Paramedikus-ma wéér op toneel van geliefdes

Elzona en Abigail Meyer. Foto: Verskaf

Minder as ʼn maand nadat Elzona Meyer (36) van Heidelberg in Gauteng met haar reaksievoertuig onwetend na ʼn noodtoneel buite haar huis gejaag het waar haar 20-jarige dogter ná ʼn kaping om haar lewe geveg het en later dood is, was Meyer weer op die toneel waar ʼn naby vriendin én ʼn dogtertjie van ʼn ander vriendin dood is.

Sy het dié keer – nes met die dood van haar dogter – nie geweet wat op haar wag by dié ongelukstoneel wat die lewe van drie mense geëis het nie.

Toe sy in die motorwrak kyk en die dogtertjie leweloos sien lê, was sy oortuig sy gaan ineenstort, sê sy. Maar sy het nié; sy het bly veg om die lewe van die ander slagoffers te probeer red.

“Dit was soos ʼn skerp voorwerp wat deur my hart gesteek het,” sê sy. “My vriendin se dogtertjie was dood. Sy het leweloos in die wrak gelê. Ek het net gedink: ‘Dit kan mos nie wees nie. Dit kan nie weer met my gebeur nie – dit mag nie weer met my gebeur nie.’ Maar ek kon nie toelaat dat emosies my oorweldig nie, ek was in daardie stadium die enigste paramedikus op die toneel wat tussen die slagoffers moes rondhardloop.”

Enkele meters verder, in die tweede motor wat in die botsing betrokke was, het sy nóg ʼn vriendin aangetref. “Sy het my naam gesê en om hulp geroep en in daardie oomblik voel dit vir jou of jou liggaam nie verder wil beweeg nie. Dit voel asof jy nie jou arms en jou liggaam vinnig genoeg beweeg kry om die dinge te doen wat jy in só ʼn noodgeval moet doen nie. Maar op die een of ander manier kry jy dan krag van Bo af; dan druk jy deur en veg saam met hulle.”

Abigail Meyer. Foto: Via Facebook

Dit was soos ʼn nare terugflits van daardie laatmiddag in Februarie toe haar reaksievoertuig na die toneel ontbied is waar haar eie dogter, Abigail, ook ʼn slagoffer was. Abigail en haar kollega, Jaco Pretorius (24), albei mediese vrywilligers, het van die gimnasium af gekom en by die huis stilgehou sodat Abigail haar motor kon gaan intrek.

ʼn Voertuig met vier mans het agter Jaco se motor in die oprit stilgehou en deur die motor op hulle begin skiet. Van die gewapende mans het uitgespring en Abigail uit die motor gepluk. Jaco is ook uit die voertuig geboender waarna die aanvallers in Jaco se motor, ʼn rooi Ford Fiesta ST, en hul voertuig van die toneel weggejaag het. Die aanvallers het Abigail in haar maag gewond, maar Jaco is nié gewond nie.

Meyer het Abigail gestabiliseer, maar sy is later in die hospitaal dood. Haar naasbestaandes was by haar en die gesin het tyd gehad om afskeid te neem.

“Aanvanklik is jy só seer en stukkend dat jy aan niks anders as jou pyn kan dink nie,” vertel Elzona. “Maar later is dat asof jy jouself dwing om te sien dat jy ook in die donkerste oomblikke genade ontvang het. Dán besef ek sy kon dood gewees het toe ek by die toneel aangekom het. Sy kon ʼn selfs meer grusame dood gesterf het. Ek was al voorheen in my loopbaan op gru-tonele. En dan het ek myself afgevra: ‘Hoekom moes ék op daardie toneel gewees het?’ Maar nou weet ek. Ek moes dit sien, sodat ek nou kon vrede kry oor my dogter se dood.

Elzona en Abigail Meyer. Foto: Verskaf

“Ek moes daardie dinge sien sodat ek nou vir myself kan sê dat ons haar ten minste kon groet. Sy is vir ʼn paar uur vir ons gespaar sodat ons langs haar kon wees. Sodat ek haar kon vasdruk, vir haar bid en vir haar sê dat ek vir haar lief is. Ek besef nou ek is bevoorreg dat sy by haar bewussyn was sodat ek haar kon groet.”

