Paramedikus-ma vind dogter op toneel

Elzona en Abigail Meyer. Foto: Verskaf

“Jy kan nou ʼn mamma wees en nie meer ʼn paramedikus nie.”

Só het ʼn kollega aan ʼn geliefde paramedikus van Heidelberg in Gauteng aan Elzona Meyer gesê nadat Elzona op haar eie dogter, Abigail (20), haar assistent en ʼn mediese vrywilliger, se noodgeval Vrydagaand in die dorp gereageer het.

ʼn Emosionele Elzona, direkteur van Heidelberg Medic Volunteers en algemene bestuurder van Emer-G-MED in die dorp, het Saterdag aan Maroela Media gesê sy was nog in Nigel aan diens toe ʼn  noodoproep van ʼn kaping voor haar huis in Smitstraat deurgekom het.

“Ek het eers gedink die adres is verkeerd en hoe meer die inligting deurgekom het, hoe meer het ek besef daar is fout en het huis toe gejaag. My foon het net nie ophou lui nie,” het Elzona gesê.

Sy vertel Abigail en haar kollega, Jaco Pretorius (24), wat ook vir Medic Volunteers werk, het omstreeks 19:45 van die gimnasium af gekom en by die huis waar Abigail saam met Elzona bly, stilgehou sodat Abigail haar motor kan gaan bêre. Van daar sou Abigail en Jaco in sy motor iets gaan kry het om te eet.

“Abigail het nog haar uniformbaadjie aangehad. Sy het na buite na Jaco se motor gestap en ingeklim toe ʼn voertuig met vier mans in uit die bloute agter Jaco se motor in die oprit stilhou en bloot deur die motor op hulle geskiet het.”

Van die gewapende mans het uitgespring en Abigail uit die motor gepluk. Jaco is ook uit die voertuig geboender waarna die aanvallers in Jaco se motor, ʼn rooi Ford Fiesta ST, en hul voertuig van die toneel weggejaag het. Die aanvallers het Abigail in haar maag gewond. Jaco is nie getref nie.

“Toe die mans weg is, het Abigail vir Jaco gesê: ‘Ek is seer, help my.’ Hul selfone was in die kar en Jaco het in die straat om hulp geroep, waarna bure hulle te hulp gesnel en hulp ontbied het.” Elzona het kort daarna die oproep ontvang wat haar lewe geruk het.

“Ek kan nie onthou hoe ek by die huis gekom het nie. Toe ek daar aankom, het ek haar in die oprit sien lê. Sy was reeds grys en bleek. Ek kon sien sy het baie bloed verloor.”

Elzona en haar kollegas het alles in hul vermoë gedoen om Abigail te stabiliseer terwyl ʼn helikopter van Netcare 911 ontbied is.

“Toe die helikopter daar aankom, het my kollega vir my gesê ek kan nou maar ʼn mamma wees en nie meer ʼn paramedikus nie.”

Die helikopter het Abigail na die Unie-hospitaal in Alberton geneem waar Elzona later by haar dogter aangesluit het.

“Toe ek daar aankom, het hulle my ingelig Abigail het ʼn hartstilstand gehad. Uit ondervinding weet ek dit is nie ʼn goeie teken nie. Hulle het my gevra of ek haar wil sien. Ek het ja gesê en by haar gaan sit. Ek het gesien hoe die dokter onverpoosd probeer om haar by te bring. Ek het my hand op sy arm gesit en vir hom gesê hy kan maar ophou. Sy is 21:20 dood verklaar. Twintig jaar terug in Augustus is sy 22:18 gebore.”

Abigail het aan Hoër Volkskool gematrikuleer waarna sy somatologie in Potchefstroom gaan studeer het. Sy het daarna by haar ma se ondernemings aangesluit.

Abigail, of Abe soos haar ma haar noem, was baie geliefd. “Sy was mal oor flieks en musiek en sou sommer uithalings uit flieks net so kon opnoem. Sy het ʼn passie vir mense gehad. Haar familie en vriende was haar lewe. Abe was mal daaroor om te sosialiseer. Sy kon nooit kwaad bly vir iemand nie en was almal se pel… ʼn regte warrelwindjie.”

Die hope en hope blomme wat sedert die skietvoorval by die lamppaal voor hulle huis ophoop, is ʼn teken van die talle harte van inwoners wat die twee vroue aangeraak het.

