ʼn Babakat is Donderdag tydens ʼn regstreekse televisienuusuitsending op Margate se strand gered.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn nuusspan van eNCA was by die suidkusdorp om oor vakansieverwante nuusgebeure te berig, toe Netcare 911 se stasiebestuurder, Craig Botha, die katjie se noodkrete uit die nuusspan se voertuig gehoor het.
“Paramedici het onder die voertuig ingekruip en na ʼn ruk agtergekom die katjie is naby die enjin. Na ʼn gespook is die katjie deur die enjinkap gered,” het Botha gesê.
Die kat was ongedeerd. ʼn Paramedikus van Netcare 911 het die katjie aangeneem en Sokkies gedoop.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Dis nou vir jou ‘n Netcare 911-span waarop mens en dier kan reken. En deesdae is hierdie goeie mense se lewens in gevaar as hulle mense moet gaan help.
Awesome!! God Seën jul!!! So lekker vir n berig sonder moord:-)
Julle is so dierbaar. Dankie!
Wees geseënd julle redders. Ons kat liefhebbers is baie dankbaar. …l
Dankie vir die goeie daad!!