ʼn Paramedikus is ernstig beseer toe ʼn voertuig Vrydag omstreeks 17:00 in ʼn ongelukstoneel op die M13 in Pinetown ingeploeg het.
Rowan Scandroglio, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici was op die ongelukstoneel werksaam waar ʼn enkele voertuig op die hoofweg omgeslaan het.
Volgens Scandroglio was hulle besig om een van die insittendes van die voertuig te behandel, toe ʼn motoris uit die aankomende rigting beheer oor sy voertuig verloor het, oor die middelman is en teen die kant van die ambulans gebots het, voordat die voertuig op sy dak tot stilstand gekom het.
“ʼn Paramedikus in die ambulans is ernstig beseer en is eers deur paramedici van Rescue Care gestabiliseer en daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het hy gesê.
Die twee insittendes in die voertuig het ligte beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem.
Scandroglio het gesê die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.
Spoed Alkohol of wat?
Nee, hy het na die ongelukstoneel gekyk en nie na waar hy ry nie.
Netjies Cherokee..dit is mos logika!
Net is SA is dit altyd voet in die hoek. Ry gister in ‘n smal straat af waar twee motors net net by mekaar kan verbykom, en daar ‘n paar woonstel ingange is waar jy bietjie kan indraai en vir die ander ou laat deurkom. Kom die ander ou nou nie met ‘n spoed om een van die draaie. Ek sien hom en swenk gou links in ‘n woonstel ingang in, maar hy is verby sonder om spoed te verminder. Kan vra ja spoed, alkohol of niks tussen die linker en regter ore?
Verduidelik die ‘Net in SA’.
Dit is nou regtig wat hulle noem geluk by die ongeluk.Ambulans klaar gereed gestaan en wag.Well done