·

Jammer om te hoor kolegas.ek is net bly julle het niks oorgekom nie.die STAAT moet ook begin besf ons begin onveilig te voel in ons woonbuurte,maar n lewe moet gered word.dit is waarin ons glo en waarvoor ons staan.

Lorrence ·

En dit is hoekom ons met elke dag of nagskof betyds aandiens tree om n lewe te red.Mnr/Mv LUR besef asb ie onstandighede waarin ons werk.en doen iets omtrent dit.dit is nou die hoeveelste geval wat ek lees wat dit met Paramedici gebeur.of gee ons ook wappens om ons self te beskerm.

pop ·

My seun begin hierdie jaar studeer aan n 4 jaar Bcom in medies. En dis baie duur. As hy klaar is is vooruitsigte vir genoeg geld ook nie daar nie. Ambulans dienste betaal vrot!!!!Maar hy wil lewens red, dis nou maar een maal sy roeping. Hulle moet maar dink aan gevaartoelaag.

Charl ·

Suid Afrika het verval in totale anargie. Dis nou elke man vir homself. Kom ons hoop maar net elke hond kry sy dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.