Paramedici in PE aangeval, beroof

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Nooddienspersoneel is Maandag in Port Elizabeth in die Oos-Kaap aangeval en beroof.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het in ʼn verklaring gesê die voorval het omstreeks 03:00 in Joe Slovo plaasgevind toe die span ʼn asma-pasiënt na ʼn hospitaal vervoer het. “ʼn Motor, glo ʼn VW Golf, het op die R75 voor die ambulans gery. Die motor het skielik ʼn u-draai gemaak en sy hoofligte geflikker om die ambulans se bestuurder te waarsku. Die bestuurder van die ambulans het egter nie vermoed dat enigiets verkeerd is nie, en het in die rigting van die Chatty Dip-kruising gery.”

Die ambulans moes stilhou omdat die kruising versper is. Drie onbekende mans het uit die donker te voorskyn gekom en die ambulans genader. “Hulle het glo die bestuurder se ruit gebreek en die bestuurder se linkerhand en gewrig is in die proses beseer. Die ambulansspan en die pasiënt is van hul persoonlike besittings beroof. Een van die wiele van die ambulans is ook beskadig.”

Die ambulansspan is by die Dora Nginza-hospitaal vir hul beserings behandel. Hulle moes ook traumaberading ontvang.

Kupelo het gesê die polisie stel verder ondersoek in.

“Dit is ʼn soortgelyke modus operandi op dieselfde plek waar daar op ʼn privaat ambulansdiens geskiet is toe hulle ʼn u-draai gemaak het om te probeer wegkom. Sulke voorvalle word ten sterkste veroordeel. Ons nooddienspersoneel kan nie onder sulke omstandighede werk nie.”

Wanneer misdadigers veroorsaak dat ambulansspanne sekere gebiede wil vermy, het dit ʼn negatiewe impak op die mense wat dringend mediese behandeling benodig, het hy bygevoeg. “Ons hoop die polisie sal misdade teen paramedici prioritiseer sodat die skuldiges aangekeer kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adriaan ·

Ook net in wonderlike SA waar paramedici en pasiënte oppad hospitaal toe beroof word… Hierdie land is een HENGSE grap.

My vraag is dus: waarom dan nie mediese personeel in hoë-risiko gebiede bewapen nie?!

Cherokee ·

My antwoord dus, onbevoegde mense kan nie bewapen word nie. Niks verhoed paramedici om wapen-bevoeg te word nie, maar bevoegdheid is nodig daarvoor. Die grootste deel van die polisie is nie eens bevoeg om vuurwapens te gebruik nie.

Stan ·

Die toppunt van beskawing “beroof die mens wat van die mees blootgestelde mense moet help” SIEK VERBY! Hoop die paramedeci herstel gou.

Onskuldig ·

Die kriminele is in beheer en doen net wat hulle wil. Die staat voorsien hulle mos van advokate om hulle in die hof onskuldig te bewys, indien hulle ooit gevang word!

Marinda ·

Karma, die dag as die einste skurke hierdie einste diens benodig en dit daag nie op nie.

Petrus ·

Dis onregverdig teenoor Pasient, maar hulle moet in die vervolg net nie daarin – finish en klaar!!

Juanita ·

Very unfair towards paramedics who are qualified & fully trained to do their jobs. They are not armed guards transporting patients to hospitals. Private security or police should accompany them in high risk areas

Hanna Hoekom ·

Skort nooddienste aan hierdie gemeenskappe op totdat hulle die misdadigers uitlewer. Glo my, iewers is daar iemand wat weet wie hierdie walglike daad uitgevoer het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.