Paramedikus kom op ongelukstoneel af; twee dood

Argieffoto: ER24

ʼn Paramedikus van ER24 wat van diens af was, het Saterdagaand toevallig afgekom op die toneel van ʼn noodlottige ongeluk op die N14 naby Ventersdorp.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê die paramedikus het om 17:30 op die toneel afgekom waar twee voertuie gebots het en het onmiddellik verdere hulp ontbied.

“By nadere ondersoek het die paramedici gevind dat ʼn persoon in een van die voertuie noodlottige beserings opgedoen het. In die ander voertuig was ʼn man wat in ʼn kritieke toestand was. Hy het egter oomblikke later aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” sê Van Huyssteen.

Sy sê nog agt ander mense is in die ongeluk beseer. Een van hulle was ʼn jong meisie wie se beserings só ernstig was, dat sy per helikopter na ʼn hospitaal geneem moes word.

Die res van die beseerdes het geringe tot matige beserings opgedoen en is per ambulans na hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maljan ·

Ai die ongelukke kos nie net die staat baie geld nie, maar ook die slagoffers. Want al waarvoor mediese fondse deesdae goed is, is vigs sorg.

chrisjan ·

Gepraat van mediese fondse :Die POF het R970,000 van my vrou se geld afgetrek en oorbetaal aan ons mediese fonds om hulle te vergoed vir haar mediese uitgawes na ons ongeluk.Maar ons betaal maandeliks vir die voordeel en is nie ‘n sent terug betaal van ons bydrae nie.Ek dink dis wettige rowery.

Hannelie ·

Daai pad is berig vir trompop botsings, veral Vrydae aande.

SjN ·

Chrisjan, die pof het 100 persent reg opgetree, wil jy nou ryk word uit die ongeluk, indien sy nie medies gehad het nie was sy in n staats hospitaal en dalk nie meer hier nie, dit word dus as n vooruit betaling gesien. Premie word bereken @ risiko. Hoeveel geld, na die aftrekking is deur gade ontvang, sal graag wil weet en dan u kommentaar wil hoor.

Cindy ·

Dit is baie erg wat met die gesinne gebeur het. Bid asb vir hulle. Hul het elke gebed nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.