Parlement aanvaar onteiening sonder vergoeding

Julius Malema Foto: ANA

In ‘n geskiedkundige keerpunt met potensieel ernstige gevolge het die parlement ‘n mosie aanvaar dat hy maniere ondersoek om die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind.

Dit was ‘n hoogs emosionele debat met ‘n ontstellend skerp skeidslyn tussen die politieke partye met ‘n ontstaansgeskiedenis in die eens gesegregeerde swart Suid-Afrikaanse politiek geskiedenis aan die een kant, en die eens gesegregeerde wit Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis aan die ander kant.

En dit sou onvolledig wees om uit te laat dat dit vir die lede van partye met ‘n swart ontstaansgeskiedenis kennelik een van die hoogtepunte van hul lewens was om die mosie, wat baie ander Suid-Afrikaners aan die land se toekoms sal laat twyfel, aanvaar te kry.

Uiteindelik was die DA, VF Plus, ACDP en Cope die enigste partye wat teen die EFF-mosie, soos aangepas deur die ANC, gestem het. Die mosie is aanvaar met 241 stemme teen 83.

Wat nou sal volg is dat die parlement se grondwetlike hersieningskomitee tot einde Augustus het om navorsing te doen oor hoe onteiening sonder vergoeding ingestel kan word sonder om die ekonomie, landbou en voedselproduksie te skaad.

Die debat oor die kwessie was vurig en verdelend.

Julius Malema, EFF-leier, het die debat ingelui deur die geskiedenis van swart grondverlies op te som en aan te voer die 1994-oorgang na demokrasie “versoening sonder geregtigheid” was. “Die tyd vir versoening is verby. Die tyd vir geregtigheid het aangebreek,” het Malema gesê.

Hy het ook benadruk dat die EFF nie grond wil vat op gewelddadige of onwettige wyses nie. Alles moet wettig en vreedsaam gebeur – deur die Grondwet te wysig.

“Waardigheid is belangrik, nie wraak nie,” het Malema gesê, maar bygevoeg dat swart solidariteit noodsaaklik is.

Die minister van water en sanitasie, Gugile Nkwinti, het die EFF geloof vir hul inisiatief – ‘n teken van toenadering tussen die ANC-establishment en die EFF.

Namens die DA het Thandeka Mbabama gesê onteiening sonder vergoeding kan nie deel van die oplos van die Suid-Afrikaanse grondkwessie wees nie. Volgens haar is die grootskaalse korrupsie en onbeholpenheid binne die ANC-regering die rede vir die mislukking van grondhervorming – dit help nie om die Grondwet te blameer nie.

Volgens Mbabama is die ANC bekommerd dat die EFF hulle gaan omseil en hul kiesers gaan afrokkel. Sy het uitgewys dat die DA se grondhervormingsmodel in die Wes-Kaap se sukseskoers ses keer hoër as die nasionale sukseskoers is en dat meer as 82 000 titelaktes sedert 2009 in die Wes-Kaap oorgedra is.

Russel Cebekhulu, IVP-LP, het gesê staatsgrond moet eerste herverdeel word.

Dr. Pieter Groenewald VF Plus-leier, het gesê onteiening sonder vergoeding moet beveg word en uitgewys dat onteiening ook op stedelike eiendom van toepassing sal wees. Hy het bygevoeg mense moet nie polities apaties wees nie en die nuwe voorstelle teenstaan.

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van samewerkende regering, het die versekering gegee dat alle verandering wettig, deurdag en ordelik sal geskied.

Malema het die debat afgesluit met ‘n waarskuwing aan die DA dat die EFF sy steun aan DA-metroregerings sal onttrek as die DA nie sy sienings oor die grondkwessie wysig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

177 Kommentare

CHRISTA ·

As ek ‘n plaas of enige ander eiendom het wat hulle by my gaan afneem, sal hulle dit kaal kry!! Ek sal ALS op daardie eiedom afbrand!! Hulle sal uit hulle eie daardie eiendom moet ontwikkel en opbou – nie op MY koste en sweet nie!!!

Liezl ·

Sê my man ook Christa…hy sal als wat hy in die grond ingesit het…besproeiing, geboue opgesit het, boorgate gesink het en nog meer vernietig. Ons het n stuk bos gekoop die dag wat ons gekoop het. Ons het baie geld en tyd daarin gesit. Dit het swoeg en sweet en bid gekos vir dit wat ons vandag het. Niemand sal dit by my vat nie

Anoniem ·

Job, jy praat nou absolute snert. God het NIKS hiermee uit te waai nie en jy laster nou! Kom by in die lewe man!

Dieter ·

Hulle sal dit self afbrand en vernietig. Moenie jou energie mors nie.

Piet ·

Christa jy hoef jou nie te bekommer nie. Die wat dit kry doen dit sommer self.

Baklei opsit ·

Ek gaan eers n baklei opsit wat die wereld op youtube sal sien, die wereld en nageslag sal sien hoe hulle my liggaam daar uitdra.

Trots Afrikaans ·

Die probleem is dat die boere gaan bly hoop vir die beste soos in Zim. Die beste ding om nou te doen is om die proses te boikot deur onmiddelik op te hou produseer vir groothandel. Ons moet produseer vir ruilhandel en sodiende die land up sy knieë dwing.

Die ANC en EFF het ‘n afdraai gevat waarin daar bloed lê aan die einde. Dit is dwaas om ‘n gewonde leeu in lang gras vas te keer. Mag God met ons wees.

LB S ·

Ongelukkig sal julle vir brandstigting, bedrog en wat nog alles gearresteer word.

Leo ·

Wonder wie is die volgende, die kleurlinge? Toemaar oor 20 of 30 jaar behoort SA weer aan China en Korea,dan sit al die wittes en swartes almal op die strate en bedel saam met ou Julius wat nou so onvergenoegd is.

Drikus ·

Is ons nou soos paddas in ‘n pot op ‘n louwarm plaat dat ons so stil oor die kwessie is. Ek is bekommerd oor my transportakte op my huisie. Waar dan heen?

Charles ·

ek hoor nie die bruinman het die grond tot so ver gebring die grond behoort eintlik aan hom want hulle het meer as 100 jaar gewrk om die land tebring waar dit nou is so gee ons land terug wat aan ons behoort Jan van Riebeek Kom kry ons hier jmmr vir jlle .

Pietman ·

Geen ekonomie kan bestaan sonder eiendomsreg nie. FW se wigte gaan inskop…. Ha ha.

Boerseun ·

Die dag het aangebreek waar die verkramptes reg bewys gaan word.

Hanna ·

Cry my beloved country, cry! Nes ek begin dink het daar is weer hoop… Ek neem aan al grond wat onteien gaan word is produktiewe grond. Versoening was nog nooit op die 1994 agenda nie: die Afrika-mens wil vergeld. Punt.

Bad Prit ·

Nie net plase nie, ENIGE eiendom wat die “gemeenskap” se lot sal verbeter. Jy het n 3 slaapkamer huis maar julle is n gesin van 2, hulle vat jou huis en gee dit vir n familie van 4. Twee karre? Julle kan doen met 1 sodat Tshepo en sy gesin ook n kar kan he. Dit is hoe kommunisme werk. Ek hoop elke ja stemmer se eiendom word eerste gevat want toe ons julle gewaarsku het dat dit is wat gaan gebeur was ons toe gesnou dat ons agter die tyd en rassiste is. Hier is vir julle almal nog n wenk, bewapen julself want hier kom oorlog. Die skrif is aan die muur en die een wat dit nie kan sien nie is verby onnosel.

