Parktown-seun se liggaam gekry

Enock Mpianzi (13), ‘n leerder aan die Parktown Boys’ High School, se liggaam is ‘n kort rukkie gelede gevind.

Die soektog na die 13-jarige Enock Mpianzi, wat op ʼn oriënteringkamp vir graad 8-leerders verdwyn het, het geëindig met sy liggaam wat ʼn kort rukkie gelede in die Krokodilrivier gevind is.

Enock was ʼn leerder aan Parktown Boys’ High School, ʼn spogskool in Johannesburg. Die seuns was op ʼn graad 8-kamp by ʼn lodge naby Beestekraal by Brits in Noordwes, toe Enock vermis geraak het.

Die groep leerders het Woensdag by die kampterrein aangekom. Hulle het die middag onder meer aan ʼn vlotbouaktiwiteit by die rivier deelgeneem. Donderdagoggend is daar besef Enock word vermis en ʼn soektog na hom is van stapel gestuur.

Die polisie is 15:00 gister van sy verdwyning in kennis gestel en lede van die polisie se duik- en honde-eenheid het die gebied vir enige teken van Enock gefynkam.

Polisieduikers het Enock se liggaam in die rivier gevind. (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê polisieduikers het die tienerseun se liggaam omstreeks 09:45 in die rivier gevind. Hy was sowat 3 km stroomaf van waar die vlotbou-aktiwiteit plaasgevind en Enock die laaste keer lewend gesien is.

Myburgh het gesê Enock se familie het hom op die toneel uitgeken.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, is self na die kampterrein nadat hy oor die seun se verdwyning ingelig is. “Ons is platgeslaan deur dié tragiese ongeluk. Ons gedagtes is by die familie en skoolgemeenskap,” het Lesufi in ʼn kort boodskap gesê nadat Enock se liggaam gevind is.

Op die skool se webblad het talle mense gebid dat Enock ongedeerd gevind sal word. Kort nadat die nuus oor sy dood bekend gemaak is, het boodskappe van medelye begin instroom.

Lesufi sal na verwagting later vanmiddag ʼn mediakonferensie oor die voorval hou.

Die skool het gesê hy sal na dié vergadering ʼn formele verklaring uitreik.

Myburgh het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek gaan nou gedoen word om die omstandighede rondom Enock se verdwyning en die oorsaak van sy dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Cathy ·

Ongelooflik hartseer en tragies. My innige simpatie aan die ouers en familie

Martin ·

RIV Enock, tragies en hartseer. Sterkte aan sy familie, vriende & skoolmaats.

Anoniem ·

Dit is so hartseer. Waar was die persoon/persone wat moes toesig hou.

Hannelie ·

Dis vreeslik hartseer. Mag God jul dra in die absolute hartseer tyd!!!

Rooibaard ·

Ek verstaan nie lekker nie. Die vlotbou was WOENSDAGMIDDAG. Hulle het DONDERDAGOGGEND agtergekom hy is weg?! Is daar nie toesig nie?

Aldilize Gray ·

Dit is so hartseer, mag hy in vrede rus. Ek verstaan nie hoe hulle eers die volgende dag agterkom die seun word vermis. Is daar dan nie roll call gehou om seker te maak al die leerlinge is teenwoordig na die oefening…… Dis regtig aaklig, veral as een van jou eie juis nou op so kamp is.

Hannetjie ·

Hoe is dit moontlik hul eers die volgende dag ag
ter gekom het dat die seun vermis is? Waar was die toesig? Mag sy geliefdes vertroosting vind

Jan Nel ·

“Roll Call” in die aand of self na ‘n aktiwiteit, sal nie iemand se lewe kan red wat verdrink nie. Wat wel sal help, is as aktiwiteite en veral wateraktiwiteite beter beplan word, deurdat deelname altyd in ‘n span van twee moet gebeur.

Jy en jou “aangewysde maatjie” moet mekaar die heeltyd in die oog hou, saamwerk en verantwoording vir mekaar as span doen. Dan sal enige alarm wat gemaak word, ‘n beter kans hê om betyds te wees.

