Parktown Boys’ se hoof geskors ná verdrinking

Malcolm Williams. Foto: Facebook

Die hoof van Parktown Boys’ High School in Johannesburg is geskors.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat hy besluit het om Malcolm Williams met onmiddellike effek te skors.

Dit volg nadat die 13-jarige Enock Mpianzi verlede week op ʼn gr. 8-kamp van die skool verdrink het.

Volgens Lesufi werk sy departement sedert hulle van die tragedie uitgevind het onverpoosd om Enock se dood te ondersoek. ʼn Onafhanklike regsfirma is aangestel om die ondersoek te hanteer.

Lesufi het gesê die skool en beheerliggaam sal onder die loep kom tydens die ondersoek en dat die hoofdoel van die ondersoek is om die waarheid rondom Enock se dood aan die lig te bring.

Die hoof, onderwysers en leerders is ook reeds deur die ondersoekspan ondervra.

Lesufi het verder gesê dat die skool ʼn aansoek gebring het vir die goedkeuring van die kamp maar dat dit nie deur die distriksdepartement goedgekeur is nie. Die skool het die aansoek ook glo nie in die korrekte tydsraamwerk gebring nie. Beamptes van die departement wat by die saak betrokke was, sal volgens Lesufi ook skorsingsbriewe ontvang.

Hy het gesê alle wateraktiwiteite moet deur hoofkantoor, en nie op distriksvlak nie, goedgekeur word. Volgens Lesufi sal vrywaringsvorms by skole ook hersien word.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi. (Foto: Mia Slabbert)

Die departement het ook besluit om ʼn kamp wat die skool later vandeesmaand in Bloemfontein sou hou, te kanselleer.

Vrae het ontstaan oor die tydsverloop tussen Enock se verdwyning verlede Woensdag en die aanvang van die soektog Donderdagmiddag. Die seuns het by die Nyati-sportkamp buite Brits in Noordwes gekamp.

Vriende van Enock het glo herhaaldelik aan kamppersoneel gesê Enock is weg. Hulle is egter glo telkemale weggewys sonder verdere ondersoek na waar Enock hom bevind.

Die Nyati-kampterrein het vroeër by monde van sy prokureur, Daniël Eloff, gesê personeel van die skool het verlede Woensdagaand gekyk wie teenwoordig is en agtergekom agt van die leerders is nie teenwoordig nie. “Ongelukkig het die skool nie ʼn opname van leerders geneem voordat hulle by die skool vertrek het nie, so daar was geen manier om te weet of die afwesige leerders wel die kamp bygewoon het nie.” Hy sê eers nadat die ouers van dié agt leerders laat Donderdagoggend gekontak is, kon hulle vasstel Enock is weg.

Eloff sê die Nyati-kamp spreek sy diepste meegevoel met die Mpianzi-familie uit ná hul tragiese verlies. “Ons deel Enock se geliefdes se pyn en ons personeel ontvang ook berading. Nyati sal sy volle samewerking gee in alle ondersoeke wat gedoen word en toegang tot die eiendom bied,” sê Eloff.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Jean ·

Baie tragies.
Net snaaks dat die regering nie so baie aandag aan Hoerskool Triehoek daai tyd gegee het nie….

DD ·

Jean lees ook elders op Maroela media, die berig waar twee leerders iewers in Limpopo dood en twee beseer is toe ‘n muur omgery en op hulle geval het. Snaaks dat dit byna geen aandag in die media ontvang het nie.

vis ·

Skors sommer die hoof van onderwys want kinders verdrink in pit toilette

René Joubert ·

DD, ja, en die sanger Refentse Morake het glo Vrydag in die vroeë oggendure deur die muur van bekende mense in die Potchefstroomse middestad geploeg.

Suid-Afrikaner ·

Stem saam. EN… daar is soveel meer dinge waaraan tyd bestee kan word. Gee ruim tyd hiervoor en ek het geen probleem. Maar, is Lestofie met ander onderwyskrississe.?

My mening ·

Wat by Hoërskool Driehoek gebeur het, was n tragiese ongeluk. Wat met Enoch gebeur het, was gruwelike nalatigheid deur die skool en die kamp.

RH ·

Hullr sal nie want hulle is self verantwoordlik vir die gelde om gebour se instandhouding goed te keur en allokeer. In die lewe sal hulle ooit verantwoordlik gehou word nie.