Johan ·

En hier kom nog n Zim, ons sit met 2 rigtings waarin ons nou gaan beweeg….. veg of vlug??????

bittereinde ·

Vlug is vir meeste van ons nie ‘n opsie nie. En as ons kan vlug waar gaan ons.? Amerika,, met sy SJW’s & Antifa’s en PC kultuur? Europa met sy moslem’s en islam’ite. Nee wat,, in SA is ek gebore.. en hier sal ek sterwe. Kom ons kyk hoe maklik vat hulle God se grond wat hy vir sy mense gegee het.

Anoniem ·

Boer kry jou linies bymekaar stof maar jou roer af hier kom n ding.

BB ·

Probeer emigreer. Dis asof die wêreld gou die deure vir ons toegemaak het.

PJC ·

Ja Pietman FW het mos al herhaaldelik vertel hoe baie wigte en teenwigte hy ingebou het en as ek kyk hoeveel jastemmers daar destyds was het sommer baie mense hom geglo. Ek wonder net wat sê al hierdie goedgelowiges of is dit dalk dommes nou.

lvh ·

Ek wonder of die banke gelukkig gaan wees met die toedrag v sake? Ek neem aan dat die onteienaars ook die huislenings dan gaan oorneem.

bittereinde ·

hoe praat jy nou.. ons gaan dit moet betaal. tax on net meer. die ANC gaan alles wat ons het vat.. die enigste mannier wat ons tot God gaan terugkeer is as ons absoluut niks meer het nie.. maar dan gaan jy ‘n ding of twee sien..

Robert ·

Ek wens net die mense wil ophou om goed te braak terwyl hulle emosioneel is. Jy kan nie rasioneel dink as jy emosioneel is nie. Ja ek is ook ‘n boer met plaas waarop daar beeste loop, maar dit help nie ek mors my asem oor iets wat ek min beheer op het nie.

Komaan Robert ·

So wat gaan jy doen ROBERT? Kom help ons stedelinge asb reg . wat gaan jy doen as 300 mense op jou plaas toesak en jou beeste begin slag, en jou huis inneem? WAAROP wil jy dan jou asem mors? Jou voortbestaan is seker jou plaas tensy jy miljoene in ‘n ander land bele het .. WAT IS JOU PLAN MENEER DIE BEESBOER?

tamboti ·

Robert, te veel mense soos jy “mors nie hul asem” daarom het jy/julle/ons “beheer” verloor!

Boerseun ·

Hy het n plaas waarop beeste loop so hy bly nie daar nie en boer nie voltyds nie

Milan ·

Laat daar geen illusies wees: Die EFF sal NOOIT gaan lê totdat die “geskiedkundig bevoordeeldes” se taal, kultuur, ekonomie en lewensreg hom ontneem is. In kort, totaal gestroop van sy indentiteit. Gereduseer tot regte wat grens aan die van ‘n Auschwitz inwoner.

Dirk Breytenbach ·

Milan, stem saam dis waar ons nou is en die strooihalm grypers wil dit nie sien nie. Ons is aan die einde van ‘n pad wat in 1992 begin het. Ons kan nou gaan oorgee of ons kan iets vir onsself doen. Ons kan kies om oor te gee en verneder en vertrap te word of ons kan terugveg vir ons regte. Hofsake en betogings het geen trefkrag meer nie. Almal gaan nou stelselmatig uit hul gemaksones gedryf word om niks meer te besit nie, pensioene en loopbane sal ook toenemend geteiken word. Almal is 3 pensioen tjekkies of salarisse weg van ‘n katastrofe maar besef dit nie want dit gebeur nie met almal op een slag nie (die paddas kook). Wat meer is daar om voor te hoop? Wil ons regtig wag tot almal finansieel en geestelik geruineer word? Dis ons keuse. Dit word van ons nuwe garde leiers verwag om op te staan en te veg vir ons voortbestaan, nie in die hof nie, nie in die parlement nie want dit werk NIE. Pieter Groenewald, Flip Buys, Kallie Kriel, Dirk Herman, Carel Boshoff en Piet le Roux julle het dringende werk om te doen.

WaarMaakSeer ·

Ek stem saam met jou. Hul wil nie die grond he omdat hul dit wil he. Hul wil net nie he blankes moet hoegenaamd enigiets besit nie.

Danie du Toit ·

Weet regtig nie wat om te se nie.. As die ekonomie, voedselselsekerheid en geweld nie daaronder mag lei nie, Dan as hul dit regkry is dit hul grond. Selfs Monikke kan nie uit skaakmat uitbeweeg nie… Ter verduideliking: Die plan ter tafel is dat almal nou mag swem , maar niemand mag nat word nie!!!

Jannie ·

Mooi man waar is al die CR ondersteuners nou. Word wakker almal sê nou dit gaan op ń wettige en vreedsame manier geskied, hoe vat jy iemand se grond op ń vreedsame manier sonder vergoeding.
O ja soos ons Suid-Afrika weggegee het sonder om ń vinger te verroer so ons het eintlik alreeds alles weggegee.

j d ·

Die Grondwet is minder werd as die toilet rol in my toilet.Dankie De Klerk.

Callie ·

Twee ernstige punte. Alle wittes, onthou net julle wie se grond en huise onteien gaan word, julle het n opsie. Gaan maak julle verbande vol. Leen wat julle kan teen julle eiendom. Die geld moet later vir jou sorg. Dan kan hulle vat wat hulle wil. Onthou die witman kruip weg agter politieke korrektheid. Hulle sal op banke sit en kommentaar lewer maar nooit verder as dit gaan nie.
Tweedens, as blankes kan, trek na ander lande waar jy kan sit en kommentaar lewer sonder om so angsbevange te wees. Die ou wit volkie wat geloftedag en alles opgegee het vir politieke korrektheid en glo alles gaan beter gaan, jy vra verniet die beker gaan jou nie verbygaan nie.

Celia ·

Absoluut Callie! Jy dink logies en met verstand. Soos die boer Robert hierbo, wat se ons praat emosioneel, wat help dit tog, dis buite ons beheer. So vat beheer terwyl kan!! Los vir hulle plase en huise vol skuld. Amen!!
Robert, verkoop dai beeste, sit die geld iewers veilig, doen wat Callie se.

DewaldS ·

Those who would give up essential Liberty, to purchase a little temporary Safety, deserve neither Liberty nor Safety.

~Benjamin Franklin

JaNee ·

Daar is nie veel wat mens kan sê hieroor nie. Die liberale witmense in SA leer mos nie voor hulle eers gebloei het nie. Nou sal hulle maar moet sien wat gaan gebeur.

Danie ·

Hier kom moeilikheid en groot moeilikheid,sal maar moet sien hoeveel mense gaan saam stem en hoeveel mense gaan honger lei as gevolg van om nie te dink nie net te doen

willie ·

Ek lees in die media FW is een van die top 10 rykste politici, $46 miljoen sterk! Nou vra ek waar gehasie? Begin die man onteien hy het meer as Zuma gevat ten koste van die wittes van die land!

Ontnugter ·

Kan Maroela Media dringend die berig in engels vertaal asb?

Nouja ·

Sonder algehele besitreg oor my eiendom word ek ‘n tweede rangse burger van die land. Ek is nog net ‘n burger van die land omdat my paspoort so sê, maar nie in hart en siel nie. Hoekom legitimiteit verleen aan hierdie grondwet deur te stem? Dis als ‘n klug en ‘n vermorsing van tyd.

Vermeemde ·

Ek hoop die DA het vandag die mosie kon dood stem en die wit Cyril gevolg gee hom nog n kans.
Al die vreeslike posetiewe mense onder ons, hoe positief is julle nou oor die 83 stemme teen die mosie?

Hier kom n oorlog!

