Parate boer spring aanval vry; een vas

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Parate boer van Heidelberg in die Wes-Kaap het dié naweek ʼn aanval op sy plaas vrygespring toe hy wakker geskrik het terwyl twee verdagtes besig was om toegang tot sy huis te verkry.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Sondagaand omstreeks 22:45 op die plaas Melkboom in die Heidelberg-omgewing plaasgevind.

Pojie sê ʼn voorlopige ondersoek het vasgestel dat minstens twee verdagtes gedwonge toegang tot die huis probeer verkry het kort nadat die boer en sy gesin ná ʼn wegbreek teruggekeer het plaas toe.

“Die verdagtes het eers deur middel van die deur by die solder toegang tot die perseel verkry, maar kon daarna nie toegang tot die hoofhuis verkry nie,” sê hy.

“Die verdagtes het daarna ʼn venster aan die kant van die huis gebreek, maar is ingewag deur die boer wat intussentyd wakker geword het. Hulle het onmiddellik te voet gevlug en niks gesteel nie en niemand is in die voorval beseer nie.”

Die polisie het onmiddellik gereageer en een van die verdagtes in ʼn veld naby aan die huis vasgetrek. Die verdagte is geïdentifiseer as ʼn hawelose man in sy 30’s wat bekend is aan talle Heidelberg-inwoners. Pojie sê die man sal later vandag in die landdroshof in Heidelberg verskyn. Die tweede verdagte is steeds op vrye voet.

Pojie sê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Hy sê die polisie beskou die voorval nié as ʼn plaasaanval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Wat!! nie n plaas aanval nie?? Dit was op n plaas, dus is dit ‘n Plaas aanval!! al is dit gefnuik.,

Penellope Jones ·

Lyk my dit word net as ‘n “plaasaanval” geag wanneer ‘n moord plaasgevind het . . .
Dankie tog dat hierdie boer paraat was en nog ‘n plaasmoord kon afweer!

Antie ·

Hulle beskou niks as ‘n plaasaanval nie, wat soek hulle in elk geval daar????

Miekie ·

O my goodness , gracious me. As die boer nie wakker geword het nie was hy en nog gesinslede in die huis nie meer met ons nie. Nou is die boer bietjie meer wakker as die boewe en dis nie ‘n plaasaanval of poging tot moord nie. Die polisie is baie snaaks

Johan Barnard ·

Hulle wou seker kom koffie drink, pad vra of beeste koop. Mos altyd baie onskuldig.

Skyspy007 ·

Al my kollegas hier bo….dit was sekerlik soos die patetiese SAP weer sal sê….nie ‘n ‘plaas aanval” nie….net ‘n PLAAS in die dorp met BOERE wat op ‘n plaas IN DIE dorp bly. Dankie dat jy so wakker was en die aanval kon afweer….hierdie skurke het seker kom “koffie drink” of werk kom soek, 11uur die aand. Wie dink hierdie onnosele skurke is hulle om mense….ja ENIGE mense te ontneem van hulle privaatheid en in te breek en te moor. DOODSTRAF kom asseblief terug, selfs vir die “boewe” tussen ons wittes ook.

Blommie ·

Dis skokkend om elke dag net van moord roof en verkragting te moet lees maar om die doodstraf terug te wens gaan nie help nie WANT dit gaan die mense aan bewind carte blanche gee om nog meer wittes te vermoor. My rede hiervoor is: as jy jouself en of jou geliefdes, plaas e,, woning of wat ook al verdedig en jy word skuldig bevind sal die doodstraf op die wittes gouer toegepas word as andersom. Ek sê maar net

JSG ·

Net gou my opinie hoekom ek reken die polisie dit as huisroof sien en nie ‘n plaasaanval. Hierdie is ‘n huisroof wat skeefgeloop het. Die hawelose het seker die makker vertel die boer en sy gesin is weg van die plaas en toe besluit om die huis te gaan plunder. Aanvalle is gewoonlik direk op die plaaseienaars gemik en nie soos in die geval. Huisbrake word meestal deur die dak gedoen omrede dit die maklikste toegang tot ‘n woning is en dis wat die twee eerste probeer het. Toe dit nie werk het hulle die venster probeer, maar geen een van daai was bewus die boer is al terug van hulle wegbreek vakansie. Ek sien dit ook as ‘n huisroof wat skeefgeloop het en nie ‘n direkte plaasaanval.

Robert ·

Met mense soos jy in ons midde sal die plaasaanvalle voortgaan. Tyd om op te staan én wakker te word

JSG ·

Het ek dit enigsins goedgepraat? Net die feite weergegee, vriend.

Antiestabliesment ·

Net die blote feit dat die polieste se “dit was nie n plaasaanval nie” gee erkenning daaraan dat plaasaanvalle wel ‘n werklikheid is.

Trich ·

Interessant dat ‘plaasaanvalle’ nooit aparte statistiek volgens die polisie is nie en mos nie gebeur nie, maar hulle wil dit tog nie etiketteer as ‘n ‘plaasaanval’ nie…… Ek stem saam dat as die boer nie ‘paraat’ was nie (asof die vermoordes nie was nie), hulle ook deel van Afriforum se statistiek sou wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.