Paramedikus sterf op pad na noodgeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paramedikus van KwaZulu-Natal wat op pad was na ʼn noodgeval, is Vrydagoggend dood toe die ambulans reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die ongeluk het op die R612 tussen Ixopo en Donnybrook gebeur. “Twee paramedici was op pad na ʼn siek kind toe die ongeluk gebeur het,” het hy gesê.

“[Die paramedikus wat bestuur het] is op die toneel dood. Haar kollega, Mnr. Shelembe, is ernstig beseer en in die hospitaal opgeneem met kopbeserings,” het hy gesê. “Shelembe is ʼn basiese lewensondersteuning paramedikus wat nog net twee maande in diens is.”

Meer besonderhede oor die oorsaak van die ongeluk was nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.