Paraplegiese meisie verdrink in Jhb

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige parapleeg het Maandag in die bad in ʼn woonstel in Johannesburg verdrink.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die kind was besig om te bad toe sy verdrink het. “Paramedici het omstreeks 06:20 by die woonstel in die middestad van Johannesburg opgedaag. Die meisie het nie enige tekens van lewe getoon nie. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Mathe het gesê die polisie stel ondersoek in.

Netcare911 versoek ouers en voogde om nie kinders sonder toesig naby water toe te laat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hettie ·

Klink nie reg omstandigheid nie want 8jr is genoeg sterk en hoe 8jr kind in bad verdrink?

Meis ·

Soos ek verneem is die kind ‘n parapleeg en was sy sonder toesig in die bad.

Moegviraldiebeloftes ·

Stem saam met jou Hettie – hoe los jy ‘n paraplegiese kind alleen in die bad???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.