Paramedici het Donderdagmiddag op pad na ʼn noodgeval op ʼn man se liggaam in ʼn veld in Milnerton in Kaapstad afgekom.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die paramedici was in Bosmansdamweg op pad na ʼn ander noodgeval toe lede van die gemeenskap hul aandag getrek het. Die omstanders het die paramedici die veld in gelei waar ʼn man se liggaam teen ʼn muur gelê het.
Volgens Meiring was die man vermoedelik in sy 50’s en het dit gelyk asof hy al ’n geruime tyd oorlede is.
“Die besonderhede rondom die voorval is nie bekend nie, maar die polisie sal die man se dood ondersoek,” het hy gesê.