Paramedikus vas ná ambulanskaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 31-jarige paramedikus van Khayelitsha het homself Saterdag aan die polisie oorgegee in verband met ʼn voorval Vrydagaand waartydens ʼn ambulans gekaap is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê paramedici was omstreeks 23:00 Vrydag besig om ʼn pasiënt te behandel in ʼn ambulans voor die Khayelitsha-brandweerstasie toe twee mans wat met messe gewapen was in die ambulans gespring het.

“Die bestuurder van die ambulans het teruggeveg en kon daarin slaag om te ontsnap en hulp te gaan ontbied. Die verdagtes het ʼn ent met die ambulans gery voordat hulle die paramedikus wat steeds in die ambulans was van haar selfone beroof en te voet gevlug het.”

Volgens Rwexana het die paramedikus met die ambulans terug na die brandweerstasie gery en die saak by die polisie aangemeld. Die polisie soek intussen nog na die ander verdagte.

Die paramedikus wat homself aan die polisie oorgegee het, sal Maandag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boertjie ·

Ai toggie ja hy is vas! Wie het hom gevang as hy homself oor geggee het anders sal hy nog altyd vry rondgeloop het.

Koos ·

Die is nou ‘n goeie voorbeeld van die anargie wat in Suid-Afrika heers,die kriminele vrees nie meer die wetstoepassers en dink hulle kan maak net wat hulle wil sonder om twee keer aan die nagevolge te dink nie ….of is dit uit desperaatheid??

E ·

Kyk ek kan vetstaan van die selfone, maar wat maak mens met ń ambulans? taxi? of het ń maat in reg wat hom weer oorkoop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.