Tragiese verhaal waaruit mens maar net kan probeer leer en volgende keer hopelik beter doen.

Anoniem ·

Hierdie veldskole moet stopgesit word. Daar is nie ordentlike toesig nie. n Voorval het met ons kleinkind gebeur. Ek weet waarvan ek praat.

Hans-Peter Klink ·

@Anonniem ek verstaan nie regtig waar jy die konneksie tussen die skool en ‘n veldskool maak nie. Sekerlik net na die foto van die berig gekyk om jou voorafgaande denke te regverdig.

Hans-Peter Klink ·

@Anononiem ek vra nederig onverskoning. Uit my onkunde het ek ironies genoeg met voorafgaande denke gedink ‘n veldskool is iets anders. Na ‘n paar minute se rondloer op die internet weet ek nou van beter. Jammer hieroor. Volgende keer sal ek twee keer dink.

Rooi Jan ·

Hans-Peter as jy die artikel mooi lees sal jy sien dit was inderdaad n veldskool van Parktown Boys High.

skurweberg ·

Stem saam met die “aangewysde maat”. Ons het hierdie “buddy-stelsel” ook in die weermag gehad en dit het uitstekend gewerk.

Martin ·

Seker maar n pessimis ek maar reken dit is agterlosigheid, eerstens sy maats wat saam deel geneem het aan die blot ou en wat daarmee gepaard gaan en dadelik moes agter kom dat hy nie meer by hulle is nie en alarm moes maak nie. Tweedens die onderwysers wat moet toesig hou (veral by water aktiwiteite) en gereeld moet na gaan dst almal nog daar is, veral toe die aktiwiteit by die water/dam afgehandel was.

J ·

My hart gaan uit na Enoch se ouers, familie en vriende. My dogter was die naweek op ‘n Gr8 kamp, nie ver vandaar nie. My kind het veilig teruggekom – dankie my Hemelse Pappa. RIV Enoch.

Willie ·

Stem saam, Martin. Waar was die onderwysers? Hoe is dit moontlik om eers 24H later was die kind soek? Ons as ouers stuur ons kinders goedsmoes op sulke kampe met die verstandhouding dat daar toesig sal/sou wees.
baie sterkte aan die familie & vriende.

toy ·

Hoekom het hulle nie dadelik na hul teruggekom het van die aktiwiteit wat hulle gehad het, roukol gehou nie. Dit is hartseer.

Monique ·

Baie baie sterkte aan die ouers… Mag die Here jul vertroosting gee in hierdie moeilike tyd. Baie hartseer nuus :-(

Susanna ·

Ek stress my dood oor my kind wat vandag op haar Gr8 kamp vertrek het. En ook hulle mag nie selfone saamvat nie. Hoe de hel slaap ek vannaand? My oë is vol trane, ek is skoon naar. RIV seun.

Ook 'n Ma ·

Hoe verskriklik hartseer! Innige simpatie aan die ouers, familie en skool maters.

Leon ·

Ek blameer die persoon wat die aktiviteit by water beplan het. Hoekom moet daar altyd by water dinge gedoen word. Nie almal is visse nie. Dit is lewens gevaarlik.

Aksie SA ·

Effektiewe beplanning, toesig en beheer is uiters noodsaaklik, tesame met deeglike veiligheidsmaatreels en -toerusting. Dis so tragies en hartseer. Dis seker die ergste pyn wat ‘n ouer kan ervaar…. en als so onnodig! Mag geregtigheid geskied en die ouers deur Vader God self vertroos word. Rus in vrede, Enoch.

Griet ·

So jammer. Innige simpatie aan Enock se ouers en almal by die skool.

Hannah ·

Innige simpatie aan die ouers en familie.
Ek wonder net hoekom is enige water aktiwiteite gehou in ‘n rivier wat volgens vroeër berigte “in vloed was”. Ook is daar ag geslaan of die kinders almal kan swem of waterveilg is. Blyk daar is erge nalatigheid hier ter sprake.

