Parkstasie-skietery: Polisie op soek na 12 verdagtes

Foto: Yusuf Abramjee op Twitter.

Foto: Yusuf Abramjee op Twitter.

Foto’s van die verdagtes volg onderaan die berig. Die polisie is op soek na ʼn groep van ongeveer 12 verdagtes wat Dinsdagoggend ʼn polisiekonstabel by Parkstasie in Gauteng doodgeskiet het toe hy op ʼn beweerde rooftog by die stasie reageer het.

Maroela Media het vroeër berig die beampte is omstreeks 05:00 in Noordstraat doodgeskiet.

“Die beampte, in sy laat 20’s, is ʼn paar keer in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar,” het maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, gesê.

Polisiebeamptes van die beskermingsdiens is glo deur ʼn veiligheidswag ontbied in verband met ʼn groep mans wat glo ʼn gewapende roof wou uitvoer. “Toe die beamptes by die toneel opdaag, het hulle die verdagtes teëgekom wat wou vlug,” het Mngomezulu bygevoeg. “Van die verdagtes het met ʼn Corsa-bakkie van die toneel gevlug en ander het te voet gevlug.”

Die polisie het hulle agternagesit en die verdagtes het verskeie skote op die beamptes gevuur. “Een van die beamptes is getref en sy dienspistool is gesteel.”

Die polisie is nog steeds op soek na die verdagtes. Die polisie doen ook ʼn beroep op die gemeenskap indien enigiemand inligting het wat die polisie in hul ondersoek kan help. Inligting kan aan 086 001 0111 gestuur word of by Prime Media se misdaadlyn 32211 aangemeld word.

Lees alle vorige berigte oor Parkstasie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jakes ·

1 lyk soos my tuiningenieur- hy ook swart en dra blou klere. Motief was seker v Riebeeck en apartheid se skuld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.