Lucinda Watermeyer ·

Goeie voorbeeld Minister maar elke ander skool waar soortgelyk insidente plaasgevind word, moet oor dieselfde kam geskeer word. Dankie tog die vrywaringsaspek word uiteindelik aangespreek!!!! Waar kan jy net een keer per jaar indien nie net eenkeer per skoolloopbaan n indemnity teken nie! Skole het ook besighede geword. Bedryf dit met dieselfde druk van die Departement v Arbeid en OHS regulasies. Net soos ek wetlik verantspreeklik is vir my werknemers moet hoofde, opvoeders en beheerliggame behoorlik verantspreeklik gehou word vir leerders vir die tydperk wat hulle in hul sorg geplaas word.

Lava Lamp ·

Wat bedoel hy die aansoek is nie in die korrekte tydsraamwerk gebring nie? Hy kan nie eers by sy eie “tydsraamwerk” hou as hy kinders by skole moet plaas nie. Vee eers voor jou eie deur Lesufi…. Ai weet jy….

Andre ·

Lesufi stel net belang in die teken van vrywaring vorms. Hy weet nie dat daar nog verantwoordelikheid is nie.

Johan Venter ·

Ek neem aan dat die onderwysers wat toesig moes hou ook geskors is en dan neem ek verder aan dat Lesufi die Nyathi-sportkamp gesluit het.

Valkerie ·

Hoe het n tragedie van n kind se dood ontaard in n rasistiese voorval. Wie is nou die rasiste ?
Maar die EFF het mos nou weer n stok gekry om n hond mee te slaan .
Wat wil hulle bereik

Cherokee ·

Valkerie, weetnie of ek half gelees het nie, maar ek het nêrens rassisme raak gelees behalwe toe die na die rassis lesufi verwys is.

Ekke ·

Sjoe dis darem drasties. Wat van die onderwysers en toesighouers wat DAAR LANGS die rivier moes wees!!!

Se maar net ·

As Lesufi die plasing van kinders in skole Los soos dit paar jaaf terug was, sou hy die Kamp dalk in tyd goed gekeur het…

Kom Afriforum, ons soek sy bedanking!!!!

Trys ·

Daar is ondersoek gedoen na Driehoek geval deur die regering. Die 2 gevalle kan nie met mekaar vergelyk word nie

Verstom ·

Skaf sommer alle sport en uitstappies af. Kinders kan by klubs aansluit as hulle aan sport wil deelneem, soos in die meeste lande. Dan kan onderwysers mos hul werk behoorlik doen en al die kindertjies is veilig!

Kerneels ·

Goeie voorstel. Kinders kan ook meer onderig ontvang. Draf klas tot 16:00. Minder geld vir sportspanne se toere en onderhoud aan sportterreine. Geen private afrigters en sportdirekteure. Skoolfondse kan dan verlaag word of meer onderwysers kan aangestel word, veral vir wiskunde. Die staat kan die sportgronde verhuur aan sportklubs of verkoop. Die kinders wat werklik presteer in sport kan goeie afrigting by klubs ontvang, en teen ander klubs meeding.

Rusty ·

Sport het nou nie eintlik veel uit te waai met wat hier gebeur het nie. Kinders wat presteer in sport sal graag sport wil beoefen. My kind self neem nie aan skole sport deel nie maar doen wel ander sport waarin hy uitblink en dit befonds ons self en dit is in die aande. Maar los die ander kinders wat goeie atlete is en dies meer dat hulle hul sport by die skool kan beoefen. Dis nie alle ouers wat die finansies het om hulle kinders se sport privaat te finansier nie. En dan die Wiskunde is ‘n baie teer sakie. Ouers het ‘n plig om seker te maak hulle kinders verstaan die werk. Dis nie alleen die onderwysers se taak om jou kind te leer nie. My seun doen baie goed in wiskunde en sy punte is bogemiddeld . Ek sit elke naweek met hom dan werk ons deur sy wiskunde wat hulle die week gedoen het en ek maak seker hy verstaan dit. As daar iets is wat hy nie verstaan nie verduidelik ek dit vir hom. Maar is omdat ouers hande gevou wil sit en as die kinders sukkel op skool is dit altyd die onderwysers se skuld.

Jimmy ·

Rusty, in lande waar kinders goed presteer in die klaskamer word geen sport in skole beoefen nie. Dis ‘n private aktiwiteit en klubs borg kinders. Hier by ons is akademie soms van mindere belang, en daarom vertoon ons maar sleg teen lande waar kinders meer tyd in die klaskamer deurbring. Kyk maar na die wêreldindekse. En onthou, nie alle ouers is in ‘n posisie om hul kinders te help nie. Party ouers doen in elk geval meer skade en moet eerder TV kyk. Vra maar jou hoof om ‘n kostevoordeel analise te doen en jy sal sien wat sport skole kos.