Meyer sê Abigail was haar dogter, maar ook haar beste vriendin – daarom is haar afsterwe baie swaar om te verwerk. “Ek was maar bitter jonk en nog op skool toe ek Abigail gehad het. Ek moes my vuiste stukkend baklei om haar te hou. Ek moes in ʼn tehuis gaan woon en verder gaan leer het sodat ek vir haar kon voorsien. Ons het sáám dié moeilike pad gestap. Abigail was ʼn wonderlike kind. Sy was een duisend keer ʼn beter tiener as wat ek was. Sy was my steunpilaar en my wêreld en my beste vriendin. Daarom vra jy jouself agterna waarom sy dan moes sterf as jy só moes veg om haar te behou.”

Meyer sê sy het op die toneel waar haar vriendin dood is baie vrae en onsekerhede oor haar loopbaankeuse gehad. Daar was wel talle kere dat sy die lewe as paramedikus vaarwel wou toeroep, maar tog later besef het dat mense haar nodig het.

“Soms wonder ek of ek net te gou weer terug werk toe is, maar ek is nou oukei. As dinge te erg raak, sal ek net weer tyd alleen vat om te herstel. Die aard van my werk bly maar erg – jy kan nie net wegkyk van hierdie dinge nie. Ek voel in dié stadium dat ek my kwota slegte nuus vir ʼn lang tyd nou ontvang én gegee het. Maar ek het tog nie ʼn keuse nie as om die werklikheid onder die oë te sien. Ek het vrede en ontvang genade omdat ek glo; omdat ek weet God sal mettertyd ook my gees en hart laat verstaan dat alles eendag weer oukei sal wees. Maar vir nou sal ek bly baklei vir diegene wat my nodig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Sam ·

Ek kan nie indink hoe moeilik dit vir jou kan wees nie, maar as mense in vandag se tyd nie in Engele glo nie, is dit nou tyd om te begin.

sandy ·

Ai toggie….Ek het nie woorde nie…….Sterkte aan jou. Jy is in my gebede.

Hans ·

Staan vas in dit. Dit is die beroep wat mens in is en dit gaan nie beter raak nie. Sterkte vir jou. ek het vriende in die beroep en werk self by n noodgevalle eenheid. Dankie vir dit wat jy en jou kolegas doen.

Deloris ·

Elzona, ons is trots op jou. Vasbyt jy sal sterker word, maar dit gaan jou altyd bybly. Bid vir jou dat jy sal krag kry en net genade jou sal dra soos in hierdie geval. Dankie vir wat jy doen.

gina ·

Jy is n ongelooflike merkwaardige vrou. Jou krag is verseker van God alleen. Ek hoop jy skryf eendag n boek oor jou lewe. Jy kan mense inspireer en weer hoop gee.

Maklik ·

Maklik om name aan mense toe te dig maar jy IS GESTUUR om jou doel op aarde te verwesenlik. Elzona, niks is tevergeefs. Ek glo dat ongelukslagoffers ‘n ENGEL sien sodra jy opdaag. Doet so voort.

MAGGIE ·

Ek moet se ek stem saam met jou dat die slagoffers seker dink hulle sien n Engel as hulle vir Elzona sien. Ek dink jy gee elke persoon waarmee jy te doen het ‘n bietjie moed om harder te veg!

MAGGIE ·

Elzona, ek het nie woorde vir jou om jou te troos nie. Jy is deur ‘n verskriklike tragedie met die ongelukke so kort opmekaar en tog sien jy kans om voort te gaan. Jy is ‘n sterk vrou en al ons gebede is met jou! Sterkte ons dink aan jou en bid saam met jou!! Dankie vir alles wat jy opoffer vir jou medemens mag dit beter gaan van nou af.

Linda ·

Jy’s ‘n besonders brawe vrou. Jy is ‘n engel vir baie mense op hul moeilikste uur. Ek bid dat daar ook besonderse engele op jou pad is elke dag. xx

Lienkie ·

Elzona jy is ‘n dapper engel vrou en so pragtige voorbeeld vir ons. Sterkte op jou pad vorentoe.

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie is ‘n vrou wat ons almal skaam maak. Haar moed en deursettingsvermoe maak my bewoe.

Justice ·

Ek het nie woorde nie – Elzona jy is voorwaar `n besonderse vrou wat waarvoor ek net die hoogste respek en agting het. Jy is voorwaar vir nog vir groot dinge in hierdie lewe bestem.

Marinda ·

Elzona, ek lees hierdie berig en my hart huil saam met jou. Sterk wees, want jy is baie braaf. Jy is daar vir die wat op daai oomblik hulle self nie kan help nie en wie op jou staat maak. Baie jammer oor jou vriendin en die ander vriendin se dogtertjie.

