Paramedici in Durban beroof

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Ambulanspersoneel is Maandagoggend vroeg in Durban beroof.

Craig Grindell, besturende direkteur van Netcare 911, het gesê die paramedici het reageer op ʼn noodgeval in Ntuzuma E. “Terwyl hulle die pasiënt in die ambulans gelaai het, het twee mans hulle oorval, met ʼn mes gedreig en hulle besittings geëis. Die rowers het daarna van die toneel gevlug.”

Een van die rowers het ʼn vloeistof, vermoedelik petrol of remvloeistof, in die paramedikus se oë gespuit en hy was tydelik verblind. “Nog ʼn Netcare 911-voertuig het na die toneel gehaas en die pasiënt en paramedikus is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Grindell bygevoeg.

Die paramedikus se sig het intussen herstel. “Traumaberading word gebied aan die pasiënt en ons personeellede. Die saak is by die polisie aangemeld.”

Grindell het sy teleurstelling uitgespreek dat paramedici geteiken word terwyl hulle nooddienste aan gemeenskappe verskaf. “Gelukkig was daar geen ernstige beserings in dié geval nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Koos ·

Dit moet aan die pasiënte se familie of vriende oorgelaat word om hom of haar na ‘n veilige punt buite die woonbuurt na die ambulans te bring. Ambulans personeel moet weier om diens in misdaad geteisterde woonbuurtes sonder behoorlike polisiebeskerming te verrig.

Andrea van Vuren ·

Nie eens mense in nood is meer veilig in hierdie land nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.