Oom Kalahari ·

Hier kom ‘n ding. Oupa grooitjies wat bloed en sweet in gesit het met jare se kapitaal word net ontneem en verstaan dit moet gevestigde bewekbare grond wees wat alreeds die opkomende boer kapitaal opbrengs te bring om te vergoed vir die verlede. Ek sal ook alles afbrand en omdolwe dat daar niks is nie. Werk jouself.

Kanyi de Kock ·

Ek glo dat ons net ons oe gerig moet hou op die LEWENDE GOD-net Hy kan die harte van mense omkeer – ons bid al ‘n lang tyd dat GOD die harte van die politici in hierdie land moet aanraak en Hy sal op sy bestemde tyd vir Suid-Afrika uitkoms gee – Hy is reeds besig om in Suid-Afrika te werk – Die Here het vir die Israeliete 40 jaar in die woestyn gesorg en Hy sorg steeds vir ons op ‘n daaglikse basis.

Inge ·

Regtig? Terwyl jy met jou oe boontoe kyk, word jou voete onder jou uit geboender! Word wakker asb, dink vir jouself en doen vir jouself! Jy gaan lekker lank wag as jy nie vir jouself opstaan nie. Sterkte vir jou.

Al ·

Inge om ñ gelowige te wees, beteken nie jy is willoos en passief nie.
Die Here is ongelooflik almagtig en Sy groot genade het ek nog altyd ondervind.
Ons as mens se krag lê juis by Hom!

Wolf Cilliers ·

Alhoewel ons dit te wagte kon wees maar baie gehoop het dit sou nie gebeur nie is dit egter ‘n heel nuwe situasie wat ons nog nie voorheen beleef het nie.
Dit sal dwaas wees om nou kwaad of irrasioneel te raak. Ons het nie ander keuse om koel en kalm te bly en beter perspektief te kry. Andersins gaan ons net onsself groot skade aandoen. En as ons reageer laat dit kalm en beredeneerd wees. Dink weer en weer voor jy reageer of iets op sosiale media skryf. Ek weet dis bitter moeilik en ek moet self na my eie raad luister. Maar laat ons bowenal ook steeds bly bid.

Boerseun ·

duidelik het jy nie iets wat gevat gaan word wat jy later on BBBEEE wette gaan moet terug huur nie. Dis tyd vir die Afrikaaner om kwaad te word, die dag van rekenskap is naby of jy wil of nie.

Awie Opperman ·

Hoe bly jy kalm as politici besluit dat hulle jou eiendom gaan vat sonder om jou daarvoor te vergoed? As ons stilbly gaan ons onsself net soveel skade berokken, ons sal in elk geval hier wegstap met die klere aan ons lywe. Dit is tyd om oor te gaan tot aksie en op te hou om te wag vir ander nasies om ons te help. Ons sal moet begin organiseer om ons regte te beskerm.

JaNee ·

En nou, van julle wat blind is? Blind sedert CR ons ore aangesit het in 1994. Blind om nie te sien dat die ANC nie verander het nie, en met hulle vokgende fase besig is. Blind om nie te gaan lees oor wat CR al voorheen gesê het oor ons klompie paddas in die pot. Blind om nie te sien hoe ons geskiedenis, skole, alles uitgevee word. Na al doe jare, hoekom sal die ANC en ene CR nou ons gaan help. Wat moet nog gebeur voordat ons mense se oë moet oopgaan? Is ons dan so naif?

Valerie ·

Lyk my net die slang se kop het verander. Die radiostasies en koerante wat laas week so oor Cyril gegiggel het soos skoolmeisies raak nou so ietwat stil…ietsie verkeerd?

Pjk ·

Haha Valerie ek het aan dieselfde gedink. Lyk my hulle hardloop soos die wind waai….geen ruggraad.

Albatros ·

Ek kon dit ook nie verstaan nie. Hulle het dan sulke mooi fotos saam CR geneem.

Barry ·

Nog altyd geweet daar is n klomp JACK’s in die parlement.

Flippie ·

Nee wat my ou maat. Hierdie keer moet hulle, hulle vasloop in ‘n onwrikbare, onbuigbare en onoortuigbare, en onredelikr front. Ons gee nie meer ‘n aks toe nie.

Dit is tyd dat dit aan die Afrikane se verstand gebring word dat grond ‘n verhandelbare bate is wat deur enige iemand gekoop kan word en dat dit nie net vir vat nie.

Ek is Nereid om die wapen op te neem om my reg op eiendom te verdedig, al is dit teen die wil van die meerderheid in die land.

David Zurnamet ·

Flippie, joune is die gees wat elke regdenkende in SA sal moet kweek en ontwikkel. CR en sy trawante KAN NIE wen teen ‘n vasberade, omgekrapte SA-volk nie. Veral nie ‘n Godsvresende een nie. Dit moet BAIE duidelik tuisgebring word by die EERSTE geval van plaasafvat wat hul probeer. Maak skoon, olie, KEN jou kettie en WORD PARAAT!

Sê net ·

Nou hoekom verbaas dit my nou glad nie?
Wat sê al die anti DA ondersteuners nou? Kyk wie staan op vir julle oor grondonteining? Beslis nie julle geliefde ANC nie. En word daar gekyk na die grond wat reeds in besit van die staat is? Erens gelees of gehoor dis meer as wat in besit van privaat gebruik is. Sluit die grondonteining ook die ministers en president se grond in? En JM en JZ se grond. Dis mos net regverdig. Die ANC is goed gevestig na amper 25 jaar in bewind.
Onthou net: Wat jy saai sal jy maai. En wat as hierdie plan “backfire”? Hoe dan gemaak? Gierigheid is die duiwel se oorkussing.

Ek vermoed hier kom nog ñ lekker verassings.

rollie ·

Hierdie verdelende situasie ontstaan as gevolg van die ANC se voete slepery met die kwessie. As hul daadwerklik grond onteien het (met vergoeding soos deur die Grondwet bepaal) vanaf 1994 en reeds verdeel het, het ons nie nou met die gemors gesit nie…en meeste mense sou dit so aanvaar.

Mathilda ·

Jy is naief. Dit was nooit die ANC se plan om grond op regverdige wyse oor te dra na ander eienaars nie. Die land. Hulle wil die land he en hulle wil alles he.

Marina ·

Ek sal graag wil weet hoe gaan dit nou werk? Wie en watse grond gaan hulle vat? Almal wat huise gekoop het se grond behoort aan die munisipaliteit wat semi staat is nou hoe nou? Wat van die erfbelastings wat jy op daai grond betaal het? Hoe gaan die storie nou werk van grondonteiening?

Gerhard ·

Ai tog en nou nog sal daar die wees wat dink CR gaan die land red. Kyk maar jy sal sien.

Boerseun ·

ek sien julle by MM brok ommers kommertaar van sekere toestelle voor die voet deesdae.

Boerseun ·

As ek geld op n huis skuld maar gaan dit moet terug huur van die staat dan hoef ek seker nie verder enige verbande te betaal nie, dit behoort immers nie meer aan die bank nie.

Johan ·

Ek sal seker maak dat daar na na my tyd nie eens ‘n duif op daai grond sal oorleef nie, hulle sal sambrele moet opslaan vir koelte en water aanry om te drink maar daar sal nie eens ‘n dubbeltjie leef nie, sek.

Sarel ·

Geensins nodig nie Johan. Hulle sal self binne die eerste paar dae al die bome afkap vir vuurmaakhout. En selfs op die mees vrugbare grond sal hulle niks kan verbou nie.

hoe sê ·

Miskien sal ons oulike liberale afrikaners se oë nou oop gaan die oulike wynmaker oom wat soveel hoop vir die land het ook.
Miskien as hulle jou plaas vat sal jy moet erken wat aangaan.

