Paramedikus sterf op ongelukstoneel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paramedikus is dood en talle mense beseer nadat verskeie voertuie in ʼn botsing betrokke was op die N1 naby die Allandale-afrit in Midrand.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die paramedikus, ʼn werknemer van die Johannesburgse nooddienste, het op die ongelukstoneel na ʼn pasiënt omgesien toe hy deur ʼn voertuig getref is.

“Twee VW Polo’s, ʼn insleepvoertuig, ʼn ambulans en nog ʼn voertuig was op die toneel met paramedici se aankoms.” Volgens Mathe is die paramedikus deur die insleepvoertuig getref en was hy onder die voertuig vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar.

Mathe het gesê paramedici van Netcare 911 het twee kritiek beseerde pasiënte op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. “Die ander beseerdes is deur ander nooddienste behandel en na nabygeleë hospitale geneem.”

Die botsing het omstreeks 05:20 plaasgevind. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Dit is omdat die bestuurders van insleepvoertuie soos besetenes jaag asof hulle (soos Zuma) dink dat hulle bo die wet verhewe is. Hulle jaag om eerste daar te wees vir die insleepgeld. Natuurlik moet ambulanse so vinnig moontlik daar wees maar die aasvoëls moet beheer word.

Zva ·

Hi. Die insleepdiens personeel was heel onskuldig in vanoggend se voorval. Daai inligting is foutief …

Knapie ·

Zva. Dit mag dalk so wees dat die insleepdiens onskuldig was, maar Cherokee gee n baie raak beskrywing van hoe die publiek ( ten minste ek en Cherokee…) die gedrag van insleepvoertuie se bestuurders ervaar.

Cherokee, ek stem saam dat ambulanse so gou moontlik by die toneel moet uit kom, maar hulle moet dit doen sonder om ander padgebruikers se lewens in gevaar te stel. Ek sien sommige privaat ambulansdienste sit ook op middelmannetjies en wag vir iemand anders se teëspoed, net soos insleep voertuie, en jaag dan soos besetenes na die toeneel. Ook weer n geval van die eerste ambulans het die beste kans om d pasient te behandel en n rekening vir iemand te stuur. Maponya 911 lui nogal hier n klokkie…

Mari ·

Volgens my is die ambulans baie belangriker op n ongelukstoneel en hulle moet n wer maak dat insleepdienste nie naby mag kom alvorens beseerdes verwyder is. Die insleepdienste last my dink aan n pak hieenas

Maria ·

So jammer vir die naasbestaandes. Dankie aan alle nooddienste wat soveel lewens onder moeilike omstandighede red.

Sputnik ·

Ek stem 100% saam met Cherokee. Bestuurders van insleepvoertuie verbeel hulle, hulle is renjaers! Sal graag wil weet hoe die bestuurder van die insleepvoertuig totaal onskuldig is. Het die paramedikus onder die voertuig ingekruip? Tragies! Innige simpatie met naasbestaandes.

Cherokee ·

Soos Knapie en Sputnik saamstem, bestuurders van voertuie wat die reg het om spoed te oorskry ter wille daarvan om lewens te red, maak misbruik daarvan. In die middel (19)tagtigs het ‘n kollega die lewe gelaat nadat hy in ‘n motorongeluk was en die ambulans wat met hom na ‘n hospitaal gejaag het, in Carlettonville by ‘n robot in ‘n ongeluk was. Dit is sinneloos, roekeloos en onwettig.

Joann ·

Ek stem dat insleepdienste soos honger hienas is, wil altyd eerste by ongeluks toneel wees en dink nie aan beseerdes nie.

yumna ·

Baie tragies, bitter jammer vir die familie. Ek was self n slagoffer van n insleep diens wat soos n besetene gejaag het na n ongeluks toneel en self n ongeluk versoorsaak het. Hy het in die dorps gebied ver oor die spoed grens gejaag dat hy nie in tyd kon rem en my van die pad af gestamp dat my motor gerol het. Hulle is net n klomp aasvoels wat net sit en wag en dan nie omgee oor hoe hulle mense se lewens ook in gevaar stel ni

Oupa D ·

‘Onskuldige ‘ insleepdiens se voet. Die mense ry soos mal goed en dit was in werklikheid net ‘n kwessie van tyd voordat so ‘n ongeluk soos hierdie gebeur. Dis ongelooflik dat die reeds moeilike werk van ‘n paramedikus verder veswaar word deur hierdie mense. Verbied hulle om naby ‘n ongelukstoneel te kom, totdat die polisie hulle die groenlig gee. Dit kan ek jy en jy wees wie se lewens afhang van die paramedikus se inset op die toneel…

Santie ·

Ja hulle ry wild, want gewoonlik wie eerste is, kry die werk. Maar ek kan ook sê dat die M1, M2 en M3 waar ek elke dag ry, ‘n nagmerrie sal wees sonder hulle wat stukkende karre en karre in ongelukke so gou moontlik wegsleep word. Weet julle hoe lyk paaie in ons omgewing wat deur ongelukke geblokkeer word? Jy sit vir u-u-u-u-re in die verkeer.

Gesiggie ·

Ek voel regtig jammer vir die man se familie, hy is die een wat moet toesien na ander wat in n ongeluk betrokke is.. maar moes sy lewe verloor… en ek stem 100% saam i.v.m die insleep dienste hul baklei vir n plek, en kan nie vinnig genoeg na n ongeluks toneel jaag… maybe partykeer te onverskuldig??

Susan ·

Ek sien die insleepdiens nie as `n noodvoertuig nie, hulle kan niks doen voor paramedici en Sap klaar is op toneel, so hoekom die gejaag en verdere ongelukke veroorsaak? versekerings maatskappy sê in elk geval wie moet hulle voertuig sleep.

wes kaap ·

Die insleep dienste is darem nie altyd so sleg nie, my seun was ‘n ruk terug in ‘n groot motorfiets ongeluk betrokke en dit was die insleep dienste wat ons kom haal het by ons huis, want my seun se selfoon was natuurlik ook stukkend van die ongeluk, so niemand kon ons bel nie. Hulle is darem nie almal so roekeloos nie!!! Probeer ook maar op ‘n eerlike manier ‘n bestaan maak. Maar baie sterkte aan die oorledene se familie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.