Eddie Hulscher ·

Stem met jou saam.Plekks hy sy werk doen en ophou om Regter te probeer speel of ondersoek beamte.Hy is die sondebok en nie sy onderdane nie.

EksnMa ·

Hulle moet al die betrokke onderwysers ook skors ,hoe in jou lewe weet jy nie wie op die kamp is nie, sies skaam julle wie ook al julle is julle het opgeslip en nou is daar n kind dood. Hoe kan n skool so nalatig wees

Pampoen ·

Skors die LUR ook. Hy was in beheer van die hele stelsel!!!

Petrus ·

Stem saam met Wessel. Ek’s seker maar onnosel, maar wat het die Hoof daarmee te doen, was hy by?

Cherokee ·

Dit is ‘n probleem as julle ou’s ‘n rassekaart sien NET omdat ‘n wit skoolhoof geskors is. Dat lesufi ‘n rassis is, is algemene kennis, maar julle logika vergelyk met syne as julle rassisme sien in die skorsing van ‘n wit skoolhoof terwyl dit waarskynlik ook sou gebeur het as die hoof swart was. Niemand, nie eens die DA-lede in die groep, ontken die rassistiese aard van lesufi, (klein letter soos bedoel) maar kommentare moet gebalanseerd wees. As jou lorrie drywer ‘n honderd kilos van jou af in ‘n ongeluk betrokke is, sal jý ook voor die hof verskyn omdat dit een van jou werknemers is. Ons het so lekker uitdrukking in Afrikaans wat sê: finish en klaar.

Skilpad ·

Verskillende koerante reflekteer verskillende weergawes rondom die goedkeuring al dan nie. PBH het blykbaar al 19 November 2019 aansoek gedoen en teen hulle op kamp vertrek het, was die aansoek (nog) nie goedgekeur nie.

Was die aansoek dus afgekeur? Of was daar nog niks gedoen met die aansoek nie? Glo nie dat PBH sou vertrek het as dit afgekeur was nie. Ek sou dink dit was nog nie goedgekeur nie, maw daar was nog geen reaksie vanaf Dept nie. Hoekom vat Dept so lank? Maar net weer refleksie van hoe onbevoeg die Dept is?

Is dan dalk ook dom van PBH om te vertrek as daar geen terugvoering is nie, maar dan die vraag: “Hoe lank moet ons nog wag vir onbevoegde amptenare om hul werk te doen”.

Chris ·

Hierdie hartseer gebeurtenis het ongelukkig in ‘n politieke sirkus ontaard danksy die EFF.

lizzii ·

Verstom, ek stem 100% saam met jou, my kind is in n skool waar daar geen buitemuurse akiwiteit aangebied word nie, en dit werk baie goed.
Onderwyser en kind konsentreer op hulle akademiese verpligtinge, dit is tog immers waaroor skoolgaan gaan, nie waar nie?

Lyn ·

Nee skool gaan nie net oor akademie nie dit gaan oor sport, kultuur en akademie. Die onderwysers was verantwoordlik vir die kinders binne of buite die water. Hulle moet verantwoordlikheid neem vir wat gebeur het. Onderwysers gaan nie saam om te rus nie. Hul word betaal om na die kinders omte sien. Dit was nalatig om nie die kinders te tel voor hul in die bus geklim het nie en weer na hul geswem het. Alle oe was veronderstel om op die kinders te wees. Hoekom het die kinders nie aan die onderwysers gerapporteer dat n kind vermis is nie, maar wel aan die kamp personneel. Was die onderwysers ooit by die rivier of was hul geselig weg van die kinders af? Hoeveel onderwysers was saam? Waarom klink dit of die onderwysers nie wil pa staan vir die storie nie.?

Yolandie ·

Dis baie tragies.. Ek het gelees dat daar geen opname gemaak is van wie teenwoordig is toe hulle vertrek het nie… Hoe is dit moontlik.. Enige iemand kon dan saam gegaan het…of verstaan ek dit nou verkeerd… As my kinders op toer gegaan het hier was daar ten alle tye iemand wat aangeteken het wie waar is… Dis regtig tragies… My alle meegevoel aan die familie en vriende