EK STEM HOE SE ·

EK DEEL JOU SENTIMENT 100%. Almal wat so wil SAAMWERK om vir almal ‘n beter Suid Afrika te skep wat die opkomende boere wil LEER om ook so suksesvol soos hulle te wees en wat weier om te aanvaar die is vieslike kommunisme … Daai einste wynmaker omie werk een van die dae vir MALEMA want NET MALEMA en sy Chronies gaan land besit .. nie een ander witte OF SWARTE nie !!!

Al ·

Die Here het menige maal ñ situasie omgekeer as ons opreg Hom dien. Ons moet besef dat God groter is as die klein wriemelende miertjies van mense wat te lui is om te werk en net wil hê.
Ons sal hul of hul planne vrees nie, die Here bly in beheer en het die laaste sê.

Natascha ·

Ek stem saam, sal ook my plaas afbrand en net die lee dop daar los, want dit is in elk geval al wat gaan oorbly. Maar gaan dit nou vir die Presidnet ook geld? Hy het mos n paar plase, of is dit nou weer eens net die blankes wat moet afstand doen van hul swaar verdiende grond. Hier kom n 2de Zimbabwe. Hul kan nie eens boer, weet nie wat dit is om vir die hele land kos te voorsien. Maar hul wil als verniet he en dan weet hul nie ens hoe en wat om daarmee te doen.
Ons moet maar net bid vir Genade.

Sarie ·

Hulle gaan nie net die plase vat nie, hulle gaan al die wit mense se huise in die dorpe en stede ook vat. Al die paaiemente daarmee heen. Ons witmense gaan in townships opeindig in shacks. Probeer jy weer ‘n ander huis koop, dan vat hulle dit ook (maar seker eers as jy dit so te sê klaar afbetaal het).

Fritz ·

Een geluk by die ongeluk is dat max du preez nou gaan emigreer. Hy het mos so gesê, of dreig hy maar net?

Swart Luiperd ·

Mooi so hulle kan sommer by CR se grootplase begin, sy groot wildsplaas en ook ander plase. Of val sy goed nie onder onteining in nie. Ook die ander swarteienaars lol vra maar net, want op my grond gaan daar bloed vloei voor ek oorgee.

Juandrí ·

As Dr. Pieter Groenewald sê dat onteiening op stedelike eiendom ook van toepassing gaan wees, beteken dit dat ons huise en besighede gevat gaan word?

Boerseun ·

Dit sal n soortgelyke systeem as die res van afrika wees. Jy gaan jou huis hou maar die grond gaan aan die staat behoort. M.a.w jy gaan n huurpag he van se 49 of 99 jaar teen n fooi. Nou kom die triek. Die Section 27 wette, of BBBEEE wette, gaan jou verplig om 51% swart aandeel te he of jy mag nie die grond huur nie, met alerhande voorwaarde ook gekoppel. Hulle gaan die systeem so propageer in die buiteland met allerhande mooi stories dat grond waarde sal bly staan en veruil of verkoop mag word, maar binne die raamwerk van die “rectification of previous injustices and promotion of equality”.

Deloris ·

Ek beaam wat baie reeds gese het…gedink hier kom nuwe hoop….
As em n plaas gehad het, sou ek allesafgebrand het, en die huis afgebreek het….. sterkte aan die boere. Kyk hoe leeg staan plase reeds. Baie intetessant gewees om te sien die aantal stemme wst in hule guns tel. Ons is geskroef…..

Willie ·

Nee wat die Liberale sal daar altyd wees… Mens kon gister die rasse haat in die parlement hoor, hard en duidelik!

Shirley ·

Ek het op Youtube gekyk en dit was skokkend om van die komentare te lees. Daar is geen logika nie, net haat. Ons Afrikaners is in vir ‘n harde tyd!

Carl ·

So, die witmense wat soos – aldus CR – paddas in `n pot is, word nou waar. As eiendomsreg op plase weg geneem kan word, kan jou huis of voertuig of spaargeld ook weg geneem word. Die beginsel is dieselfde.

Koos ·

Nou is daar skielik pandemonium. Daar het niks snaaks gebeur nie. Slegs groot skokke vir die wat nie die waarskuwings vanaf verstandige politieke leiers wou hoor of glo nie. Die verraaiers, ons weet almal wat hul name is, is nou doodstil of praat hierdie saak weg asof dit nie gaan gebeur nie.Voedselsekerheid is die sleutelwoord. (dalk die Alladin ? Lampie). Die nuwe President gaan ons red, hy sal nooit toelaat dat voedselsekerheid in die slag sal bly nie. Glo hom ook soos daar in F W de klerk geglo is. Moet ook nie die teenwigte vergeet nie, dit is steeds alles in plek.
Die resultate van 1994 word nou die werklikheid en moet ons ons self voorberei. Daar is baie om te doen, kom ons begin, kry u huis in orde en glo dat Hy wat in beheer is ons nie alleen sal laat nie.

WHATEVER ·

Ag die voedselsekerheid is ‘n JOKE< hulle het lankal gese hulle sal voedsel INVOER van die buiteland af en net soos al die ander AFRIKA lande sal hulle BAKHAND begin staan vir voedselhulp uit die WESTE en al die liberale lande wat al die jare sanksies teen SA toegepas het sal oor hulle voete val om kospakkies uit die lug te laat val vir die ARME AFRIKANE wat so swaarkry in SA, soos in die res van AFRIKA .. ons sal in rye staan vir water en vir kos .. wit/swart . almal . en wie gaan steeds die swaarste kry? DIE ARMES!!

Wim ·

En almal klap seker nou éérs hande vir Cyril en sy nuwe kabinet. Hy het met sy aanstellings wat die ekonomie weer aan die gang moet kry die mense wol om die oë gesit, die aandag afgelei terwyl die kabinet sommer op dag 1 oorweldigend gestem het vir grondafvat (nevermaanind met of sonder vergoeding) die water stadig om die wit paddas begin warmer raak het, dis borrel nou en is sopas verby kookpunt.

Nou kan die gekookte wit paddas nie meer handeklap nie.

piper ·

om te dink dat jy alles sal afbreek en of verbrand is hulle jou een voor. huidige grondeise wat hangende is, het klosules wat bepaal as die huidige eienaar enige skade aanrig aan die eiendom , word hy aangekla vir sabotasie. so jy mag nie eers jou eie huis afbreek nie.

Fanie ·

Om te bewys dat iemand n huis fisies afgebreek het, is maklik. Om brandstigting te bewys, is n rapsie moeiliker, veral as jy “per ongeluk” n kers op klere laat omval, en nie petrol gebruik nie.

Neewat ·

AG hulle moet maar aankla ..hoe gaan hulle dit bewys. In KNYSNA het die boosdoeners die hele plek aan die brand gesteek en niemand is tronk toe nie .. jy sorg maar net dat jy jou HEATER aan vergeet.

Erick ·

‘n Man of vrou wat niks meer het om te verloor nie is ‘n baie gevaarlike,unieke mens.

Stem Fanie ·

Janee Fanie as jy jou heater aan vergeet of ‘n kooltjie uit jou kaggel laat ontsnap wil ek sien watter FORENSIESE deskundige bewys dat jy jou eie plaas afgebrand het. HULLE is NIE so slim en gevorderd in SA nie. Neewat daai is ‘n bangmaakstorie . die sabotasie ding.