Meraai ·

Hierdie vrou het ‘n hart van staal. Ek salueer jou brawe vriendin. Mag God jou styf in sy hande vashou en troos en beskerm ELKE LIEWE DAG

Marinda Van Tonder ·

Sjoe, baie dankie dat jy daar is vir wanneer mense jou so nodig het .Pas jouself mooi op!

Jo ·

Wow Elzona. Baie sterkte en genade vir jou – jy het al my respek.

Kobie Jacobs ·

Elzona, jy is ‘n pragtige mens, in alle opsigte. Dis wonderlik dat jy jou geloof in en vertroue op God openlik bely. Ek glo Sy krag dra jou. Ek bid vir jou, mag Sy liefde jou omvou.

Elaine ·

Elzona, my hart breek vir jou. Daar is sekere dinge in die lewe wat mens nie altyd verstaan nie. En om ñ kind aan die dood af te staan is sekerlik die ergste pyn waardeer enige ouer kan gaan. Maak seker jy praat met iemand en moenie jouself in jou werk gaan probeer begrawe nie. En ja, ons het sulke engele soos jy nodig, maar sien ook asb om na jouself.

Maria Kuhn ·

Elzona jy is voorwaar ‘n vrou na wie ons almal kan opkyk. Nag na nag jou tyd op offer vir ons gemeenskap. Jy is ‘n engel gestuur vir ons. Mag ons Vader jou dra deur elke sekonde van die nag en dag. Mag Hy jou beskerm, maar meeste van alles mag Hy jou hart heel maak. Jy is tops girla. Ons gemeenskap is baie lief vir jou. Sterkte x

Cj ·

Die vrou is soveel sterker as wat ek ooit sal wees. My hemel,ek sal nooit so iets kan verwerk nie. Grawe eerder nog n graf vir my om daarin te lê want ek sou nie kon aangaan nie. Sy kry virseker haar keag van bó.

Jaco Herbst ·

Jammer dat dit met jou moes gebeur, jou diens is kosbaar en ondankbaar van aard ongelukkig. Sterkte met jou verlies, kan my nie indink nie. Ons sal “Persoon” (Joanie) wat in ongeluk ook mis. :-( Aan almal wat hierdeur geruk is, mag God jul pyn sien en jul vashou.

Jakoba ·

HY sal jou dra elke oomblik, dankie vir jou menswees, mag jy geseën word op jou lewenspad. Skryf elke dag in ‘n dagboek oor hoe die Here in beheer is en alle seer genees op SY tyd. Sterke.

Trudie ·

Elzona ek smeek jou skryf n boek, dit gaan jou so baie help om van jou emosies ontslae te raak. Onthou n mens bly net n mens. Baie sterkte dapper vrou!

George ·

Elzona, ek glo daar is ‘n spesiale plek in die Hemel vir mense soos jy. Om elke dag ander mense ‘n tweede kans op lewe te verdien ‘n spesiale plek.

Patrick ·

Elzona. Van een paramedikus aan n ander. Ek salueer jou my suster. Waardeur jy tans gaan wens ek nie my grootste vyand toe nie maar ek jou wel kan se is dat ek voel jou. Ek was ook daar. Min mense besef waardeur ons as paramedici daagliks gaan en wat ons beleef of moet trotseer terwyl hulle ongehinderd voortgaan met hulle lewens. Daar is die hartseer, die pyn, die lyding maar daar is ok die mooi en die genot wat die werk ons daagliks bied. Die een oomblik ervaar jy die hartseer en pyn wanneer jy n pasient sien die lewe verlaat vir die ewigheid nadat jy alles in jou vermoee gedoen het om sy/haar lewe te red en net op die volgende toneel help jy n mamma die lewe skenk aan haar baba, en ons geniet die vreugde saam met haar. Soos die een skrywer dit noem sien mense ons as engele, n verlenging van God se arm op aarde, maar ons kan nie almal red nie. Ek het besef om hierdie werk te doen is nie my beroep nie maar eerder n roeping. Jy is geroep om te doen wat jy doen. Sonder God sou ons dit nooit sover gemaak het nie. En na n dag se werk gaan ons trug na ons families toe met al hierdie emosies en sit n groot glimlag op asof niks verkeerd is nie. Ek bid jou alle sterkte toe en mag jy groei in jou roeping en God seen jou.

Pretoria Man ·

Sterk vrou. Jy verdien baie respek en liefde vir dit waar deur jy is. Ek sou gevou het

NICOLA ·

Dearest Elzona you are an amazing woman and an inspiration to all. God blessed you, his arms are holding you every second of everyday.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.