Besorg ·

Paar jaar gelede was my dogter, toe nog nie eers 10 jaar oud nie, met ‘n Kerkkamp (op ‘n groot kampterrein wat “normaalweg” met gemak paar groepe gelyktydig op die terrein kan akkommodeer). Hul was ‘n groepie van ongeveer 40 kinders en dan nog die volwassenes daarby, en daar was nog ‘n klein groepie damesstudente met hul eie kamp ook op die terrein. Toe kom daar, met busse, ‘n groep vanaf wie-weet-waar, wat die res van die kamp terrein gebruik…. ook met “volwassenes” wat na hulmoes omsien. Maar hul kon die groep nie beheer nie, en nog minder het hul ‘n idee gehad het wie almal in die groep was. Dit het agterna geblyk daar was persone in daardie groep wie nie daar moes gewees het nie. Dit was binne ‘n uur of drie wat die leiers van ons kinders se Kerkkamp, besluit het om ter wille van die groepie kinders in hul sorg, se veiligheid, daardie selfde aand nog, die kamp te stop en huistoe te gaan. Ons kinders kon wel paar maande later hul kamp hou. In die lig van dit, wat al paar jaar gelede gebeur het, verwelkom ek stywe optrede… maar mens verwag dat onderwysers en ander volwassenes betrokke by kinders se toere, uitstappies en kampe sou weet om te alle tye seker te wees van die kinders in hul sorg.

John McLane ·

Sal die skoolhoofde van die skole waar skoliere mede skoliere met messe steek, ook geskors word?
En wat van die taxi-bestuurders wat skoliere se dood veroorsaak en lewens in gevaar stel?

Antoinette ·

Ek begryp nie waarom die hoof geskors moes word nie. Hy was waarskynlik nie eers daar nie – hoe kon hy dit verhoed het?

Hmmmmm.... ·

Volgens verskeie vorige berigte was die hoof saam op die kamp…..

AB ·

Ek neem aan dat hulle hom verantwoordelik hou omdat hy as Skool Hoof toegelaat het dat hulle op die toer gegaan het sonder dat die Departement dit goed gekeur het.

Se net ·

Die skool hoof is vernatwoordelik vir besluite wat die skool neem. As hulle nie eers kon sien Wie op die Kamp was nie en basiese veiligheid maatreels kon volg nie is hy verantwoordelik vir sy personnel. Dis ongelukkig hoe dit werk. Hy sy seker weer in sy pos wees as alles uit gesorteer is, maar n kind het sy lewe verloor en as dit een van ons kinders was het ek en jy nie hier gesit en vra hoekom mense moontlik hulle werk Kan verloor nie maar eerder antwoorde wou he oor hoe gebeur so iets en hoe gaan die lewe voort sonder my kind. Ek persoonlik dink daardien Kamp moet toe gemaak word hulle het is grootliks verantwoordelik vir hierdie hartseer. Hue maak Baie geld uit die skool kampe maar Kan nie eers sien hoe on veilig n rivier is nie.

Annalize Pienaar ·

Ek stem saam. Laat hulle vir buitemuurse aktiwiteite betaal, soos in ander lande.

Lyn ·

Hy moes seker gemaak het dat die personneel wat saam gaan verantwoordlil genoeg is en hul werk kon doen om die kinders op te pas. Maar deesdae gaan personneel saam om te gaan rus en nie te werk nie.

maans ·

Is hierdie lesufi perd die enigste lur van onderwys in die land. Van die ander hoor jy nie n woord-heelwaarskynlik te besig om hulle werk te doen. Die man is omtrent elke dag op die nuus en gewoonlik het dit te doen met sy nar streke.

Johan ·

Dit sam net reg wees as die CEO van elke mislukte SOE ook so gou afgedank word !

Sonja ·

Hoe kan die hoof geskors word was nie eers daar was nie, moet die wat by die kamp was nie man staan nie?

Realis ·

@ Sonja – Die Hoof kan en mag sy pligte en take aan die Onnies delegeer, maar die verantwoordelikheid bly syne.

Johan Venter ·

Realis, die ANC stel ‘n voorbeeld hoe mens verantwoordelikheid neem, soos met Mabuza van Eskom wat op sy swaard moes val, en soos die president van die land nie verantwoordelikheid vir die dade en uitsprake van sy ministers neem nie.

Landie ·

Ek hoop ou Lesufi is seker van sy feite voordat hy nou die sneller gestrek het en die hoof vd skool geskors het. Daar was mos onderwysers op die kamp wat ook verantwoordelik moes optree – wat van hulle. Ou Lesufi se track record is ongelukkig maar sleg. Nie asof hy nie homself en die Onderwys dept al voorheen in n slegte lig geplaas het nie. Hy moet homself maar reg maak vir GROOT probleme as dit die geval is.