Aasvoels ·

Soos wat Siener geskryf – al dink meeste lesers dit is nonsens- ons gaan alles verloor en eers daarna wanneer niks oor is nie – sal die wiel draa……
Die lot moet eers honger ly voordat hulle iets sal insien. Nou wil dit eers gryp en gryp en eet en eet en afbreek en verbrand.
Dit is eerste op die lys.
Gaan lees maar vir Siener – dit is presies wat hy geskryf het – en nog meer en alles begin nou soos ‘n legkaart inmekaar pas.

adriana ·

Siener het geskryf van die gevaar met die rooi aan wat alles gaan vernietig.

vissie ·

Dink nou maar net aan die wildsplase. Totsiens renosters, leeus, buffels ens. Die land sal voorwaar n woestyn land wees.

boerin ·

Daar sal nie ‘n ding oor wees op my plaas indien hulle dit sou wil gryp nie . Alles sal deur my vernietig word- tot die grond sal onbruikbaar wees .
Geen huis- geen krale – geen diere – geen implimente – geen grensdrade- nie ‘n baksteen sal bly staan nie – boorgate sal ook onbruikbaar wees.
Bank sal ook nie betaal word nie – so hulle sal ‘n stuk land kry wat heeltemal onbruikbaar is en groot skuld he by die bank.
Dan moet hulle dit geniet…….

Sarie ·

Hulle gaan nie net die blankes se plase vat nie, maar ook hul huise in die dorpe en stede, daar staan mos stedelike eiendom is nie uitgesluit nie. En as jy ‘n nuwe huis koop, dan vat hulle dit ook. Blankes gaan in shacks in townships opeindig!

Theresa ·

Dan sal jy sien hoe pragtig word dié plekke.
Dit gaan als oor siek jaloesie.

Boerseun ·

Ek hoop die boere is reg om te baklei vir wat hulle sin is,die dag wat grond onteiening gaan plaasvind is dit weg of veg.

leon ·

Arme swart Suid-Afrikaners loop vandag met blink ogies rond. Die rykdom van die wittes is tasbaar. Ons gaan in weelde leef. Plase, huise, besighede op ‘n skinkbord. Wat ‘n grap.

Hierdie is die belangrikste gebeurtenis sedert ons oorgawe in ’94. Populistiese leiers lei die land oop oe na verval.

Die vraag is wat gaan elkeen van ons doen om te oorleef dag tot dag. Een van die prioriteite moet ‘n staatkundige bestel vir selfbeskikking insluit. Die koning van die Zoeloes al klaar op die oorlogspad. Frans Cronje beskryf ons toekoms mooi as die “Break-up” of “tyranny of the left” senario mooi.

Dit is ‘n tragedie maar daarmee saam, geleenthede. Wees wakker!

Werner ·

Wolf sien jy is klaar besig om jouself te oortuig dat dit maar beste is om te gee sonder n geveg nou probeer jy ons net oortuig

Netso ·

Om vir ñ arm mens grond te gee, is soos om vir ñ honger mens die ” kook en geniet” te gee!

Leeu ·

Jy dankie gese aan die persoon op Facebook wat daai meme gemaak het

Johan. H. ·

Hoop julle oe gaan oop,,, al is dit te laat,,WORD WAKKER!!!,WORD WAKKER,!!!! WORD WAKKER!!!.as jy nou nog dink hulle gee om vir jou,, Dan moet hulle maar eersts jou grond vat,

Piet ·

Christa jy hoef jou nie te bekommer nie. Die wat dit kry doen dit sommer self.

Teleurstelling ·

Die banke gaan vou want ons gaan nie ons lenings betaal nie – of dit nou ‘n plaas of huis of dorp of stad is .
Dan gaan jy ‘n ding sien.
Die regering gaan nie geld he om die skuld af te los nie.
Verder sal daar niks wees om te “vat” nie – want ek sal sien dat dit vernietig word – tot die laaste baksteen toe. Daar sal nie eers ‘n klip agterbly om te gooi nie.
Brak grond sal al wees wat oorbly – daarvoor sal ek sorg.
Groot teleurstelling vir die een wat my grond wil “vat”.
Ek vernietig dit eerder self as wat “grypers” dit vernietig.

Schalk ·

Ek vra net?
Wie gaan die grond kry die staat of die vorige “benadeelde”?
Wie gaan besluit wie (individu) verdien dit die meeste?
Wie gaan die volhouvaarheid van die grond monitor om te verseker dat dit nie die land benadeel nie?
Wie gaan die aksie neem as dit nie werk nie om dit terug te neem en aan die volgende te gee?
Wie gaan die finansies verskaf en waarborg vir die jaarlikse begroting om die infrastruktuur te ondersteun?

Boerseun ·

sien my ander kommentaar. wat jy daar noem het geen impak op hulle besluit nie

SHAME ·

Ek het nog altyd gese die GRONDWET Is nie die papier waarop dit geskryf is werd nie. Almal het altyd gedink die ANC moet die twee derde meerderheid behaal het voordat hulle die grondwet kan verander . TOE NOU NIE!! .. Ek kan maar net lag vir al die liberales en die positiewes in die land wat steeds dink hulle ry op ‘n reenbogie … Eerstens het regter Mogoeng die GRONDWET gedisrespekteer toe hy AFRIKAANS uit Universiteite neem .. nou kom ‘n klein rooipet mannetjie en begin met ‘n mosie en binne 24 uur is ons uit al ons eiendom uit … KOMAAN Ja-stemmers , KOMAAN positiewe mense wat dink Ramaphosa is julle messias!! Die EFF het klaar gese hy gaan bande met die DA breek en vir die ANC burgemeester stem teen Athol Trollip . ek kan maar net SMILE vandag vir die wittes wat REGTIG gedink het Ramaphosa gaan dit kom beter maak, en dan wil ek lag vir die massas wat hulle lippe aflek vir VERNIET GROND, want selfs MALEMA se die staat gaan alles besit en mense gaan by hulle huur?? HOE spreek dit die injustices of the past aan? SWART en WIT gaan niks besit nie, die staat gaan alles besit en ons gaan huurders in die land wees .. WAT ons (nee stemmers) gese het gaan gebeur .. HET GEBEUR .. hoe naief en kleingeestig kan die blanke in SA nie wees nie ..?? SHAME!

Susan ·

Hulle wil die grond terugvat wat van hulle afgevat is, maar toe daardie grond eeue terug gevat is, was daar nie ‘n huis op of enige ontwikkeling nie. Hulle kan dus nét die grond sonder vergoeding vat, maar moet betaal vir al die ekstras wat bygekom het. Anders moet ons sorg dat daar geen ekstras is as hulle die grond kom vat nie! Hulle kan die grond kry soos dit was eeue gelede…

Elsa ·

Klomp negatiewe kommentare…ag nee man, julle tree op soos die mense waarvan julle praat, watter grond soek
“hulle” en gee hul dan grond weg van paaie en dorpe dat hul hul eie dorp in stand kan hou….die aanhutser gaan nog sy grond ook dan verloor en as hy nie bekeer gaan hy ‘n voorbeeld wees van “boemerang” kyk op baie paaie hie is klippe uitgele, dis mos wapens in die booswigte se hande….die land gaan verander ten goede, ….hou op mekare opsweet en aanhits….bewerk jou grond en waak en bid… praat positief

LAG MY DOOD ·

Dit is die lekkerste wat ek nog gelag het. WAAROOR wil jy positief wees? Seker ook een van die mense wat NIKS besit om gevat te word nie, ek sien die mense met die grootste monde hier is juis die wat GEEN plase, GEEN eiendom besit nie, wat net kan oppak en waai .. ALMAL gaan hulle grond verloor, nie net aanhitsers nie .. BEWERK JOU GROND? Waarvan praat jy? JOU grond? Dit gaan die STAAT se grond wees ELSA, lyk my jy het ook nie ‘n radio of tv nie .. jy verstaan hierdie prentjie heeltemal verkeerd.

Dirk Breytenbach ·

Elsa ek kry jou jammer die dag as jy wakker word uit jou droom en die werklikheid gaan besef.

