Parktown-afrigter hoor vonnis dán

Collan Rex. Foto: ANA.

Die voorvonnisverrigtinge in die saak van Collan Rex, die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School in Johannesburg, is Maandag in die Palm Ridge-landdroshof uitgestel tot Donderdag.

Die hof het Maandag gehoor dat die proefbeampte se verslag nog gefinaliseer moet word.

Rex is Vrydag skuldig bevind op 12 aanklagte van aanranding en 144 aanklagte van seksuele aanranding.

Staatsaanklaer Arveena Persad het gesê die slagoffers se impakverslae is aan die proefbeampte oorhandig, maar dat die verslag eers Donderdag gereed sal wees.

Rex het vroeër skuld beken op die 144 aanklagte van seksuele aanranding. Hy het egter op die 183 oorblywende aanklagte, wat verkragting en poging tot moord ingesluit het, skuld ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sp ·

Waarvoor jou gesig agter ñ koerant versteek as jy weet jou dade gaan jou inhaal?

Johann ·

En wanneer word die skool gevonnis? Dis mos ONMOONTLIK dat letterlik HONDERDE voorvalle plaasgevind het en die skool se veronderstelde stelsels en sisteme nie al die heel eerstes van kennis gedra het, SONDER OM IETS TOE AL TE DOEN? SHAME ON YOU… of is dit laaaaankal al deel van die veronderstelde spogskool se LEGACY? Dis nou net uitgewys? Voorbeeld van sg. spog skole se ware kleure? Nou skielik n lekker blaamdraer vir als wat daar gebeurMET die “skool” se medewete!

christa ·

hy kan maar sy gesig wys. Hy was mos groot meneer toe hy met kinders te doen gehad het.

Ek hoop ·

Ek hoop vir ‘n baie swaar straf, dit wat hy gedoen het, is onvergeefbaar en die skool moet ok maar bietjie ondersoek instel, hoe kan soveel sulke dinge gebeur en niemand kom iets agter nie, strooi, as jy vermoed, ondersoek jy, as mense wil kwaad word, moet hul maar, geen kind verdien sulke wangedrag teen hul. Ons verwag van kinders om respek en goeie gedrag te lewer, dan moet ons die voorbeeld wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.