“Sy het ʼn ongelooflike goeie hartjie en sin vir humor gehad,” het Elzona bygevoeg.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die Heidelberg-polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê Jaco se motor is later verlate en gesluit in die Tsakane-nedersetting in Langaville opgespoor.

Die Heidelberg-polisie ondersoek ʼn saak van kaping en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kol. Amanda Dorothy Viljoen, stasiebevelvoerder, het ʼn beroep op enige omstander wat moontlik die voorval sien gebeur het of weet wie die verdagtes is, om lt.kol. Fry of kapt. Senzo Shabane by 016 431 0400 of 076 561 0450 te kontak.

Abigail se gedenkdiensreëlings is nog nie getref nie. Sy laat haar ma; haar boetie, Carter (11); haar pa, Bill Meyer; haar biologiese pa, Jaco Greyling, en twee halfsussies en grootouers agter. Sy laat ook haar kêrel van twee jaar, Willem Giesing (22), agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Hesta le Roux ·

Daar is nie woorde vir wat gebeur het nie. Jy het dit nie verdien nie. Rus in Vrede Abby.

Anoniem ·

Wat n prag mensie.!! En om haar lewe so te verloor is so brutaal onnodig. Sterkte mamma en famie

Marietjie Fouche ·

Alzone my hart is so seer vir jou julle familie en haar vriende wat so n pragtige mensie op so n barbaarse manier moes verloor Mag Jesus julle almal in Sy groot liefde en genade julle toevou en vertroos Abe het nie verdien om nou dood te gaan nie Mag die polisie die barbare wat haar geskiet het vinnig aankeer

Sdl ·

My grootste vrees elke dag…..! My trane hartseer omgee en gebede is met jou en familie.

Jan van Zyl ·

Ek het nog geen kommentaar vroeer gelewer nie, maar elke keer se julle ek het dit al reeds gese. Wat gaan aan?

Piet Pille ·

Wrede gespuis, kon mos die motor gekaap het sonder om dood te maak. ‘n Mooi jong lewe geneem. Sterkte aan die familie.

Genoeg ·

Dus n tragedie en sterkte aan die familie en mamma sy het as n heldin gesterf.Nog n blanke wat ge moor word.Dus tyd dat die regte blanke afrikaner volk opstaan en ons plek terug neem .

Leahim ·

Die media wil nie sê daar is n groot probleem in Suid Afrika swart aanvallers is verantwoordelik vir 99% van aanvalle op wit mense die dag as hulle hul eenvoudige idee van polities korrek wees stop en die probleme identifiseer solank sal die probleem bestaan en sal die wat te bang is om die feite te gee soos dit is aandadig wees.Apartheid is wêreldwyd gekritiseer omrede die probleem geidentifiseer is en dit was die groot rede hoekom apartheid gestop is.

Amelia ·

Kan iemand my vertel hoekom die mense n voertuig kaap en dan net iewers los? Wat is die doel?

Jordaan ·

Hulle los dit om te kyk of ‘n opsporingsmpy dit kom haal. Na ‘n dag of wat weet hulle die voertuig het nie so iets nie.

Schalk ·

Korrek Jordaan. En dan vat hulle hom na die scrapyard wat die bestelling vir hom in gesit het.

Rika ·

Dit is hartseer verby, my trane loop. Enige ouer se grootste vrees. Elzona alle sterkte vir jou en die familie, my hart gaan uit na julle. Rus in vrede Abigail, jou liggie skyn nou helder in die hemelruim.

Elize ·

Baie dankie vir die berig. Abe was my kleinkind. My vrese het nooit oor haar gegaan. Dit was altyd oor Elzona wat so moes jaag na tonele toe. Nou is dit so ongelooflik onmoontlik om te dink dat Abe so wreed weggeruk is uit ons lewens. Sy was so ‘n sagte mensie.

Karen ·

Tannie, ons bid vir julle. Daar is geen woorde. Baie hartseer vir julle wat n pragtige dogter en kleindogter moes afstaan. Mag ons liewe Vader julle vertroos en styf vashou. xoxo

Anoniem ·

Mag God julle omvou met Sy liefde en deur hierdie traumatiese tyd dra!

Myrtle ·

Hi tannie ons is saam tannie hul hartseer. Sy het nog haar hele lewe voor haar gehad en dis in ‘n oogwink van haar weggeneem. Ons dra tannie hul in ons gebede op. Dit maak my so kwaad dat ons mense net vermoor word vir aardse besittings.