Erick ·

Hulle wil onteiening sonder vergoeding laat geskied sonder om die ‘ekonomie,landbou en voedselproduksie te skaad’. Geen bekommernis oor grootskaalse geweld en weerstand van eienaars se kant af want hulle weet ons is praatsiek en lankal nie meer ‘n faktor nie.

Pieter ·

Kom ons behou ons geloof en kalmte. Geen wet is nog goedgekeer nie en baie kan nog gebeur. Ek weier om my grond meer lief te hê as my Skepper of my familie. Alles wat op my plaas is is ontwikkel deur my voorouers en myself. Daarom het ek die reg om dit dan, as ek sien die wet is goedgekeur, weer te maak soos dit was WOES EN LEEG. Selfs al doen ek dit nie, sal hulle sal dit na n paar jaar so maak. Elke vrugteboom, dam, huis, heining, trekker, impliment sal vernietig word en dan kan hulle maar self opbou. Ons het mos tegnologie. Groot spuite, Cropsprayers ens. Laat hulle dan maar moue oprol en begin WERK!

Helien ·

More Julle
Ek sit en lees hier met n glimlag. Mense waar is julle geloog. God het ons voorheen gehelp en Hy gaan ons weer help. Glo en vertou Hom. Onthou Hy loop voor en weet presies wat hier aangaan moenie dat bogenoemde berig vrees in julle harte bring nie. Vertrou ons Varder.

Johannes ·

Helien, heeltemal waar, maar onthou net: alhoewel die Voortrekkers by Bloedrivier hulle vertroue in God gestel het, het hulle nie maar nie bloot agteroor gesit en wag nie. Nee! Hulle het hulle gewere gelaai en die stryd gevoer wat gevoer moes word.

Wanneer gaan ons bietjie wakkker word en dit besef?

Niel ·

wonder of die rand/dollar vanoggend bietjie ‘n skok gekry het met hierdie nuus…

Elize ·

Hoekom is die bankie so stil hieroor. As die regering die mense se eiendom onteien, stop die betalings by die bank ook want wie gaan nou vir ‘n eiendom betaal wat nie meer aan hom behoort nie. Of gaan die regering ‘n opname maak en kyk wie se eiendom is afbetaal en die eerste gryp

Johan ·

Die ANC soek die EFF se stemme . Daar sal net n paar plase onteien word tot 2019. Daarna stagneer hulle weer

Mel ·

Wat ek nie verstaan nie, is wat word met die verbande wat op hierdie eiendomme mag wees? Gaan die bank die skuld dan afskryf…? Ek lees so baie oor onteiening sonder vergoeding en ek weet daar is baie huise en plase wat reeds afbetaal is, maar wat van die waar daar nog verbande op is?

AI TOG ·

Die staat is besig om die BANKE ook te nasionaliseer .. dit vat net een mosie van MALEMA en die banke behoort ook aan die staat . dan is die skuld, die geld alles die staat s’n , hulle verhaal alle verliese weer van die belastingbetaler . nie so moeilik om te verstaan nie .. jy sal aanhou om jou verband te betaal anders gooi hulle jou in die tronk .. CAPEECH?

Frans C ·

Volgens die berig het 241 vir die mosie gestem en 83 daarteen.Die vraag is dus wat het van die 76 geword wat of nie daar was nie of buite stemming gebly het,want die parlement bestaan uit 400.
Het hulle geweet wat kom en vroegtydig voorsorg maatreëls getref om hul eiendomme
te beskerm?Om die grondwet te wysig is ‘n 2/3 meerderheid nodig dus 266 stemme.
Laat on hoop dat van die 76 wat buite stemming gebly hul sal skaar by die minderheid.
135 stemme is nodig om die verandering van die grondwet tekeer.
Laat ons dus hoop dat 52 van die niestemmers betyds tot ‘bekering’ kom en ook teen dit stem.

Miskien moet iemand vir Malema ‘n gratis geskiedenis les gee en hom inlig dat swart mense nie eerste bewoners van Suid Afrika was nie en die Khoikhoi (egte mense) reeds
30 000 jaar gelede in die Kaap was.Dus staan alles in Kaapstad op grond wat aan die mense teruggegee moet word,want as jy reken dat van Riebeeck toegelaat het dat die afstammelinge van slawe en ander daar bly,nou geregtig is op grond wat aan iemand anders behoort het, dan behoort my stukkie grond wat ek wettig gekoop het mos ook wettig aan my.

Die eerste een wat dit waag om dit te vat, gaan met ‘n derde oog huistoe.

JOHAN ·

Dit was voorheen ‘n swart land, en sal weer een wees.
Dis maar hoe dit is. Die setlaars het die land mooi ge’boost’ en geloof ens ingebring, maar die tyd is om te gaan. ONS IS NIE WELKOM HIER NIE. so maklik soos dit. Nie eens on kinders mag werk kry nie, kyk mooi, My plan is maar in volgende 5 jaar of wat trek, vir my kind se onthalwe, nie myne nie.

Boerseun ·

En waarheen gaan ons gaan. Nie asof Europa ons met ope arms aanvaar nie is dit.

Man_met_n_plan ·

Hierdie is werklik ‘n emosionele saak vir beide partye, aan die een kant het jy massas (80% van die land se inwoners) wat steeds in absolute armoede leef, 24 jaar nadat hulle “vryheid” verwerf het (die redes hiervoor is natuurlik wyd en nie beperk tot ‘n gebrek aan grond of apartheid nie). Aan die ander kant staar Suid Afrikaanse blankes ‘n baie onsekere toekom in die gesig, en ja dit kan (moontlik gaan) beteken dat blankes opeindig as verarmde tweederangse burgers asook totale armoede vir die res van die land en kontinent se inwoners. Maar die spreekwoordelike koeel is deur die kerk en dit help absoluut niks om nou vir FW en kie te blameer nie (daar is geen sekerheid oor wat die uitkoms van ‘n nee stem sou wees nie, beter of erger…) of om ligsinnigge dreigemente oor plase afbrand te opper nie. Aanvaar die situasie en begin dink wat jy kan doen om jou gesin, familie en volk se toekoms te verseker en tree daadwerklik op. Om ‘n victim te speel gaan jou niks help nie, niemand worry oor jou lot nie, deal daarmee. ‘n Goeie begin gegewe die risiko is dalk om van jou bates (b.v. pensioenfonds, spaargeld etc.) na die buiteland te skuif en ‘n “plan B” vir jou en jou familie te begin bymekaarmaak. Veg of vlug? Hulle het ‘n volle weermag en ‘n 11 tot 1 meerderheid…

Monique ·

Ons het die Britte gewen onder dieselfde omstandighede. Hierdie keer moet ons net uit ons geskiedenis leer en seker maak die vrouens kan ook terug baklei, want hulle sal my oor my dooie liggaam in ‘n konsentrasie kamp gooi…

Casper Labuschagne ·

Net die volgende oor die militêre opsie: Hierdie is Afrika, wit huursoldate maak nie self oorlog nie, hulle lei ontevrede swart groeperings op om regerings in Afrika omver te werp. Wat wapens betref kan ‘n Anatonov vliegtuig met ‘n vrag wapens op ‘n voorbereide landingstrook land. Die koste daarvan in Dollars maak dit ‘n spotgoedkoop oorlog. Dan is daar die faktor dat tienduisende SAW veterane sedert 1994 juis sulke dinge gedoen het en hulle het hope ondervinding en kontakte wat hulle in Irak en Afganistan opgedoen het. Malema en Ramaphosa het geen benul van die onheil wat hulle sal veroorsaak met onteiening nie.

