Paramedici op misdaadtoneel beroof

Argieffoto

Argieffoto

Ses paramedici van die Johannesburgse nooddienste is Sondag op ʼn misdaadtoneel beroof.

Die paramedici is met vuurwapens aangehou en beroof terwyl hulle na ʼn pasiënt omgesien het in Jeppestown.

Die nooddienste het omstreeks 16:00 op ʼn messteek-voorval in die middestad reageer toe twee mans hulle aangehou en beroof het terwyl hulle die pasiënt in die ambulans behandel het.

Die stad Johannesburg het gesê die twee mans het die paramedici se besittings, waaronder beursies en selfone, geëis. Hulle het ook ʼn sak vol mediese toebehore en ʼn tweerigtingradio gesteel. Hulle het die radio aan die brand gesteek in ʼn nabygeleë veld en te voet gevlug.

Die stad Johannesburg het bygevoeg dat daar die afgelope tyd ʼn vlaag rooftogte was waarin paramedici geteiken is terwyl hulle na pasiënte omsien. “Ons veroordeel hierdie barbaarse optrede ten sterkste en doen ʼn beroep op inwoners van Johannesburg om paramedici te beskerm terwyl hulle ander se lewe red.”

Die paramedici is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karma ·

Dit help nie die “Stad Johannesburg” ‘ betreur’ net die voorvalle waarin paramedici aangeval en beroof word nie. In die SA van vandag BEWAPEN jy die mense!!! Nou nie met ‘n vuurwapen en lewendige ammunisie nie, maar ten minste met iets soos mace of ‘n ‘taser gun’. Hemel, om te dink die mense gaan uit om ‘n noodgeval te hanteer en hulp te verleen en word dan beroof!!! Dalk moet die paramedici mein sekere gebiede uitgaan met ‘n gewapende sekuriteitswag om hulle te beskerm. Alle nee maggies, soos dinge darem nou aangaan ….

Heins ·

Hulle betreur net want hulle is treurig, incompetent, self skelms. Pateties.

Wern ·

In enige beskaafde samelewing word mense wat sulke essensiele hulpverlening doen gerespekteer en niks toegelaat om die diens te bedreig nie. Hulle sal hulself moet bewapen en die wapens moet gebruik want dit is immers saak van lewe en dood want die misdadigers is n direkte bedreiging van die pasiente se lewe. Ons moet HARD word!

Joann ·

Arme oom Jan. My seun het 2jr.in Saudie Arabie gewerk,daar kan jy nie n sandkorrel in woestyn steel nie dan kap hul hand af. Dit moet hier ok probeer word,maar dan gaan hier min mense met hande wees.

brenda ·

Al is jy 120kg staalman sterk….het 20 tazers….20 haelgewere….pistole…..as 3 of 4 jou aanhou met wapens is jy n NUL op n kontrak!! jy kyk af….jy gee oor….en hoop vir die beste!! SA is siek!! ons samelewing is siek!! wreedheid en skelms en geen morele waardes nie! daar was n fliek toe ek jonger was waar die hele area toegebou is met mure etc; JOZI come to mind….niemand in of uit nie; geen dissipline of waardes nie!! Ek is gebore en getoë in Johannesburg; het selfs in Hillbrow gewoon; en al wat ek kan sê; dis SAD; very sad indeed!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.