Swanna ·

Lucefir sal maar daardie hoof moet heraanstel. Soos ons almal weet word daar vrywarings vorms geteken voor die kamp plaasvind en dit is ‘n wetlike dokument wat deur die ouers ingevul “moet” word en onderteken “moet” word voordat jou kind enige aktiwiteite buite skoolgronde plaasvind mag bywoon of deelneem. Jammer vir die ouers van die kind. As jou hantekening op daardie vorm is ” SORRY”. JY HET NIE “N SAAK NIE EN “LECIFUR”.

liefie ·

Swanna – Mens kan die ander mense se nalatigheid weg teken nie. Daar bestaan nie so iets nie.

AB ·

Al het die ouers die forms ingevul was die kamp nogsteeds nie deur die Departement goed gekeur nie. Só die Skool Hoof moes nie toegelaat het dat die kinders op die kamp gegaan het nie.

JSO ·

@Swanna. Vrywaringsvorms beteken absoluut NIKS as nalatigheid bewys word nie. Ek teken nooit eers die goed nie en nie een keer is dit bevraagteken nie want DIT HET GEEN WAARDE.

Wielspore ·

Die profiel van leerlinge aan Parktown Boys het oor die jare verander, die skool se programme is nie daarby aangepas. Die hoof is verantwoordelik vir sy leerlinge en enige aktiwiteite wat met die skool gepaard gaan. Volgens die wet is dit die beheerende gesag se verantwoordelikheid, dit is die skoolhoof en beheerliggaam.

Bambi ·

Jaaa!! Was die my kind was daar meer as die hel los!! Hoof was n swak swak pedagoog so ook die res! En julle rassiste hier wys my net hoe ongevoelig jul is!!!

Buffel ·

Die kinders was in die Krokodilrivier met hul aktiwiteit. Na die onlangse reëns vloei die rivier sterk, dus reeds gevaarlik. Die Krokodilrivier vloei uit die Hartebeespoortdam dus rioolbesoedeling is ook volop waaraan die kinders blootgestel word. Is die kwaliteit van die water ooit getoets?

By Hazyview vloei die Sabierivier en white water rafting is daar gewild. Die Sabierivier is vol rou riool van Sabie en Graskop. Wateraktiwiteite raak ‘n risiko.

Genieve ·

Help my asb was dit nodig om die hoof te skors moet hulle nie die betrokke toesigonderwysers geskors het nie of ek nou verkeerd??

Erik ·

Dit hang af. Die skoolhoof moes seker gemaak het die nodige voorsormaatreëls is in plek. Ek glo dat ‘n onderwyser of twee ook geskors sal word binnekort. Dis soos almal wat Ramaphosa blameer vir Eskom, SAA ens, maar dis nie hy wat dit veroorsaak het nie, hy het dit ‘ge-erf’ by Zumpies, maar moet nogtans nou pa staan vir wat daar aangaan.

Susan ·

Mnr die skoolhoof kry goeie regshulp en vat Lesufi hof toe!!!

Melanie ·

Die probleem het al reeds begin toe daar geen opname van die kinders geneem is toe hulle met die bus vertrek het nie.. daar wat geen verteenwoordigings lys toe die kinders opgedaag het nie, ook nie toe hulle aan die aktiwiteite begin deelneem het ook nie, en ook nie toe die affere klaar was nie… nog n groot probleem… daar was geen life jackets nie.. maak nie saak of n onderwyser jou vra of jy kan swem nie.. hoe dom van die onderwyser, want dis nie n swembad nie.. dis rowwe water wat nie omgee of jy kan swem nie… die onderwysers wat nie na die kinders se pleidooie geluister het nie, dis maak my so kwaad, ek moet eerder my tong in my kies druk.. ek worry nie oor ras nie,. daai kind het in n uur van nood iemand nodig gehad, en as als reg gereel was, sou hy ook matriek afskeid toe kon gaan oor 4 jaar, hulle as onderwysers het geslip.. van die begin af. my hart breuk vir die ouers en ek simpatiseer saam elke ouer wat hul kinders deur nalatigheid verloor het…

Besorg ·

Presies wat jy sê is my sentimente hieroor. Hoekom het die fasiliteerders en die onderwysers nie voor en na die gewraakte aktiwiteit, wat hoë risiko aktiwiteit is, die kinders getel en seker gemaak almal is veilig uit die water nie. Maar dit gesê, die fasiliteerders, moes ook, in die lig van die sterk vloei van die rivier, al veiligheid oorweeg het en eerder ander aktiwiteite gedoen het.

adk ·

Dis baie tragies en hartseer wat gebeur het. As ouer sou ek ook gevra het vir n ondersoek. Toe ons kinders was en kampe bygewoon het was daar gereeld voor en na n uitstappie n register geneem.