Boerseun ·

totsiens dan, mag jou toekoms vir jou nasate die regte keuse wees

Bert ·

Ons het nou wel sekerheid oor wat ‘n ja-stem se uitkoms is: grondonteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, misdaad, staatsverval, ondermyning van Afrikaans, infrastruktuur verval, haat ens ens ens.

Carina ·

Nee ek is jammer. Julle kan nie my grond vat nie, al doen jy wat. My ouers en voorouers het gewerk vir hierdie grond, dit het nie in hulle skote geval nie en ek besit nog steeds die oorspronklike kaart en transport al verander julle die wette ook hoe. Ek is jammer, se maar wat julle wil. Hierdie is vir my ‘n oorlogs verklaring wat deur die ANC en bloeddorstige EFF aangekondig is.

Sophia ·

weet iemand dalk hoe raak die nuwe WET plase wat reeds eise opgehad het, waarvan die regering die eisers in kontant uitbetaal het ?

WAAR ·

WAAR IS DIE JA-STEMMERS VANOGGEND? Ek wil asseblief almal se hande in die lug sien of sit julle in AUSTRALIE??

RM ·

Mmm, al die NEE stemmers het geimmigreer. Die slimmes het in 1992 begin. Hierdie is ‘n geval van JA stemmers wat ‘n plan moet begin maak en bel elke sussie, boetie, niggie of neef wat jy het in die buiteland en waarsku hulle sodat hulle kan begin dink hoe om hulle mense te help. VOOR die padda oorkook.
Daar is liefde vir die “ou” Suid-Afrika wat baie mense het en met ‘n seer hart mis.

Monique ·

Kom ons noem die liberale blankes wat hulle is asb—Hensoppers en Joiners. Hulle het ons ALWEER onder die bus gegooi, en vir wat? Almal praat oor Afrikaners wat steeds alles besit, maar dis nie Afrikaners nie. Dis meestal blanke buitelanders wat daardie fancy huise het en besighede besit. My mense, die Afrikaner, sit en kripeer al vir jare—blanke skole en kinderhuise kry geen hulp van die regering nie, blankes wat mediese hulp vra by hospitale kry geen dienste nie, die polisie kom nooit uit as daar probleme is nie, en as daar ‘n brand is dan stuur die brandweer vir daardie arme mense nog ‘n rekening ook! Nee, nee, nee. Eers vat hulle my geskiedenis, dan my kultuur, my taal, en nou soek hulle die res? Daar kom groot moeilikheid.
Dames, ek stel voor julle begin solank verbande en antibiotika bymekaar maak. Leer solank om te hekel en brei. Hierdie oorlog klop aan ons voordeure al vir jare en ons is nie voorberei daarvoor nie.

RM ·

Ek hoor jou en sal saam bid dat ons mense sal reg wees vir wat voorle^. Onthou, baie se Ouma grooitjies het kaalvoet oor die Drakensberge met ‘n yster wil getrek. Ek se^ ons het nou meer bronne van hulp as ooit te voor. Initiatief Dames.

humor ·

n Aaklige toekomstige werklikheid wat baie jare kan duur is besig om gestalte te kry. Soos die
proses vanaf 1994 totn nou toe verloop het, is ek bevrees geen wapen sal opgeneem word nie. Miskien enkele gevalle waaroor net soos oor plaasmoorde gaan rou. Ons beskik eenvoudig net nie meer oor die vermoe, wapens en logistieke om n algehele weerstand te bied nie. Op die vraag wat van die skuld van boere wat in die proses afgeskryf moet word. Daaroor het Landbank geen kommer nie. Die buiteland sal sorg. Ek praat onder koreksie Duitsland het al klaar R 290 miljoen aan die Landbank geskenk.

ek vra jou ·

Ek wil ook graag weet wat van plekke (meeste glo ek!) wat ‘n verband (banklening watookal) op hul grond het – WIE gaan die banke kompenseer vir uittsaande geld? Sekerlik kan banke nie geld van die onteiende verwag nie! Hoe gaan hierdie tameletjie werk?

ivor ·

Wie gee om vir die bank…?? Nie ek nie. Ek skuld die bank so veel dat die bankbestuurder my oor die pad help want hy is bang ek word raakgery… Die bank word besit deur ryk mense en aandeelhouers, almal ryk mense en buitelanders.

Sophia ·

weet iemand dalk hoe raak die nuwe WET plase wat reeds eise opgehad het, waarvan die regering die eisers in kontant uitbetaal het ?

BOLANDER ·

Nou wat op aarde gaan hulle met die grond doen??? VRA EK?????????

Gerhard ·

Die selfde as in die res van Afrika, lees net meer geskiedenis boeke.

Casper Labuschagne ·

Meer as twee derdes van die lede van die SA parlement het gestem ten gunste van ‘n voorgestelde wet om eiendom sonder vergoeding te onteien. Hier is drie faktore ter sprake wat nie reguit genoem word nie: Eerstens is die wat vir onteiening gestem het die verteenwoordigers van die swart meerderheid. Tweedens is dit spesifiek die wit minderheid en die eiendom van daardie minderheid, wat geteiken word. Derdens kom onteiening sonder vergoeding neer op niks anders as diefstal nie, want almal wat huidiglik eiendom besit het dit op ‘n regmatige wyse bekom.

Gevolglik kan ek hierdie aannames maak: Die grootste deel van die swart meerderheid is gesteld op vergelding teenoor die wit minderheid. Die verhouding tussen rasse is tans op die uiterste laagtepunt ooit. Dat blote onteiening nie in die minste die drang na vergelding teenoor die wit minderheid sal stuit nie. Dat haat teenoor die wit minderheid sal vererger word juis omdat die bestaande oordrag van grond en besighede vanaf wit na swart deur klaaglike mislukkings gekenmerk word. Daarby is dit uitstekende politieke retoriek onder militante swart politici om die wit minder te teiken en onteiening is dalk net die begin.

Ek sal ook ‘n verdere moontlikheid opper, dat omdat die grondwet gewysig sal moet word om onteiening moontlik te maak, sal daar ook ander grondwetlike wysigings op die rug van onteiening ry. Sulke grondwetlike aspekte kan ingeboude minderheidsregte, die kwytskelding van Afrikaans as amptelike taal asook die besit van wapens wees.

Johan du Toit ·

Die DA moet vir die EFF in hul glorie stuur. Al verloor ons dan Johannesburg en `n paar ander setels. Hulle wil nie leer nie. Doen dit dan maar op die harde manier! Laat die DA eerder konsentreer op dit wat hulle reeds het en wag vir die nationale verkiesing. Die hele grond onteiening storie is weereens net `n verkiesings oogblindery. Hulle soek naarstiglik iets om hulle beeld te herstel.

Alta ·

Nee kyk, daar’s dit nou! Ons wag al lank vir die een. Ek kan nie sien HOE hul hierdie wet kan implimenteer sonder om die ekonomie skade te berokken nie. Die oomblik wat jy eiendomsreg skrap, onttrek al wat belegger is en die ekonomie stort ineen. Die gevolg gaan wees dat ALMAL in ons land gaan swaarkry! Maar nee, jy kan nie met “hierdie mense” redeneer en laat rede insien nie. Ek en my man is nou feitlik op afree-ouderdom en het beplan om vir ons ‘n plekkie iewers by die see te kry, maar na dese is ons onseker met die dat hul eiendomsreg wil ontneem. Waarheen nou!?

Casper Labuschagne ·

@Alta, dit is die “waarheen nou” wat juis die groot vraag is. Al walg dit my in die krop, volg ek Malema asook diegene wat links van hom sê, en as dit van hulle afhang sal alle eiendom aan die staat behoort en sal die staat eiendom verhuur. Ek twyfel egter of ek en jy ooit die kans gegun sal word om sulke eiendom by die staat te mag huur.

