Paramedikus in ambulans doodgeskiet

‘n Onbekende aantal verdagtes het op die ambulans toegesak. (Foto: Gauteng EMS/Facebook)

ʼn Paramedikus van die KwaZulu-Natalse nooddienste is Sondagaand in Estcourt in ʼn koeëlreën dood toe sy en ʼn kollega op ʼn onverwante voorval in die gebied gereageer het. Die bestuurder van die ambulans het glo ernstige beserings opgedoen, maar is in ʼn bestendige toestand in ʼn hospitaal.

Phumzile Dlamini, ʼn ma van drie, en haar kollega was om 12:30 op pad na ʼn noodgeval toe skote by ʼn huis in Mimosadale geklap het.

“Die paramedici, wat nog in die ambulans was, is skielik deur ʼn onbekende aantal verdagtes omring wat op hulle losgebrand het,” het kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

Die 40-jarige Dlamini is glo etlike kere getref en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder, wie se naam nie in hierdie stadium bekend is nie, is na bewering in die maag geskiet en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy is glo in ʼn bedenklike toestand.

Volgens Gwala is niemand nog in verband met die skietvoorval en Dlamini se moord in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Twee mans wat na bewering in die huis was waar die skote afgevuur is, was ongedeerd.

Luidens berigte was daar ʼn pasiënt in die ambulans ten tyde van die voorval, maar die polisie kon dit nie bevestig nie. Die persoon is glo nie beseer nie.

(Foto: Gauteng EMS/Facebook)

KwaZulu-Natal se LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane, het die voorval as barbaars en lafhartig bestempel.

“ʼn Voorval van dié aard laat ʼn mens se hare rys. Dit is ʼn duidelike aanduiding dat iets in ons samelewing gruwelik skeefgeloop het as onskuldige nooddienspersoneel, wat menselewens red, aan diens aangeval en vermoor word.”

Dit is nie die eerste keer dat nooddienswerkers tydens ʼn noodgeval aangeval, beroof of vermoor word nie. Meer onlangs is brandbestryders in Kaapstad met klippe bestook terwyl hulle op noodgevalle gereageer het.

Nooddienswerkers was tydens dié aanval ten minste ongedeerd.

Simelane het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met enige inligting oor die voorval of oor die misdadigers wat betrokke was.

“Ons wil nie ʼn situasie hê waar paramedici nie verder snags kan werk nie en kwesbare gemeenskappe sonder nooddienste laat. Dit is dus in almal se belang dat geregtigheid geskied en dat paramedici te alle tye beskerm word.”

Die LUR het haar medelye met Dlamini se drie kinders en man betuig en die bestuurder ʼn spoedige en volkome herstel toegewens.

Nooddienste van oor die land het sedert die voorval ook hul medelye met die paramedikus se familie betuig.

“Ons gedagtes en gebede is by ons kollegas en hul familie en vriende,” skryf Bethal-nooddienste in die Vrystaat op sosiale media.

“Ons is geskok en hartseer oor die tragiese voorval. Gautengse nooddienste stuur ondersteuning en meegevoel aan die KwaZulu-Natal-span en die paramedici se familie,” lui nog ʼn boodskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jacques ·

Nomagugu Simelane, go and talk to your colleague, Bheke Cele. That is where the problem begins.

Prikkie ·

Wat ‘n tragedie! Die lafaards wat haar geskiet het behoort voor ‘n vuurpeleton tereggestel te word.

cccp ·

Dit is te genadig vir hulle. Hulle behoort in die openbaar aan hulle arms opegehang te word en moet so gelos word totdat hierdie wêreld van hulle verlos is.

Adelaide ·

Is daar regtig nog woorde? Ons arme, arme land – wat ‘n gemors!!!

ES ·

Paramedici moet net volstrek weier om in gevaarlike areas in te gaan.

piet ·

So dan wen die misdadigers en gewone gehoorsame mense word nooddienste ontneem?

ES ·

Piet, hartseer feite. Sal jy jou lewe op die spel plaas, en moontlik nie teruggaan nou ja familie vanaand of sal jy die besluit neem om nie jou eie lewe in gevaar te stel nie? Dis maklik om te beweer dat jy dit sal doen en heeltemal ‘n ander ding om daad by woord te sit.

RB ·

Ja, Simelane, ons weet lankal iets het gruwelik skeefgeloop.
Die iets het ‘n naam – ANC regering!!

. . . as onskuldige boere wat mense van kos voorsien, op hul plase aangeval en vermoor word!

Maar niemand is so blind soos die een wat nie wil sien en so doof soos die een wat nie wil hoor nie.

Die probleem eskaleer want oë en ore bly toe omdat die kop en hand traag is om iets te doen.

Blikkies ·

Bring die Doodstraf terug. Dit is al wat hierdie mense gaan stop, want tronke is vir hulle ‘n grappie.

Jana ·

Wil jy regtig die doodstraf terugbring terwyl die ANC ons land regeer? Hulle kan niks anders goed bestuur nie! Watter korrupsie gaan daar wees as ‘n korrupte regering die doodstraf weer instel?

Kobus ·

Danksy die lekker regering van ons is die gemors wat so moor nou heeltemal onskuldig
onskuldige mense wit of swart moet daar onder ly geen doodstraf nie daar word nie aandag gegee aan enige moord meer nie

JM ·

Mense wat sulke dinge doen, is demonies! Sit hulle voor ‘n vuurpeleton, want tronke is gratis kos en verblyf. Here, hoe lank nog?!

Nie Verbaas ·

Dit is n direkte refleksie op die stelende ANC regering beleid en n nog meer onbevoegde Cele.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, as jy maar net weet hoe lag die wereld vir jou en jou ANC sirkus.

TRP ·

Sjoe, hoe tragies is dit nie om hierdie te lees nie. Ek voel bitter jammer vir die kinders en haar geliefdes. “iets in ons samelewing gruwelik skeef gloop….” lankal, daar is nie eens meer omdraai.

Charl ·

Nomagugu Simelane, kom jy nóú eers agter daar’s gróót fout in ons land ?? Skrik wakker !

Jr ·

Asb “our people” stem cANCer party want saam kan ons alles vinniger opneuk. Viva. He he he

Danie ·

Dit laat my dink aan jare gelede toe SA so ontwikkel was dat daar selfs reddingshelikopters was wat om Kaapstad geopereer het om mense uit die see te red.
Totdat our people die helikopters met bottels en klippe begin gooi het.
Nou kan SA nie eens driewiel scooters bekostig nie.
En binnekort is daar ook nie meer ambulanse en noodvoertuie nie.
Mooi man

Swerwer ·

Dit is kommerwekkend. Maar nou wel, met die huidige ANC aanbewind wat anders kan ‘n mens verwag. En die komende verkiesing sal al die ja broers maar net weer vir die ANC stem om ons land geheel en al in sy m………………….. te stuur.

Jack ·

As die gemeenskappe nie wil help om die misdadigers uit te roei nie moet dienste gestaak word. Dit herinner my sterk aan zimbabwe met sy konvooistelsel vir beskerming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.