Parktown-afrigter vrygespreek op sommige aanklagte

Collan Rex. Foto: Facebook

ʼn Voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys High School is Maandag in die hooggeregshof in Palm Ridge vrygespreek op party van die aanklagte teen hom, onder meer van poging tot moord, molestering, aanranding en die blootstelling van ʼn kind aan pornografie.

Regter Peet Johnson het Collan Rex (22) vrygespreek van etlike aanklagte wat betrekking gehad het op leerders van die Johannesburgse spogskool wat nie getuig het nie. Rex het reeds skuldig gepleit op 144 aanklagte van molestering met betrekking tot 12 seuns.

William Robertse, vir die verdediging, het aangevoer daar is geen getuienis om Rex vir die aanklagte van verkragting, poging tot moord, aanranding en molestering te vervolg nie.

“Die beskuldigde is aangekla weens 110 aanklagte van poging tot moord,” het Robertse gesê, “(maar) die klaers het die staat se saak weerspreek dat die beskuldigde hulle probeer vermoor het. Hy behoort op dié aanklagte vrygespreek te word.”

Robertse het ook aangevoer sy kliënt behoort nie vir verkragting vervolg te word nie. “Die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat die beskuldigde verkragting gepleeg het nie.”

Hy het gesê om ʼn man se tepels te gryp word nie as molestering beskou nie.

Robertse wou ook hê Rex moet vrygespreek word op die aanklagte dat hy ʼn kind aan pornografie blootgestel het. Hy het gesê 50 shades of Grey word in Suid-Afrika nie as ʼn pornografiese rolprent beskou nie.

Die staatsaanklaer Arveena Persad het aangevoer dat die staat al die getuienis in aanmerking moes neem wat voorgelê is en dat talle van die slagoffers ook getuies van Rex se dade was.

Sy het bygevoeg dat Rex reeds sommige van die dade beken het.

Johnson wou by Persad weet of Rex die seuns wat hy gewurg het, wel om die lewe wou bring aangesien hy nooit aangehou het om hulle te wurg nadat hulle hul bewussyn verloor het nie.

Die staat het aangevoer al sy getuies was geloofwaardig.

Persad het bygevoeg dat dit traumaties vir ʼn kind is om te getuig oor hoe orale seks op hom afgedwing word.

Johnson het egter gesê hy het ʼn probleem daarmee dat die kinders nie kon sê presies hoeveel keer Rex hulle gewurg het nie. Hy meen dis nie oortuigend dat die leerders raai hoeveel keer hulle gewurg is nie en sê dit sou nie voldoende wees om Rex skuldig te bevind aan ʼn geskatte aantal pogings tot moord nie.

Die hofsaak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Iché ·

Siek,siek,siek samelewing!
En ons kan dit dié keer nié op die ANC blameer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.