Paramedikus 28 keer met voorwerp gesteek, oorleef

Nico Stapelberg (Foto: Verskaf)

ʼn Paramedikus van Pretoria is Sondag na ʼn gewone saal in ʼn hospitaal in Kimberley in die Noord-Kaap oorgeskuif nadat hy vroeër die naweek op pad na Pretoria oorval en sowat 28 keer met ʼn skerp voorwerp in sy rug en bors gesteek is.

Nico Stapelberg (37) vertel hy het Vrydag ná ʼn sakebesoek in die Noord-Kaap vroegoggend in die pad geval huis toe, toe hy tussen Koffiefontein en Bloemfontein in die Vrystaat by ʼn winkel stilgehou het om koeldrank te koop.

“Ek ken nie die omgewing goed nie en is oorval deur vier jong mans wat my beursie en selfoon wou hê. Nadat ek my beursie en donkerbril vir hulle gegee en gesê het dat ek nie my foon by my het nie, het hulle my met ʼn skerp voorwerp begin steek.”

Stapelberg vertel dat hy sowat 28 keer gesteek is.

“Ek het sover moontlik basiese noodhulp op myself toegepas en toe in die rigting van Orania gery. Plaaslike veiligheidsdienste het my halfpad gekry waar hulle verder noodhulp op my toegepas het voordat hulle my na die dokter in Orania gehaas het,” verduidelik hy.

Ná ʼn gewik en weeg oor die uitstuur van ʼn helikopter om hom na ʼn hospitaal in Bloemfontein te vervoer, het Stapelberg gehoor ʼn helikopter is nie gemagtig nie. ʼn Plaaslike dokter en suster het inderhaas ʼn dreineringsbuis in sy borskas gesit voordat hy met ʼn ambulans na Kimberley gehaas is.

Daar gekom, is Stapelberg by die Gariep Mediclinic opgeneem waar hy tot vanoggend in die waakeenheid moes aansterk voordat hy na die gewone saal oorgeskuif is.

“As dit nie vir die dokter en suster [wat die dreineringsbuis ingesit het] was nie, kon dinge baie anders verloop het,” vertel Stapelberg nou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

INA ·

SJOE!!! ñ Mens se lewe is nìks werd nie & ñ mens is nêrens veilig nie. Hy is so oùd soos my kleinseun & dit laat my in vrees leef… Mens is verplig om te reis, maar asof daar nie genoeg pad ongelukke is nie, word mense aangeval & selfs vermoor… Ek wààg dit nét om in so ñ 10km radius van my huis af, winkels toe te ry… Ek is bejaard & ñ maklikke teiken…

schaun ·

Die kriminele voel niks vir die wet of die useless polisie nie daarom is dit nie n probleem om te maak wat hulle wil nie die kanse is beter fat hulle sal wegkom as dat hulle gevang en verantwoording sal moet doen.

chris ·

Stem saam. ons tronke is vol van klein oortredings, maar groot sake weet ons polisiemag van glad nie weet nie hoe om dit op te los nie. hulle is daar net vir n salaris en die “extra geldjies” wat hulle verdien.
Praat vanoggend juis oor ons SWAK polisie diens- defenitief die swakste in die wereld.

Irene ·

So jammer om dit te hoor! My eerste reaksie is om te vra waar presies dit was want as ek en my man ver ry, word dit n waagstuk. Dis beter om te weet waar n risoko faktor is… ek hoop jou vinige beterskap toe. Bid vir jou!

Pieter ·

Ek wonder of die feit dat hy in Orania was die besluit om n helikopter te magtig beinvloed het.

Huh?? ·

28 keer gesteek maar ‘n helikopter is nie gemagtig nie?? Mis ek hier iets????

Ida Kriel ·

Ek verstaan ook nie die storie oor magtiging nie. Is dit omdat dit in Orania is en hul geen vliegtuie daar toe laat nie of wat is dit? Sal baie graag n antwoord hierop wil he. Sterkte Nico en mag jy geen nagevolge oorhou van die aanval nie. Hoe wreed is die mensdom.

Jan Seerot ·

Nico, jy is sterker as diè. Daardie het ek gesien by jou in Bakouma. Daar is staal in jou pype en ys in jou bloed.

Janee ·

Orania het n vliegveld met 2 aanloopbane beide meer as 1km lank asook n helikopterlandingsplek. Binnekort n tweede. Die helikopter het seker papwiele gehad en sonder brandstof? Veiligheidsmanne en vroue van Orania is tops!

Antjie ·

Wíé wou nie die helikopter “magtig” nie? Ek glo die klagte behoort reeds by die RGBSA ingedien te wees!!!

Theresa ·

Gemors!!! Baie bly jy is ok. Die Here het Sy hand oor jou gehou! Sterkte!

Willie ·

Iets maak nie lekker sin nie. Daar is nie n winkel langs die pad tussen Koffiefontein en Bloemfontein behalwe in die loekasie by Petrusburg. Of in Petrusburg self. Hoe beland hy dan in Orania? Bloemfontein is tog baie nader as Orania en selfs Kimberley! Baie srekte Nico hoop jy word vinnig gesond! Hoop jy sal nogsteeds jou goeie werk kan doen.

Estelle van Wyk ·

Alles te danke aan ORANIA se briljante dokter en uiters bekwame suster dat Nico vandag leef.
Welgedaan ORANIA. Jul bly die beste – omgeemense!!!!

Felicia ·

Die is baie na aan my hart , Stapelberg se vrou werk saam met my , sterkte aan Janie en Lourens

verstom ·

En baie dankie vir ‘n bekwame Dr en Suster in Orania wat heelwaarskynlik deur die Genade van ons Hemelse Vader die man se lewe gered het.

Hanlie ·

Baie dankie aan die dokter en suster van Orania wat ‘n lewe nog die moeite werd ag. Nico baie sterkte vir jou, ek hoop jy is sommer gou weer op die been.

Estelle van Wyk ·

Baie dankie aan ORANIA se briljante dokter en baie bekwame suster.
As dit nie vir julle was nie, was Nico nie meer hier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.