Reinette ·

Ai dis so tragies.. En so onregverdig.. Waarvoor??!!!!! ???.. Sterkte aan familie

Anna-Marie van Greunen ·

My innige simpatie met die familie sy het haar hemel vlerke gekry sy sal altyd by julle sees Rus In Vrede Abigail

Ander Annie ·

Innige simpatie aan julle met die afsterwe van julle pragtige meisiekind. Dit is in tye soos die wat woorde my faal. Mag ons Hemelse Vader julle styf vashou en vertroos. Rus In Vrede pragtige Kind. Met baie liefde aan hierdie familie.

Sonja ·

Dit is verskriklik hartseer baie sterkte aan almal wat haar geken het

thinus ·

Mamma ek is so jammer vir jou. Maar ek is baie dankbaar jy was DAAR vir haar ek sou ook so by my kind wou wees!

Leana ·

Wat n verskriklike skok vir n ouer!! My innige simpatie en baie sterkte aan haar naasbestaandes. RIV

Cherokee ·

…woordeloos… ons huil saam met jou Elzona, oor die pragtige Abby.

HercuKruger ·

~geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte ~
(oud moord & roof speurder)

Badger ·

Iemand se lewe geneem wat ander help elke dag….what a waste of precious life!! So gaan hulle ons moor en moor tot daar niks van ons volk oor is nie. Ons lewe inteendeel weer in n konsentrasiekamp waar ons mense verkrag en vermoor word.

Drikus ·

Sulke tye wat mens opnuut besef hoe absoluut sinneloos en wreed die geweld en misdaad in ons land is. Ons onvermoë of versuim om die lafhartige misdadigers te vang, skep by hulle die gerustheid om daarmee voort te gaan. As hul dalk aangekeer word, is die strawwe hopeloos te lig. My hart bloei vir die familie.

Adriaan van Wyk ·

Dit is nie mense waarmee ons tedoen het nie. Gemors, nie woorde om my woede te beskryf nie.

Willem korb ·

Elzona ek ken en verstaan jou pyn, jy het my seun Zander korb ook baie gehelp. En jy was op die toneel wa hy oorlede is. Maak nie saak wat gebeur nie , n ouer kan nie sy kind begrawe nie. Ons harte is met jou en ons grootste liefde vir jou. Sterkte en jy is in ons gebede.

Yankee ·

God is merciful, yet never in the scripture he ever said to forgive Satan!! These murderes are Satan, no one els. Please dont’t ever forgive them, hate them, for God will back you up!!

SNEL ·

If you don’t forgive others, God won’t forgive you your sins (Matthew 6:15). Very dangerous word to say Yankee. As hard as it is, we must pray in such circumstances that God helps us with the anger and that we will get the strength to forgive, but to be able to forgive is very important.

Valerie ·

Kry eers die konteks voor jy praat, SNEL. Jou Hervormde/Calvinistiese onderrok hang uit.

rollie ·

Die wille Weste. Eers skiet en dan vat. Gangster Paradise.

Wilma ·

Nog n onskuldige sterf. Wie moet ons blameer. Natuurlik die SA Govt. Te swsk om misdaad te beheer. Te besig om onder mekaar te baklei vi mag en geld en laat die SA aan hul eie genade oor. Sies vi julle

Tess Riekert ·

Nog ‘n sinnelose moord wat nie groot opslae maak in die staatsbeheerde media nie. Sy het haar roeping uitgeleef en sekerlik het ras nie getel by haar wanneer ‘n lewe op die spel was nie maar vir die kapers was sy maar net nog ‘n ‘whitey’ . Rus in Vrede Kinta. Innige simptie en medelye Elzona . Mag God jul toevou in Sy trooskombersie.

Tess Riekert en Direksie
BOYF
Back on Your Feet

lewe in vrees ·

streke aan bedroefde familie. my kind ook paramedikus en ek vrees elke dag oor dieselfde situasie, sy “love” om mense te help, maar wat sal ‘n ouer doen as jy so’n tyding kry. ek bid elke dag dat sy gespaar sal bly en dat so ‘n onnodige tragedie haar gespaar sal word ?

Mariaan ·

Dit is so onstellend, ek kon nie eers die berig klaar lees nie. Woede oorval mens oor ń regering onder wie misdaad floreer.
My hart gaan uit na haar geliefdes wie se lewe uitmekaar geruk is en met die groot verlies moet saamleef.

Elmarie Pretorius ·

Ons innige simpatie. Mag God jul dra en omvou.

Dit tyd die doodstraf kom terug.

