Paramedici met vuurwapen aangehou, beroof

Argieffoto

Argieffoto

Drie paramedici is vroeg Woensdagoggend in Khayelitsha in Kaapstad met ’n vuurwapen aangehou en beroof terwyl hulle ʼn vyfjarige meisie behandel het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn ambulans en reaksiemotor is kort ná middernag na ʼn huis in Khayelitsha ontbied om ʼn meisie wat stuipe gekry het te behandel. Volgens Vermaak het twee jong mans die ambulans se deure oopgegooi en ʼn vuurwapen op die paramedici gerig. Die meisie se ma was ook in die ambulans ten tye van die voorval.

Vermaak het gesê die verdagtes het selfone en beursies geëis. Een van die verdagtes het ook die reaksiemotor se sleutel geëis. Terwyl paramedici in die ambulans aangehou is, het een van die verdagtes na die reaksiemotor gegaan. Hy het glo die sleutel gebruik in plaas van die afstandbeheer en die motor se alarm het afgegaan.

Die verdagtes het met selfone en ʼn GPS-toestel van die toneel gevlug.

Paramedici het voortgegaan om die meisie te behandel en sy is na die Khayelitsha-distrikshospitaal vervoer vir verdere behandeling. ʼn Saak van gewapende roof is by die Khayelitsha-polisiekantoor aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sproetjies ·

Liewe Ouers! Hoe siek en desperaat is die mense in hierdie land om nou al tot die nooddienste aan te val en te beroof. Dis om van naar te word.

Theresa ·

Dit wys jou hoe siek en arrogant die gemors is. Hieraan moet ernstig en dringend aandag aan geskenk word. Julle wat so sit in julle air-con kantore en julle dik vreet – begin beweeg en doen iets produktiefs.

CHRISTA ·

Ek sal wil sien as hierdie misdadigers of hulle families eendag die nooddienste nodige kry en hulle neem te lank of daag glad nie eers op nie- dan sal jy hulle bekke moet hoor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.