Parktown Boys’ High se skoolhoof afgedank

Enock Mpianzi (13).

Die Gautengse departement van onderwys het Maandag die skoolhoof van Parktown Boys’ High, Malcolm Williams, afgedank.

Williams word van drie klagtes van wangedrag beskuldig ná ʼn voorval op 15 Januarie 2020 waar Enock Mpianzi (13) tydens ʼn gr. 8-kamp van die skool verdrink het.

Die departement het gesê Williams het die administrasie, dissipline of doeltreffendheid van die departement onregverdigend benadeel.

“Na bewering het hy, sonder vooraf toestemming, toegelaat dat die skool ʼn uitstappie na Brits onderneem vir ʼn graad 8-oriëntasiekamp,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die tweede bewering is dat hy versuim het om seker te maak dat ʼn teenwoordigheidslys vir alle leerders op die uitstappie deurgaans volgehou word. Die finale bewering is dat hy die lewens van leerders in gevaar gestel het toe ʼn rits veiligheidsreëls en -regulasies verontagsaam is. Hy het versuim om seker te maak dat alle leerders, wat aan wateraktiwiteite deelneem, lewensreddersbaadjies ontvang en dit het tot die afsterwe van Enock Mpianzi gelei.”

Mabona het gesê Williams is skuldig bevind op die eerste twee aanklagte, en onskuldig op die derde aanklag. “Die oorsigtelike beampte het, ná oorweging van die versagtende en verswarende omstandighede, hom daarvolgens afgedank.”

Williams het nou die reg om appèl aan te teken by die LUR teen die bevindings van die oorsigtelike beampte.

Maroela Media het vroeër berig Enock se liggaam is op 17 Januarie in die Krokodilrivier gevind nadat hy twee dae vantevore tydens ʼn spanbou-aktiwiteit in die rivier verdwyn het. Die leerders moes tydens die aktiwiteit vlotte bou en daarmee oor die rivier vaar. Onderwysers het egter eers die volgende dag besef Enock word vermis. Sy liggaam is sowat 3 km stroomaf gevind van waar die vlotbou-aktiwiteit plaasgevind het en Enock die laaste keer lewend gesien is.

Vriende van Enock wat saam met hom op die kamp was, het ná sy dood vertel dat hulle herhaaldelik aan kamppersoneel gesê het dat hy vermis word. Hulle is egter telkemale weggewys sonder verdere ondersoek na waar Enock hom bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harry ·

Ongelukkig is hierdie die regte uitslag. Ek sou bitter gewees het as dit my kind was. Skool bly verantwoordelik ongeag of ouers “eie risiko ” vorms onderteken. Wyse besluit.

Fritz ·

Ongelukkig is die veiligste uitweg om geen sulke aktiwiteite aan te bied nie. Laat die kinders maar eerder in malls leeglê of op hul fone speel…..of erger….. As skoolhoof is jou pensioen belangriker as die vreugde wat kinders uit sulke toere kry.

AmY ·

Nie meer in vandag se tyd nie, want kinders vee hulle alies af aan gesag.

Eiervrug ·

Dit is nie reg nie. Geen kind kan vanself swem nie. Dit is ouers se plig om toe te sien dat hulle kinders wel waterveilig is (eerder vroër as later). Help nie jy blameer ander vir jou tekortkominge nie. Dalk moet skole dan kinders uitsluit wanneer uitstappies gereel word, sodat hulle nie verantwoordelik gehou kan word nie, in die geval waar daar water betrokke is by uitstappies…?

Jaco ·

Hoe is ‘n wit man in 2020 in dié anti-wit SA dan nog steeds ‘n skoolhoof van ‘n staatskool? Dis dan ‘n bestuurspos. Hoe het die regstellende aksie en BEE dan so lank by dié skool agterweë gebly?

AmY ·

Ek was op talle kerkampe en ook twee veldskole in my skoolloopbaan, en die ergste wat ek kan onthou was ‘n paar stukkende knieë en een gebreekte arm by die een kind.
Die gebreekte arm het gebeur oor ongehoorsaamheid.
Op veldskool was ons die hele tyd in klasverband en almal het een klasmaat (nie jou eie vriendin nie) gekry, en jy moes seker maak dat jy die hele tyd weet waar daai klasmaat was.
Maar ek was natuurlik in die 80’s op skool gewees.
Wat gaan dan vandag aan?

LiveAndLetLive ·

Dit is skokkend.

En hulle kom nie eens agter hy is weg nie en geen lewensreddersbaadjies nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.