Paramedici op ongelukstoneel met klippe bestook

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Inwoners van ʼn informele nedersetting het Vrydagaand paramedici met klippe bestook terwyl hulle ʼn voetganger, wat raakgery is op die R102 in Verulam, KwaZulu-Natal, behandel het.

Paramedici van Reaction Unit South Africa het hulle omstreeks 18:05 na die toneel gehaas nadat ʼn motoris die voorval by hul Verulam-bedryfsentrum aangemeld het. Met hul aankoms was inwoners van die nabygeleë informele nedersetting reeds besig om die pad met brandende takke en groot klippe af te sper.

Reaction Unit South Africa het in ʼn verklaring gesê die inwoners was onder die invloed van alkohol en skynbaar woedend oor soveel voetgangers wat die besige pad probeer oorsteek, doodgery word.

ʼn Kritiek beseerde voetganger het in die pad gelê nadat hy glo deur ʼn Opel Corsa-bakkie raakgery is. Die bestuurder van die bakkie het egter teen daardie tyd die toneel verlaat omdat hy vir sy lewe gevrees het en die saak by die Verulam-polisiestasie gaan aanmeld.

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Terwyl paramedici besig was om die voetganger te behandel, het die inwoners begin om die paramedici met klippe te bestook omdat hulle glo onder die indruk was die bestuurder van die bakkie was nog op die toneel.

Volgens Prem Balram, direkteur van Reaction Unit South Africa, moes paramedici noodgedwonge so gou as moontlik die voetganger in die ambulans laai en die toneel verlaat. Balram het gesê geen van die paramedici is beseer nie.

Die voetganger is na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andre ·

Nogal onder die invloed van drank. Dan wonder hulle nog hoekom soveel van hulle raakgery word op daardie pad.
Nou soek hulle die bestuurder van die bakkie……altyd iemand anders se skuld.
In die vervolg moet nooddienste hulle maar los om na hulle eie beseerdes om te sien en hulle eie dooies te begrawe.

Tiger ·

Ek sou as ek ‘n nood diens werker of paramedikus was en onder klippe gesteek is die beseerde net daar gelos het en gery het.

Des ·

Oral waar die owerhede probeer heinings opsit om die “bokke” van die paaie af te hou, vir hul eie veiligheid, breek hulle dit oop. Van hierdie heinings is “clearview” wat ‘n fortuin kos. Maar hulle breek dit af of sny dit oop. Nou ja dan moet hulle maar die gevolge dra.

TM ·

Dit is nou bewys hulle het geen begrip van niks nie. Hulle kan sien dit is mense wat probeer help maar hulle gaan voort met hulle optrede. Ek sou alles net so gelos het. My lewe is ook belangrik.

Se maar net ·

Hulle “kry so swaar” maar geld vir drank sal daar altyd wees terwyl die kinders honger ly.

jannie ·

As opgeleide, ervare en goed toegeruste nooddiens werker het ek tot onlangs sonder uitsondering by ongelukstonele op die pad stilgehou en beseerdes gehelp waar ek kan. So het ek nogal ‘n paar lewens gered, maar die situasie het nou so versleg dat ek baie kieskeurig is waar en aan wie ek hulp op ‘n ongelukstoneel verleen. Meestal ry ek deesdae verby en verleen geen hulp nie, omdat ek vir my eie en my medepassasiers (my familie) se veiligheid en lewens vrees. Mens loop in elkgeval ‘n risiko om enigiemand wat in ‘n ongeluk beseer is te help, want jy kry baie maklik ‘n eis teen jou dat jy ‘n gesin van hulle “broodwinner”beroof het, as die beseerde sou sterf nadat jy gedoen het wat jy kon, al het jy beslis NIE die beseerde se dood veroorsaak het nie!. Nee wat, ek ry doodeenvoudig verby, bly doodstil en “nobody will be the wiser”. Kry vir julle!

Chivago ·

Neem jou glad nie kwalik nie Jannie, ek sou dieselfde gedoen het.

Siestog ·

Net sotte wat sulke dinge sal doen. En dan is daar nog die naiewes wat dink hier is ‘n toekoms vir hierdie land.

Andre ·

Die beste is dat Ramaposha die ekonomie van die wittes wil wegvat en vir hulle gee.

Moeggepraat ·

Ja ne, wat kan mens se. Dis die meerderheid van die kieserspoel daai.

Penellope Jones ·

Totdat hulle self die paramedici broodnodig kry!!!

Veritas ·

Wat my die meeste tref van sulke gevalle, is dat daar telkens gesê word dat dit die werk van ‘n klein groepie wetteloses is. Dit kan dus net een van twee dinge wees. Óf die meerderheid ‘wetsgehoorsames’ is te slap om iets daaromtrent te doen óf hulle keur die tipe optrede goed. Daar kan geen ander rede wees nie.

Veronica ·

As ek ‘n paramedikus was sou ek ook alles net daar gelos het en weg gery het!Dis hoekom ek eerder viervoetige diere help!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.