Alida ·

Tragies. Waar is veiligheidsbaadjies? Watse ondersoek wil hulle doen? Die kind het verdrink! Lesufu kan seker nie wag om op TV te verskyn nie. Maak mens siek. Dit kon voorkom gewees het. Arme ouers.

Deon ·

Daar is net een woord vir die gebeurtenis en dit is agterlosigheid! Hoekom moet daar alewig weg van skole goed gedoen word? Dit is meer as een keer bewys dat dit ‘n resep is vir moontlike dood of onderwysers wat met die kinders lol! Daar is natuurlik gevalle waar dit nooit gebeur nie, maar hoekom moet mens altyd lees van sulke onnodige voorvalle!

Martina ·

Dis so tragies.
Mnr Lesufi, hoop hierdie insident laat jou besef dat jy die skole en klaskamers te volprop.
Dalk was daar te min onderwysers vir behoorlike toesig.
Dit laat mens ook wonder of die onderwysers leerlinge wat in die moeilikheid beland, kan red en noodhulp toepas.
Wat ook al die omstandighede, dis so hartseer en kon dalk verhoed word.

Anel ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar volgehou word met wateraktiwiteite en dit wasr 3/4 van die bevolking bang is vir water of nie kan swem nie.
Maak soos in Frankryk. Alle kinders in gr 6 word verpig om te leer swem. Een maal ‘n week het ons gaan swem. Dis hoe ek leer swem het. En dit nadat ‘n plesietboot met 145 kinders op die Lemanmeer gesink het in 1969. As daar wateraktiwiteite dan aangebied moet word, sorg dat die kinders reddingbaadjies dra, mask van die “buddystels” gebruik em maak gereëld seker al die kinders is nog daar. Maar nou ja, die is nie die eerste verdrinking nie en ook nie die laaste een nie.

Sê maar net ·

My hart gaan uit na die kind se ouers. Rus in vrede jong seun. Hierdie kind se lewe het nou eers begin. Hoe kan hulle kinders met selfgemaakte vlotte in waters stuur wat onveilig is? Nadat die vlot omgekeer het en van die kinders afgeval het, kon hulle nie sien dat een kind kort nie? Toe die kinders die aand gaan eet het, kon hulle nie sien daar is een kind kort nie? Toe hulle gaan slaap het, kon hulle nie sien daar is een kind kort nie? Eers die volgende dag? Iets maak nie sin nie. Wat het op die vlot gebeur?

Vanessa Moore ·

My persoonlike opinie is dat daar nie wateraktiwiteite gehou moet word, veral in diep water, omrede nie almal kan swem nie. Sommige kinders is te skaam om te erken dat hulle nie kan swem nie en bly dus stil daaroor en dis wanneer sulke ongelukke plaasvind. Dan word daar in sekere gevalle nie keuses gegee aan kinders, of hulle kan deelneem of nie, daar word net gesê almal sal dit doen.

Net so terloops is die krokodilrivier nie vol krokodille nie!

My hart gaan uit na die ouers. Ons bid vir hulle. Dis seker die seerste seer wat mens kan hê.

Alice ·

Ek stem 100% saam. Die arme kind kon dalk nie swem nie en was te skaam om dit te erken of bloot te stel. Hierdie is vir my verskriklik tragies

Miekie ·

My innige simpatie met Enock se familie. Mag Enock in vrede rus
Ekskuus dat ek vra maar moes die kinders nie een of ander tyd Woensdag aand of Donderdag oggend ge-eet het en gesien het daar bly een bord oor nie.

Mariaan ·

Hoe op dees aarde kom niemand agter die kind is nie die aand in sy bed nie???? Pateties van julle…en nou sit ouers met die verdriet!

Jacobus ·

Wat het verander vandat ons kinders was.

Het 35 jaar gelede ook na veldskole gegaan en ons moet van die aktiwiteite alleen doen of dit nou dag of nag was sonder volwasse toesig. Ons moes alleen en in spanne oor berge en dale en deur strome gaan om sommige aktiwiteite te voltooi en daar was nooit groot probleme.