Hull behoort konsekwent te wees in alle gevalle. In KZN verdrink kinders omdat hulle deur n rivier/stroom moet loop\swem omdat daar nie bruens en vervoer is nie. Niemand word daarvoor verantwoordelik gehou nie. GEEN politieke party het boe of ba daaroor gesê nie….

wilma ·

Ek het nog altyd gewonder oor die sogenaamde “vrywaringsvorms”. Enige redelike mens wat so ‘n vorm teken, vertrou seker dat die nodige verantwoordelikheid deur toesighouers aan die dag gelê sal word. Volgens mediaberigte moes die kinders met self-geboude vlotte op ‘n snelvloeiende rivier gaan. Die vlot het omgetiep en al die leerders, behalwe die oorledene, kon daarin slaag om na die wal te swem. Het niemand daaraan gedink om seker te maak dat almal veilig is nie? Wat my aanbetref, was dit doodeenvoudig growwe nalatigheid aan die kant van die toesighouers en twyfel ek ten sterkste of die vrywaringsvorm enige gewig hier gaan dra en om alles te kroon, is daar geen veiligheidsbaadjies gedra nie.

Louis ·

Jip…Wilma, jy is reg. Dit was nalatigheid aan die kant van die onderwyser/ personeel. Jy kan nie nou die hoof wil skors omdat die betrokke onderwyser sy pligte versuim het. ‘n personeellid van enige instelling hetsy privaat of openbaar moet verantwoordbaar gehou word vir sy optrede, soveel te meer as dit by die veiligheid kom van ander mense se kinders. Die hoof staan weliswaar bo-aan die leer, maar hy kon hierdie nalatigheid nooit voorsien het nie. ‘n CEO of Hoof van enige organisasie kan nie pa staan vir die mense wat binne die organisasie droog maak, behalwe as hy deel daarvan was of geweet het wat aangaan.
Die skorsing is baie prematuur.

Yolie ·

ja presies EFF het weer gaan groot meneer speel. Hierdie hoof is geskors omdat hy WIT is, dit is al rede

René Joubert ·

Mens moet onthou dat Lesufie se 1 + 1 is altyd gelyk aan 3.

Henna ·

Waarom is daar geen nuus oor Bekker Skool leerling wat ook verlede week’verdrink’ het …… ?? Die stilte in die verband is baie einaardig.

Nie die moeite werd ·

SKRYF SKOOL KAMPE AF!. laerskool is risiko te groot, hoërskool en die verandwoordelikheid vir kinders met houdings en die moedswilligheid om buite kamp regulasies en toesighouers alles te TOETS is nie meer moeite werd. Vernaam as die gevolge van ongelukke sulke katastrofes inhou vir verandwoordelikes. Sterkte en jammer vir geliefdes se verlies.

Kas ·

Iemand mis die punt heeltemal.Die kind het Woensdag verdrink.Die kinders het dit onder die aandag van die onderwysers gebring dat Enoch meegesleur is.Woensdagaand is daar nie gekyk wie word vermis nie maar Donderdag eers.Enoch is Vrydag eers gekry.Iemand moet tot verantwoording geroep ward.Hier is geen politiek betrokke nie maar geregtigheid moet geskiet.Ouers is in rou gedompel en as mense hulle werk gedoen het sou dit nie gebeur het nie.Ek dink die skorsing van die hoof is polities gedrewe deur Lesufi.

Santjie ·

Kyk, die skool is nie die enigste wat hier verkeerd was nie. Daar is nou wel nie opname gemaak van die kinders nie, maar dit is nie ‘n verskoning, mnr Eloff, om die kinders te ignoreer wat wel aangemeld het dat Enock weg is nie. Is dit die eerste kamp wat die kampterrein aan leerders gebied het? Nie? dan is daar nog minder verskoning, want dan moes hulle in elk geval van beter weet, al het die skool opgeslip.

Bloureën ·

Stem saam met Vis en andere. Wat dan van skoolhoofde waar kindertjies in puttoilette verdrink het? Dit is gruwelik! En skole waar onderwysers of leerlinge aangeval, beseer of dood is? Nalatigheid is nalatigheid en verdien tug, maar dan moet ALLE skole en skoolhoofde oor dieselfde dissiplinêre kam geskeer word. Word dit so gedoen?