Bert ·

Die Engelse het tydens die Tweede Vryheidsoorlog meer as 75 persent van alle plase in die twee Boere-republieke vernietig. Die direkte gevolg was dat ons grootliks stedelinge geword het, ons was armlastiges op die myne en het in sukkelbuurte gebly. Dit was ‘n radikale vorm van grondonteiening sonder vergoeding. Die uiteinde van Ramaphosa se onteieningsplan gaan sekerlik ook so ‘n toestroming voortbring. Hy sal slinks genoeg wees om dit geleidelik te probeer doen maar erens gaan die EFF begin om op groter skaal grond te beset. Dan gaan hierdie onteieningsperd hom afgooi.

M'Lady ·

Soos ek verstaan, sal jy nog in jou huis of op jou plaas kan aanbly. Al die eiendomme sal egter aan die staat oorgedra word. Die eienaars sal dan hulle eie eiendomme van die staat moet huur. Of jy gaan nou dubbel betaal. Aan die staat en aan die bank of die verbande val dan heeltemal weg en jy huur van die staat. Wat van mense wat se verbande reeds afbetaal is? Nou moet hulle weer betaal. Oor my dooie liggaam.

Stephen Namibia ·

Wonder of die wit boere nog sal toelaat dat Cyril hulle whisky op wildveilings gaan drink.

Astrain ·

As dit die grond is wat hulle wil he, sal dit waaragtig al wees wat hulle sal kry want ek sal als agter my afbrand en afbreek tot op die grond. Ek sal concrete in die riool pype en boorgate afgooi en die kar uitbrand. Dan kan hulle dit maar kry…

Wat dan ·

Brand jou eie huis af gee hulle niks, maar dan, waarheen dan? Weereens tyd om ons kniee te buig!!!

Afrikaanse Knaap ·

Verkoop alles wat jy het terwyl jy nog iets daarvoor kan kry.

Koos B ·

Hulle wil mos nou moeilikheid maak.Raak nou ontslae van werkers wat rondstaan en sit hulle lone onder jou bed jy gaan dit dalk net nodig kry om jou eie perseel te huur.

Krieg ·

Ek gaan nerens nie – bly net hier en veg.
My Grootouers ht dit gedoen en ek kan ook.
Deur sterk Geloof is enige-iets moontlik. God het ons ook breins gegee om te gebruik. Kom ons gebruik dit – ons is genoeg om ‘n verandering te bring.

Neels ·

Lees asb vir Siener.
Hy het gese alles hier gaan vernietig word maar dat die Euopeers hierheen gaan trek omdat hulle land deur immigrante vernietig sou word en dat daar geloosfoorloe gaan uitbreek.
Kyk hoe ver is dit al in Europa en veral Duitsland gevorder.
So al die wit Euopeers gaan hiernatoe kom en ons gaan dan ‘n baie groter nasie vorm- en dan draai die wiel.
Lees dit self – hy het dit in 1926-1926 geskryf.
Ek weet God sal na ons kyk en glo vas daaraan, maar ek gaan nie sit en niks doen nie – ek gaan myself paraat maak. Ek is bereid om te veg.
Ongetwyfeld – vir my land en vir my nasie.
Leer bietjie vir die eff en anc en ramaposa geskiedenis van die land – sodat hulle kan weet wie ht wie se grond gevat……
Hulle het nie ‘n idee nie !

Carl ·

CR het terug gekom na SA toe in ongeveer 1993. Ek en baie ander mede Suid Afrikaners was toe te arm om `n plaas te kon bekostig. Vandag moet ek steeds hard werk om te oorlewe en het steeds nie my eie plaas nie. CR egter het `n miljarder geword as o.a `n ANC politikus en het verskeie plase en besighede waarskynlik agv sy swetende vermoe. As hy as swart Suid Afrikaner dit kon doen, waarom nie vele ander nie? Waarom is dit net hy en swaer`s; Patrice Motcepe en Jeff Gadebe wat so kon uitblink? Is sy vingers dalk ook langer as wat sy reeds dikgestopte sakke is of is hy maar net ook `n legendariese liegbek?
Dit is heelaas waar, boere gaan nie `n oorlog wen nie maar vele ander gaan ook nie wen as hierdie dilemma nie uitgesorteer gaan word nie.

Meraai ·

Hier en daar iemand wat die groter prentjie raaksien. Julle ongelowige Thomas’se, ons Vader sal julle hard straf. Die situasie is niks anders as Bloedrivier nie, het dit nie ook oor grond gegaan nie? Julle glase is half leeg (ongelowig) en julle is emosioneel en onberekend.
Bly kalm en kry julle koppe reg, uit elke situasie is daar weer ander geleenthede. Buitendien, weet enige van julle snare wat die ondersoekspan besluit het, nee, want julle het klaar besluit julle is verontreg en ontneem. Kan julle dit nie hoor nie, julle klink nou net soos hulle voel, verontreg. OPPAS dat julle nie ook so word nie. Gaan op julle kniee en se dankie vir wat julle het en glo dat Hy ALTYD by julle sal wees en uitkoms sal gee.

Michelle ·

HKGK – van epiese proporsies……….. jy gaan nog eendag heerlik tuis sit en hier kom ‘n groep mense met ‘n Government Gazette wat proklameer dat dit nou hulle huis/eiendom/erf/plaas is en uit moet jy NOU uit – want hulle gaan begelei word met die polisie en/of weermag en jy gaan in totale duisternis wees totdat dit gebeur. Verset gaan jy nie kan nie, en waarheen gaan jy en jou gesin dan????????

Andre lotz ·

elke miljoen rand salaris en elke diens in elke town ship word deur grondeienaars se belasting betaal. as ons almal ophou om grondbelasting te betaal, op ons grond wat nie meer ons sn mag wees nie, gaan die regering total ineenstort.

Edward ·

Juluis sê witmense het die swart mense wreed vermoor en hulle grond gevat. Die gevalle wat ek van weet het die witmense grond by swart mense gekoop en toe hulle intrek kom die swartmense en vermoor hulle wreed en vat die grond terug. Ek sal ook kwaad word. Wêreld geskiedenis wys verskillende rasse het ander rasse aangeval en hulle grond gevat nie. Juluis is ‘n Mapedi en as jy daardie geskiedenis gaan lees dan het swartmense voor die witmense nog opgedaag het, mekaar vermoor en mekaar se grond gevat. Mans, vrouens en kinders is vermoor. Matabeles, Zoeloes, Sothos, Swazis, you name it, hulle het mekaar vermoor vir grond. Wat van die arme Khois en Boesmans. Kan hulle maar deel kry van die Mapedi se share. Ek wonder as hulle nou grond onteien het, wie van die 35 miljoen swart mense in Suid-Afrika gaan dit kry? Omtrent 45% van Suid-Afrika se grond behoort aand die regering. Ek sien ‘n hospital in Kempton Park wat vervalle is. Dit staan op omtrent 10 hektaar grond wat aan die regering behoort. In die platteland is daar duisende hektaar grond wat aan Spoornet behoort (die regering) waar daar nie eers meer stasies en spoorlyne is nie. Hulle wil nie grond hê , hulle wil net mooi prentjie hê. Wat vooruitstrewende wit boere en besigheidsmense opgebou het en as hulle dit gekry het, dan verval dit in ‘n gemors.

Theresa ·

Dis te betwyfel of enige mens wat al etlike jare afbetaal aan ‘n eiendom, met gekruisde arms gaan sit en wag dat dit weggevat word. Hoe banaal van die EFF en die ANC wat dit nou ondersteun en probeer deurvoer? Die gulsigheid om ‘n land te besit is ver bo die vermoë van dié wat dit wil hé. Verstommend. Verreikend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.