Paramedikus doodgeskiet ondanks beskermingsbevel

Argieffoto bloot ter illustrasie van paramedici. (Foto: Usplash)

’n Paramedikus van Limpopo, wat vroeër ’n beskermingsbevel teen haar man, óók ’n paramedikus, bekom het, is die naweek glo deur hom doodgeskiet.

Mokhapi Phalandwa (44) se man het homself ná die voorval met dieselfde vuurwapen om die lewe gebring.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Norman Phalandwa (55) het weens die beskermingsbevel teen hom uit die egpaar se huis in Bochum getrek en in ’n huurkamer in die omgewing ingetrek.

Mokhapi is Sondag omstreeks 06:00 na die huurkamer waar sy kort daarna in die straat doodgeskiet is. Norman het daarna die vuurwapen op homself gerig.

Albei liggame is met die polisie se aankoms in die straat met skietwonde aangetref.

Die voorval volg kort nadat ’n 34-jarige vrou van Bela-Bela in Limpopo en haar 11-jarige dogter Saterdag vermoedelik deur haar ekskêrel doodgeskiet is. Die ekskêrel het ook sy eie lewe daarna geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kalla ·

Dit is só jammer maar daardie stukkie papier is niks werd nie, dit het ‘n lewe gekos.

TruthDealer ·

Soos ek n Amerikaanse pa se woorde gelees het op n Amerikaanse forum: “When my daughter left her abusive husband, i bought her a gun and took her often to the gun range for practice. Because a restraining order is only a piece of paper.”

TruthDealer ·

Wat IS dit met soveel mans wat hul vroue of meisievriende doodmaak wanneer die verhouding skipbreuk ly? Daar was selfs al vroue wat die man of kêrel daarna vermoor het, maar mans is meer geneig om so te doen, lyk dit my. Ek weet dis hartseer, my hart is ook al gebreek in die afgelope paar jare maar mens huil maar, verlang maar, en dan kom jy oor dit. As daar kinders betrokke is, het altwee ouers tog volgens wet die reg om tyd met die kinders te hê, tensy een vd ouers die kind mishandel het. Om n liefde te verloor IS erg en baie seer maar dis darem mos nou nie die einde van jou lewe nie. Tensy jy moord pleeg agv n gevoel van verwerping of jaloesie. Dan is 2 lewens vernietig, en as daar kinders is, hulle ly ook erg en sal heel moontlik wanaangepaste volwassenes met depressie en vele ander probleme word. Enige verhouding kan opbreek. Maar nee man, moord en selfmoord is mos nou nie die antwoord nie!

TruthDealer ·

Verwerping is gruwelik seer. Maar wat ook al die omstandighede, mens moet maar aangaan met jou lewe, veral as daar kinders betrokke is. Egbreuk sien ek so: “Ja die Erg. Maar jy verdien beter. Nou kan jy mos dit duidelik sien. Jy is beter af Sonder die persoon wat jou bedrieg en verloon het.” Laat daardie persoon voort foeter, konsentreer jy daarop om jou hart en lewe te herstel.

Roek ·

Baie goeie vraag die bevel werk na beide kante toe, maar sommige mense dink dit maak die deur net aan die een kant toe !

MJLS ·

Waarom het sy ‘n beskermingsbevel teen hom gekry, maar tog na sy huurkamer toe gegaan? Dis mos moeilikheid soek.

Prikkie ·

Boewe steur hulle nie aan ‘n beskermingsbevel nie. Dit beteken niks!

Casper ·

Sy het ‘n beskermingsbevel teen haar man bekom,wat het sy by die huurkamer gaan maak.Anders behalwe skoor soek het sy niks daar verloor nie,en dit sê vir my die beskermingsbevel was wraak gewees.

Stofdonkie ·

Duidelik is ‘n beskermingsbevel nie “Bulletproof” nie

Koos 100 ·

Lyk my net so ‘n paar mense lees dit raak. Sy is geskiet in die straat nadat sy na haar eks se huurkamer gegaan het. Sy was blykbaar nie so bang vir hom dat sy hom gaan opsoek het nie. Bel hy die polisie as sy daar is, is die kanse groot dat hy gearresteer sou word. Hy mag haar nie geskiet het nie, maar ek sal graag meer inligting wou gehad het.

Danie ·

Wil nou ook net se dat die papier niemand beskerm nie .Ek praat van ondervinding vergeet van n hofbevel die polisie kan en wil jou ook nie help nie so jy is op jou eie .Wees paraad en kyk na jouself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.