Paramedikus se seun sterf dae ná sy eie dood

Sevaugh Herbst is vroeg Saterdagoggend (25 Feb 2023) dood. (Foto: Linda Herbst/Facebook)

Die seun van die reddingswerker en paramedikus wyle Paul Herbst, is Saterdagoggend in ʼn motorfietsongeluk dood.

Sevaughn se dood kom skaars vier dae ná Paul se afsterwe.

Sevaughn se ma en Paul se vrou, Linda, het op Facebook die hartseer nuus gedeel.

“Ons het in ʼn kwessie van vier dae van ʼn gesin van vier gegaan na ʼn gesin van twee,” skryf sy.

“Ek is nog in ongeloof oor wat gebeur het. Ons het nog nie eers vir Paul begrawe nie.”

Paul is enkele dae nadat hy na Suid-Afrika teruggekeer het ná ʼn reddingsending in Turkye dood. Paul is beskryf as ʼn “gerespekteerde en toegewyde leier in die nooddienstebedryf” en het verlede week nog onder die vaandel van Gift of the Givers hulp aan Turkye verleen ná die verwoestende aardbewing in die gebied.

Paul Herbst is Dinsdag (21 Feb 2023) dood. (Foto: Barry Bowditch Photography/Facebook)

Linda het in ʼn hartroerende huldeblyk aan haar man van 20 jaar geskryf dat sy nie verlief was op Paul die held nie, maar op die Paul wat sy geken het.

“Ek het Paul die held ondersteun, gerespekteer en bewonder, maar ek was verlief op my sielsgenoot,” sê sy.

“Ek weet nie hoe om Linda te wees sonder om Paul se vrou te wees nie.”

Linda moet nou ook haar seun groet.

“Gaan rustig my kind, jy het soveel liefde wat vir jou aan die ander kant wag.”

Paul en Sevaughn word oorleef deur Linda en Skyler.

Paul se begrafnis sal na verwagting Dinsdag om 11:00 by die Grace-familiekerk in Ballito gehou word. Begrafnisreëlings vir Sevaughn is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Papsak ·

Sjoe dit harde slag vir daai vrou en moeder alle sterkte vir haar en familie God sal u dra hier deur glo net

TruthDealer ·

Ek kon dit skaars glo toe ek hierdie berig lees. Ek het nie woorde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.