Christo ·

Ons gebede gaan uit na julle. Ouers is nie veronderstel om hulle kinders te begrawe nie. Mag die duiwelse genote saam brand in die hel.

Justice ·

Dit is so tragies, so onnodig – terwyl ek gelees het het ek gehoop en geglo dat sy reg sou wees … ek sit met trane in my oe – sterkte aan die mamma.

Bella ·

Vader U se ons mag nie haat nie. U se die wraak kom U toe. Hoe lank nog Vader? Daar is emmers en emmers vol onskuldige bloed al gestort. Wis hulle uit soos U belowe het asb. Amen.

Kiewiet ·

Hoekom plaas julle nie my berig nie. Of is dit te kras om moordenaars te ver oordeel.

foxi ·

Ja Kiewiet dis wat ek ook wil weet. Maroela, ons is en voel bitter, wat meer kan ons sê hoe ons voel….

T ·

Dit is verskriklik hartseer, baie sterkte aan die familie. My dogter is ook twintig, dit is hoekom die doodstraf terug gebring moet word. Niemand word ontsien nie!?

Elizabeth ·

Meyer gesin, familie, vriendinne en vriende ons innige simpatie. Die Here alleen gee vertroosing en Hy is teenwoordig.

ANDRE VAN WYK ·

Dit is sooooo siniloos en onnodig kon maar net die kar gevat het en hoef ni so geweldadig te kere gaan nie die mense was weerloos en in elke geval ook nie n bedreiging ni MY INNIGE MEEGEVOEL EN MAG ONS HEMELSE VADER JULLE IN DIE MOEILIKKE TYE SELF VERTROOS

Trudie ·

Dit is verskriklik hartseer. My dogter is ook twintig. Baie sterkte aan die familie! Dit is waarom die doodstraf moet terug gebring word. Niemand word ontsien nie?

Kiewiet ·

Ek se weer mag daardie moordenaars eendag gaan brand in die Hel . Vervloek is hulle wat in mooi jong vrou se lewe geneem het.

Engela de Klerk ·

Wat ‘n pragtige jongmens en hoe angswekkend moes dit vir haar ma gewees het. Suid-Afrika maak my bang!

Vermeende ·

Sal die Valke hier ingespan word om die moordenaars te soek soos die Parys saak????

Se net ·

I can not imagine how the mom must be feeling after losing her daughter so tragically. My heart goes out to he family. I just can’t help but wonder why this happened in the 1st place. The car was found abandoned so I would guess the car was never the target. She was in vehicle and pulled out of it so was the driver. They shot her and left him? Criminals in this country have no problem killing both people or even an entire family. If the vehicle was truly the reason it would be pulled to pieces in a garage somewhere for parts, but just left abandoned? I just do not believe this was a standard hijacking.

Gesiggie ·

Aan hierdie Mamma wat deur al die Hartseer moes gaan, ek kon net dink hoe erg dit moes wees, om te besef die noodroep was eintlik jou eie dogter….. so baie jammer vir wat moes gebeur, sy was n prag van n mens… geen woorde sal ooit die pyn wat jy moet voel kan wegneem…. net God alleen kan jou dra deur die hartseer tyd en al die vrae? Sterkte aan jou Elzona…. RIP Engel kind Abigail….

Peetrus ·

Dit mense is presies wat die #anc #eff #BLF aan hits op n daaglikse basis , die is nie net “crime” soos wat hulle elke dag sing in die media nie .

PJC ·

Ek weet nie hoe verwerk ń ouer so iets nie. Ek hoop sy kry baie ondersteuning van familie,vriende en die gemeenskap.

Maggie ·

Ai,Elzona.So bitter jammer oor jou verlies.Toe ek lees van hoe jy die presiese tyd van haar geboorte en heengaan noem,breek my hart vir jou.Daardie kosbare oomblik van jou liewe kind se geboorte is vir ewig in ñ mamma se hart.Baie sterkte vir jou.x

Afrikaanse Knaap ·

Ons word militêr afgemaai.
My hart gaan uit na hierdie mense. Ek wil huil.

Anna ·

is enige ouer se vrees, maar as so iets aanbreek, val jou wêreld ineen. Baie sterkte, nooit sal daar genoeg trane wees om te huil nie, is die seerste seer om nog jou kind te oorleef. Elzona jy was nog altyd net goed vir ander, ek verstaan nie hoekom die op jou pad moes kom nie. Baie sterkte, mens vergeet nooit nie, mens leer om daarmee saam te leef. Die was so onnodig. Dink aan jou en jou geliefdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.