Gesiggie ·

Stem nie saam? hoekom die hoof skors.. glo nie dit is regverdig die mense betrokke by die kamp Juffrou of Mnr of prefekte.. moes hul werk gedoen het. Hoe moes die Hoof weet dat hul nie die nodigste stappe geneem het nie. Ek het nie gedink die storie gaan soveel nuus berigte veroorsaak, Wat gebeur het is hartseer en ek voel jammer vir sy ouers, maar niks wat jul doen of probeer vermag sal hom terug bring….dit kan net verhoed dat so iets nie weer gebeur?? Nalatigheid van die wat veronderstel was om die kinders op te pas….

Kotie ·

Dit maak nie saak wat wie nou aan die saak wil doen nie n kind is onskuldig weg geruk van sy familie af en niks maar niks gaan hom kan terug bring nie. Tref liewers voorsorg maatreels dat so ietsie nie weer gebeur nie. Aan die gesin van die jong man ons dink aan julle en hoop God gee julle die krag om deur die tyd te gaan.

Erik ·

‘n Puttoilet is nie ‘n skoolhoof se toedoen nie, maar die departement van onderwys. Skoolhoofde moet egter wel sorg dat dit veilig is. Ek ken nie die situasie se detail nie, maar indien die skoolhoof nalatig was wat voorsorgmaatreëls betref, sal hy moet pa staan en sal ander betrokke onderwysers ook binnekort geskors word. Seunskole ‘laat gaan’ dinge makliker, en hierdie is ‘n ‘wake-up call’ vir skole om seker te maak alle protokol is in plek. Dis bv. ook onwettig vir skole om kinders toe te laat om te ‘blok’ tydens eksamens, en nogtans gebeur dit. Skole kan verantwoordelik gehou word indien daar iets met ‘n kind gebeur indien hul blok. Klomp wette, en baie meer ingewikkeld as wat die algemene publiek dink…

Eben ·

Nee, Erik. Enige potensieel gevaarlike situasie rakende leerlinge is primêr die verantwoordelikheid van die skoolhoof. Vergelyk dit met ‘n pa wat volle verantwoordelikheid neem vir die veiligheid van sy gesin. Die pa dink vooraf verder. Hy voorsien wat kán gebeur. Ja, die departement moet toilette bou, maar die skoolhoof wat wakker en betrokke is, sal besef dat so ‘n puttoilet groot gevaar inhou vir die kleintjies in sy skool se sorg. Hy sal uit sy pad gaan om daardie gevaar onmiddellik te elimineer, òf deur praktiese veranderings òf deur hoogs verantwoordelike maatreëls en personeel te alle tye daar te stel. Dieselfde geld vir situasies van messtekery en ander wapengeweld op skoolgronde. Soos iemand opgemerk het: tug is wel nodig as iemand nalatig was, maar die departement moet konsekwent optree in terme van drastiese dissiplinêre stappe soos skorsing.

@Eben ·

Dink as jy mooi lees sal jy dien dat ek saam met jou stem (my tweede sin hierbo).

Juffrou ·

Skole wat toere/kampe/uitstappies reël, moet sulke aktiwiteite deur die departement laat goedkeur. Dit is n lywige dokument met name van onnies wat saamgaan, bestuurders van voertuie met afskrifte v bestuurslisensies, registrasiedokumente van die voertuie, ‘n toerprogram wat verduidelik wat elke oomblik beplan en moontlik gedoen gaan word.
Daardie lêer bevat ook die oorspronklike briewe van ouers met inligting oor die leerders wat saamgaan. Dit moet binne n sekere tyd voor die kamp vir die Dept. gegee word. Wanneer die kamp buite die skool se provinsie is, word dit nog vroeër ingehandig.
Dit is die hoof en beheerliggaamsvoorsitter se verantwoordelikheid om dit af te teken.
Onnies wat toesig hou vir kinders wat saam met n departementele skool toer, moet SACE geregistreer wees. Onnies het miskien nie toesig gehou nie en die mense van die oord is dus nie alleen aanspreeklik nie.
Baie jammer dat hulle nalatig was om nie reddingsbaadjies te dra nie. Dit is onverskoonbaar. Dit het ongelukkig n kind se lewe gekos.

Vince ·

Kan ons aanvaar dat die DA ook hierdié skorsing goedkeur….??