Hoe het dit gebeur dat ons hier gekom het met sulke slegte nuus. Was ons 35 jaar gelede beter toegerus vir die buitelewe as vandag se kinders, kon ons gevare beter trotseer en evalueer?

Verder dink ek daar skuil meer agter die geval omdat ek glo dat van die kinders uitgeglip het sonder dat die onderwysers dit gesien het met nadelige gevolge.

Hoërskool ouer ·

Ek stem saan met jou Jacobus, ek dink ook die seuns het in die nag uitgeglip, hul weet besmoontlik wat gebeur het, masr is te bang om dasrmee uit te kom.

Ek hoop dst die ondesoek lig op die saak sal werp.

Sterkte aan die ouers en familie.

Geskokte ouer ·

Dit is absoluut onaanvaarbaar dat daar nie opgemerk is dat die kind weg is nie en verder is dit meer ontstellend dat daar die oggend reeds agtergekom is die kind is weg maar die owerhede is eers die middag in kennis gestel dat die kind weg is.

Self n Mamma ·

Dit breek my hart. My dogter was minder as n week terug op dieselfde kamp, dalk nog dieselfde kampterrein, aangesien dit in dieselfde area was. My hart gaan uit na die ouers. Rus in vrede seun.

A ·

Nou wonder ek, Is daar seker gemaak almal kon swem. Is daar lewens reddings baaitjies verskaf. En “row call” eers die volgende dag, spanmaats kom nie agter een is weg nie…. Klink vir my soos een gemors van ‘n kamp. Die skool en betrokke personeel moet verantwoordelik gehou word!

Omgee ·

Hoe kn daar eers di volgende oggend ontdek word een vd kinders is nie daar nie en hu kan jy kinders op selfgeboude bote of vlotte in die rivier instuur? So dit was sonder enige veoligheidsmaatreels en dalk ook sonder “life jackets”

Omgee ·

Hoe kn daar eers di volgende oggend ontdek word een vd kinders is nie daar nie en hu kan jy kinders op selfgeboude bote of vlotte in die rivier instuur? So dit was sonder enige veiligheidsmaatreels en dalk ook sonder “life jackets” ..dis verregaande!

sannie ·

In sommige gevalle is dit ‘n heerlike wegbreek vir personeel wat al lankal ‘n affair het. Die kinders en die doel van die kamp is ‘n bysaak.

Nella ·

My hart is stukkend vir die familie, maaikies, ouers, onderwyser en skoolhoof van die skool.
Sterkte almal, Gebed sal julle dra in hierdie moelike tyd wat voorle. Bly op julle kniee.
Rus in vrede Enock. Jy is by ons ewige Vader. XXXX

Linda van Mosselbaai ·

‘n Baie hartseer situasie – hoop almal betrokke kry berading.
Almal is ontsteld – moet nooit jou kind ontneem van ‘n opwindende ervaring/ondervinding nie.
Ek as Christen glo dat die Here jou tyd op aarde bepaal ……
Ek was op meningde jeugkampe betrokke en wat kinders daar leer – rus hulle toe vir die toekoms.
Grootmense kan ook leer uit hierdie – dalk ‘n “buddy system” waar elkeen moet bewus wees waar is sy maat – of in ‘n tent of groep opset – waar daar na elke aktiwiteit net weer getel word dat almal daar is .
Sterkte aan almal.

Carin ·

Ek is n onderwyseres en moet se hoe het hul eers na 24 uur agtergekom die kind is weg. Sjoe as ek dink hoe ons moet roll call hou elke keer as ons iewers heen gaan met kinders. Ek voel dis nalatigheid deur die onderwyser/s wat aan diens was.

George ·

Het die kind dan nie al ‘n vriend of 2 opgetel wat sou weet hy is nie daar toe hulle moes gaan slaap nie? Ek meen sulke kinders maak tog gou maats met so’n kamp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.