Ervare Juffrou ·

So tragiese gebeurtenis wat gebeur het en ek tog voel kon verhoed word. Almal soek nou ‘n skuldige om te blameer. As ‘n juf wat al baie lank in die onderwys is besef ek dat as kinders onder my toesig is ek hulle soos my eie kinders moet veilig hou. As ek ‘n groep iewers op n bus neem vir n optrede word hulle getel voor hulle op die bus klim Waar ons aantree na die rit weer voor ons in die gebou gaan . Na die tyd weer dieselfde storie. Niemand mag iewers alleen of sonder om my te vra nie. Die beste manier is om te dink hoe jy sal wees by die strand met jou kind ..jy hou jou oë die hele tyd op hom. Dis iemand anders se kinders maar jou kinders vir daardie tydperk. Die Departement sloer met papierwerk,die onderwysers het nie heeltyd hulle getel nie,niemand het geluister na die vriende nie,geen lewensbaadjies nie , kamppersoneel wat dalk ook nooit gedink het so iets sal gebeur nie. Kom ons verhoed eerder sulke ongelukke en sorg dat als in plek is .

Johanna Botha ·

Goedso beteken dit die Guptas en zuma se vervolging begin ook nou …….seker nie

Maljan ·

Stuur ons ons kinders SKOOL toe om te kamp of om te leer? Skoenmaker bly by jou lees! Leer die kinders. Hulle kan met hulle ouers gaan kamp!

Elene ·

Lizufi het die Polisie se belangrike onderzoek sommer oorgeneem. Ek is verstom! n Klap in die Polisie se gesig. Ons beleef vreemde optredes in hierdie land! Watse reg het L om die hoof vd skool te skors voor die onderzoek voltooi is!!!!

Rudolph ·

Dit is baie tragies, maar spel tog asb. die arme kind se naam reg. Dit is ‘Enoch’, die naam is van Ierse afkoms.

Abe ·

Rudolph,
Die seun se naam is “Enock”. Dis nie die Ierse naam nie, dis die naam uit die Bybel, soos weergegee in sekere vertalings. Moenie beterweterig wees nie.

skurweberg ·

Ons moet aanvaar dat die moederberoep een van die grootste risiko’s geword het. Die departement sien dit nie so nie. Is daar nog opleidingsgeleenthede wat deur die departement gereel word vir nuut aangestelde hoofde, juis om ook die risiko’s met laasgenoemde te bespreek en aanbevelings te maak.

Ook n Juffrou ·

Die hoof moes nooit toelaat dat die kamp plaasvind nie. Sy kop gaan beslis rol indien dit deur die GDE afgekeur was. Ons spandeer ure aan toeraansoeke.
Die onderwysers os nie altyd betrokke nie. Meeste van die plekke wil juis jou nie daar hê. Ons gaan al jare nie meer na daai plek toe nie. Te veel stelle afgetrap.

Lewis ·

Opleiding van nuutaangestelde skoolhoofde bly die werkgewer se verantwoordelikheid en nie die vakbonde nie. Sal graag wil weet watter bemoeienis die departement in hierdie verband vandag. onderneem. My eie voorbereiding was, altyd hoogtepunte. Daar het ons alle fasette van skoolbestuur bespreek , Onderwyswetgewing is by elke vergadering bespreek die implikasie en slaggate vir hoofde is indringend by elke vergadering deur kenners met ons bespreek en veduidelik.?

Karel Combrinck ·

Interessant hoe flink die departement gereageer het. As hulle maar met alles so flink wou wees. Dis darem te lekker om ‘n witman in die pad te steek. En dit terwyl die ondersoek nog skaars begin het en niemand dus nog weet wat presies gebeur het en wie werklik verantwoordelik is.

Peet ·

Weer speel Panjaza regter en aanklaer terwyl hulle eie admin stadig is.
Uhm………wat van Panjaza se puttoilet dilema.

Nee ·

Aan al die “ouers” wat so fluks hier negatiewe kommentaar lewer – moenie verbaas wees as al die kampe en uitstappies, insluitende sport byeenkomste voortaan gekanselleer word by skole en later nie meer bestaan nie. As ek die Hoof van ‘n skool is kanselleer ek selfs rugby wedstryde – want wee jou as iemand sy nek breek daarso – dan staan jy pa as alles nie 100% reg gereel was nie, insluitend dat graspolle plat gerol is vooraf! Ons is nie almal eksperts nie, ons weet nie wat alles by ‘n oord moet wees, gedoen moet word, ens nie. Dis hoekom jy na ‘n kamp gaan waar die aanbieders ten minste OHS wette moes nakom dmv reddingsbaaidjies, ens. As die Hoof moet pa staan, dan moet dit die beheerliggaam insluit, die Onderwys distriksbestuurder en op tot by die einste LUR. Die “buck” stop eintlik by hom.

Naas ·

Lesufi stel nie belang in die feitelike verslag wat die skoolhoof aan hom sou voorlê nie. Hy bedryf ‘n rasse-agenda wat deur die werklikheid benadeel kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.